Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Die Krokodil
Die Krokodil [boodskap #120526] Do, 11 November 1999 00:00 na volgende boodskap
cheui  is tans af-lyn  cheui
Boodskappe: 4
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Die krokodil is spesiaal so laag gebou want hoe platter hoe swemmer.
Voor aan die krokodil sit die kop. Die kop bestaan byna net uit tande.
Agteraan die krokodil groei die stert. Tussen die kop en die stert sit die
krokodil.
'n Krokodil sonder 'n stert noem ons 'n rotweiler. 'n Krokodil se lyf is
oortrek met handsakmateriaal. Hy kan sy stert afgooi as hy skrik, maar
dit gebeur nie sommer nie want 'n krokodil skrik vir niks. 'n Krokodil bly
onder die water want as jy so lelik was, sou jy ook onder die water gebly
het.

Dit is goed dat 'n krokodil in die water bly want 'n mens skrik so
groot as 'n krokodil jou vang dat hy jou eers moet afspoel voordat hy jou
kan eet.

'n Krokodil is glad nie so gevaarlik soos mense sê nie, behalwe
as hy jou bykom. Hoe langer hy jou byt, hoe seerder word dit. Baie ou
krokodille suig hulle prooi dood. As jy hom eet, is hy 'n krokosatie.
'n Krokodil het nie geleer om met sy arms te swem nie nou gebruik hy sy
stert.

Die kleinboetie van die krokodil is die likkewaan. Die stadige sussie van
die krokodil is die trapsuutjies. Die mooi broer van die krokodil is die
daffodil. En dan het die krokodil nog 'n dooie boetie wat mens kan eet -
die frikkidil.
Re: Die Krokodil [boodskap #120527 is 'n antwoord op boodskap #120526] Do, 11 November 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nick Roux[2]  is tans af-lyn  Nick Roux[2]
Boodskappe: 1
Geregistreer: November 1999
Karma: 0
Junior Lid
Die een krokodil loop verby die ander en sê: "En daardie lang gesig
vanmore?"

On Thu, 11 Nov 1999 14:17:01 +0200, "cheui" wrote:

> Die krokodil is spesiaal so laag gebou want hoe platter hoe swemmer.
> Voor aan die krokodil sit die kop. Die kop bestaan byna net uit tande.
> Agteraan die krokodil groei die stert. Tussen die kop en die stert sit die
> krokodil.
>
>
> 'n Krokodil sonder 'n stert noem ons 'n rotweiler. 'n Krokodil se lyf is
> oortrek met handsakmateriaal. Hy kan sy stert afgooi as hy skrik, maar
> dit gebeur nie sommer nie want 'n krokodil skrik vir niks. 'n Krokodil bly
> onder die water want as jy so lelik was, sou jy ook onder die water gebly
> het.
>
> Dit is goed dat 'n krokodil in die water bly want 'n mens skrik so
> groot as 'n krokodil jou vang dat hy jou eers moet afspoel voordat hy jou
> kan eet.
>
> 'n Krokodil is glad nie so gevaarlik soos mense sê nie, behalwe
> as hy jou bykom. Hoe langer hy jou byt, hoe seerder word dit. Baie ou
> krokodille suig hulle prooi dood. As jy hom eet, is hy 'n krokosatie.
>
>
> 'n Krokodil het nie geleer om met sy arms te swem nie nou gebruik hy sy
> stert.
>
> Die kleinboetie van die krokodil is die likkewaan. Die stadige sussie van
> die krokodil is die trapsuutjies. Die mooi broer van die krokodil is die
> daffodil. En dan het die krokodil nog 'n dooie boetie wat mens kan eet -
> die frikkidil.
-------------------------------------------
mailto:Nick...@Bigfoot.Com
http://www.bigfoot.com/~nick.roux

* I pretend to work.
* They pretend to pay me.

-------------------------------------------
Re: Die Krokodil [boodskap #120528 is 'n antwoord op boodskap #120526] Vr, 12 November 1999 00:00 Na vorige boodskap
Samuel Murray  is tans af-lyn  Samuel Murray
Boodskappe: 66
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Volle Lid
mooi :)

--
--
NB: when I write here I spell and speak the way I please,
but when I translate professionally I speak and write perfectly.

Samuel Murray, translator and proofreader
smurray@yebo.co.zaREMOVE, cc leuce@geocities.comREMOVE
http://www.afrikaner.co.za/termwerf/smurray.html
... or try my personal page http://ey.to.hey.to/

cheui skryf in boodskap news:80ebpe$at$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Die krokodil is spesiaal so laag gebou want hoe platter hoe swemmer.
> Voor aan die krokodil sit die kop. Die kop bestaan byna net uit tande.
> Agteraan die krokodil groei die stert. Tussen die kop en die stert sit die
> krokodil.
>
>
> 'n Krokodil sonder 'n stert noem ons 'n rotweiler. 'n Krokodil se lyf is
> oortrek met handsakmateriaal. Hy kan sy stert afgooi as hy skrik, maar
> dit gebeur nie sommer nie want 'n krokodil skrik vir niks. 'n Krokodil bly
> onder die water want as jy so lelik was, sou jy ook onder die water gebly
> het.
>
> Dit is goed dat 'n krokodil in die water bly want 'n mens skrik so
> groot as 'n krokodil jou vang dat hy jou eers moet afspoel voordat hy jou
> kan eet.
>
> 'n Krokodil is glad nie so gevaarlik soos mense sê nie, behalwe
> as hy jou bykom. Hoe langer hy jou byt, hoe seerder word dit. Baie ou
> krokodille suig hulle prooi dood. As jy hom eet, is hy 'n krokosatie.
>
>
> 'n Krokodil het nie geleer om met sy arms te swem nie nou gebruik hy sy
> stert.
>
> Die kleinboetie van die krokodil is die likkewaan. Die stadige sussie van
> die krokodil is die trapsuutjies. Die mooi broer van die krokodil is die
> daffodil. En dan het die krokodil nog 'n dooie boetie wat mens kan eet -
> die frikkidil.
Vorige onderwerp: In die Kerk
Volgende onderwerp: Kerk Bulliltin Blapse
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 00:55:16 MGT 2024