Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Ashwin Willemse storm uit SuperSport-ateljee  () 1 stem
Ashwin Willemse storm uit SuperSport-ateljee [boodskap #120617] Do, 14 Junie 2018 05:27 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Ashwin Willemse het op 19 Mei 2018 tydens ʼn DStv-uitsending 'n ordentlike vloermoer gegooi en uit die ateljee gestorm. Shocked

Sy woorde was:

"Jy weet wat, ek speel al lank hierdie sportsoort, nes almal van ons hier. Ek, as speler, is vir 'n lang tydperk as kwotaspeler bestempel. Ek het hard gewerk om my eie respek in dié spel te verdien, ek gaan nie verkleineer word deur twee enkelinge wat in apartheid, ʼn gesegregeerde era, gespeel het en my wil kom ondermyn nie. Ek dink ek het nou genoeg gehad, ek kan nie met mense werk wat ander ondermyn nie. Julle kan maar daar sit en lag."

Nick Mallett het geantwoord: "Ek lag nie daaroor nie".

Hy sê toe verder: "Julle weet presies wat gebeur het, dis reg so, ek gee nie om om verspot te wees nie. Ek is bly dit gebeur op televisie sodat mense kan sien, julle twee sit hier - nee dis reg".

Sy toesprakie is duidelik nie daar en dan opgemaak nie, en moes al 'n geruime tyd in hom geborrel het. Blykbaar was 'n tegniese fout en 'n oënskynlik onskuldige opmerking van Naas Botha net die laaste strooi. Almal wag nou in spanning vir SuperSport se verslag, maar hulle het reeds aangedui dit nie rassisties was nie (ons glo hulle natuurlik). Die feit dat Ashwin so effens onvoorbereid voorgekom het, help ook nie eintlik sy saak nie.

Was die ras-kaart die maklike uitweg, of is daar dinge agter die skerms gesê wat eerder kon gebly het?
Sal DStv die probleem op sy naam kan noem, of is dit in hul belang om dit as 'n geleentheid vir "versoening" te verdoesel?
Kyk gerus en besluit self:


Re: Ashwin Willemse storm uit SuperSport-ateljee [boodskap #120633 is 'n antwoord op boodskap #120617] Do, 21 Junie 2018 18:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Willemse het geweier om aan die ondersoek deel te neem, maar Mallett en Botha is vrygespreek.
Miskien verras Maimane en minister Xasa ons deur hulle stelling dat die manne rassiste is terug te trek, maar ek sal nie my asem ophou nie.
Vir die een of ander rede dink ek dié petalje is nog lank nie op 'n einde nie....
Re: Ashwin Willemse storm uit SuperSport-ateljee [boodskap #120763 is 'n antwoord op boodskap #120633] Do, 06 September 2018 14:52 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
SuperSport het vandag bevestig dat Ashwin Willemse se kontrak verstryk het, en dat "hy nie weer op die lug sal wees nie".
Hulle is blykbaar in kommunikasie met die Menseregtekommissie oor die voorval, maar het nog niks van die gelykheidshof gehoor nadat Willimse hulle met dié hof gedreig het nie.
Vorige onderwerp: Rugby onthaal
Volgende onderwerp: Rugby Wêreldbeker 2023
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 15:57:40 MGT 2024