Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » 2018 FIFA Sokker-Wêreldbekerbeker
2018 FIFA Sokker-Wêreldbekerbeker [boodskap #120618] Vr, 15 Junie 2018 06:24 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Die 21ste FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi het gister (14 Junie 2018) in Moskou afgeskop. President Vladimir Putin het die toernooi geopen waarna die openingswedstryd plaasgevind het.

Tydens hierdie wedstryd het Rusland vir Saoedi-Arabië met 5 doele teenoor 0 in die grond in gespeel. Die punte is aangeteken deur Yuri Gazinsky, Denis Cheryshev (x2), Artem Dzyuba en Aleksandr Golovin. Rusland se volgende wedstryd sal op 19 Junie teen Egipte in St Petersburg plaasvind.

Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan kon ongelukkig nie vir die toernooi kwalifiseer nie en neem gevolglik nie deel nie.

Die VSA, Kanada en Meksiko is die dag tevore gesamentlik as die gashere van die 2026-Wêreldbekertoernooi aangewys.

Zazdarovje!
Re: 2018 FIFA Sokker-Wêreldbekerbeker [boodskap #120676 is 'n antwoord op boodskap #120618] So, 15 Julie 2018 19:26 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Baie geluk aan Frankryk wat Kroasië 4-2 in die eindstryd verslaan het. Ook aan België wat Engeland met 2-0 in die klein finale geklop het om die 3de plek in te neem.

Dit sluit dan 'n suksesvolle Sokker-wêreldbeker in Rusland af. Die volgende wêreldbeker sal DV in 2022 in Katar aangebied word. Wie weet, miskien sien ons selfs die Bafana Bafana daar.
Vorige onderwerp: Roger slaan 'n bal ver, maar Kevin slaan hom "federer"
Volgende onderwerp: Rugby onthaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 08:44:16 MGT 2024