Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Katrina" deur I.D. DU PLESSIS
"Katrina" deur I.D. DU PLESSIS [boodskap #37379] Wo, 29 November 2000 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

KATRINA
I D du Plessis
(Die vlammende fez, 1943)

Katrina van die Bo-Kaap
Het voor haar deur gestaan.
'n Boot lê in die hawe,
Matrose kom al aan

Oor Strandstraat na die Boereplein,
Die donker strate in;
en netnou sal Katrina
Se nagtaak weer begin.

'n Halfverlepte hoedjie hang
Parmantig oor een oog.
Die rooi veer is verrinneweer,
Maar staan nog met 'n boog

Katrina dra haar beste rok.
Sy stryk die kreukels plat.
So fyn asof 'n vryer wag
Het sy haar uitgevat.

Maar eer sy van haar huis gaan,
Kyk sy 'n keer weer om:
Lank sal die leë ure wees
Voordat sy daar kan kom.

Katrina stap deur Roosstraat:
Astrant, met slentergang.
Wie raai nou aan haar houding
dat sy na huis verlang?

Nou kom sy by haar susters:
Die rawe van die nag
Wat by die hoeke uitskel
Of somber staan en wag.

Katrina ken haar roeping:
'n Harpy van die eer;
'n Noodgedwonge rower
Wat alles tóg ontbeer.

Katrina haat die lewe,
Katrina vrees die dood.
Katrina gaan haar slentergang,
Verdien haar bitter brood.
Re: "Katrina" deur I.D. DU PLESSIS [boodskap #37380 is 'n antwoord op boodskap #37379] Wo, 29 November 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Doos[1]  is tans af-lyn  Doos[1]
Boodskappe: 143
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Senior Lid
kak gedig

skryf in boodskap news:3A252461.83D4A433@home.com...
KATRINA
I D du Plessis
(Die vlammende fez, 1943)

Katrina van die Bo-Kaap
Het voor haar deur gestaan.
'n Boot lê in die hawe,
Matrose kom al aan

Oor Strandstraat na die Boereplein,
Die donker strate in;
en netnou sal Katrina
Se nagtaak weer begin.

'n Halfverlepte hoedjie hang
Parmantig oor een oog.
Die rooi veer is verrinneweer,
Maar staan nog met 'n boog

Katrina dra haar beste rok.
Sy stryk die kreukels plat.
So fyn asof 'n vryer wag
Het sy haar uitgevat.

Maar eer sy van haar huis gaan,
Kyk sy 'n keer weer om:
Lank sal die leë ure wees
Voordat sy daar kan kom.

Katrina stap deur Roosstraat:
Astrant, met slentergang.
Wie raai nou aan haar houding
dat sy na huis verlang?

Nou kom sy by haar susters:
Die rawe van die nag
Wat by die hoeke uitskel
Of somber staan en wag.

Katrina ken haar roeping:
'n Harpy van die eer;
'n Noodgedwonge rower
Wat alles tóg ontbeer.

Katrina haat die lewe,
Katrina vrees die dood.
Katrina gaan haar slentergang,
Verdien haar bitter brood.
Re: "Katrina" deur I.D. DU PLESSIS [boodskap #37381 is 'n antwoord op boodskap #37379] Wo, 29 November 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dankie.....een van die min mooi gedigte wat ek in 'n lang tyd gelees het.
Dit klink bekend en ek's seker ek het dit al êrens gelees.

Elaine

skryf in boodskap news:3A252461.83D4A433@home.com...
KATRINA
I D du Plessis
(Die vlammende fez, 1943)
Re: "Katrina" deur I.D. DU PLESSIS [boodskap #37382 is 'n antwoord op boodskap #37379] Wo, 29 November 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

phatti wrote:

> kak gedig
>
> KATRINA
> I D du Plessis
> (Die vlammende fez, 1943)
>

So, ou Paul Bester daar in Dublin, jy het nog nie
jou mond met seep uitgewas nie.

Gloudina
"Katrina" deur I.D. DU PLESSIS [boodskap #120171 is 'n antwoord op boodskap #37379] Do, 02 Januarie 2014 10:47 Na vorige boodskap
d3b...  is tans af-lyn  d3b...
Boodskappe: 1
Geregistreer: Januarie 2014
Karma: 0
Junior Lid
Heel duidelik weet jy nie wat goeie gedigte is nie :) g'n smaak nie vir goeie literatuur nie. Sies, skaam jou om sulke lelike goed te post!
Vorige onderwerp: Om te poep is nie 'n sonde nie.... - A G Visser
Volgende onderwerp: " Die berggans het 'n veer laat val " deur BOERNEEF
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 19:46:54 MGT 2024