Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » In die Kerk
In die Kerk [boodskap #120525] Do, 11 November 1999 00:00
cheui  is tans af-lyn  cheui
Boodskappe: 4
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
In die Kerk.

O, gonna ek hoop dis die einde van die kerk
Ek kan nie meer sit nie my maag wil werk
Die dominee praat lank en die son sit laag
Die vreeslikste pyne kruip rond in my maag

Eers word ek warm, en dan weer koud
Nog nooit in my lewe was ek al so benoud
Dominee, Dominee praat tog klaar
My rug trek krom die gort is gaar

Dit knal en dit kraak en my derms kreun
Toe los ek 'n poep wat die gallery laat dreun
Die mense kyk om en ek bloos my bloedrooi
Die skaamste van almal was Sannie, my nooi.

Die dominee bly stil sy oë omgedop
Die vrou agter my se hoed sit skeef op haar kop
Kort agter die hakke van die stereo klank
Volg die gemeente se reaksie op die vreeslike stank

Party begin te hoes, en ander te proes
Ander weer waai met sakdoeke woes
My oë traan, my kop die sak
Toe kom die vrees dat ek in my broek sal kak

Sowaar as wragtig net die volgende keer
Is dit toe presies wat moes gebeur
Ek dag dis 'n poep want die drukking is kwaai
Te laat besef ek dis 'n ander lawaai

Geskok na die gerommel soos 'n donderstorm
Kom ek agter die poep het 'n knopperige vorm
Die dominee bly stil en gluur my aan
'n ouderling begin woedend sy weg na my baan

Ek spring met mening op om weg te hol
Maar word teruggetrek deur 'n tienpond drol
Die ouderling kom nader sy arms bak
Ek skrik so groot dat ek 'n groter bol kak

My broek is nat en die pype staan wyd
so het ek my laas as kind beskyt
Die ouderling gryp my, ek kan nie beweeg
Toe maak ek vir "spite" die res op hom leeg

Nou is hy woedend en soos 'n bees so sterk
Hy "free-wheel" my kop tussen my bene uit die kerk
My sinne word dof van die walglike reuk
Die "cheek" om my kop tussen my bene te steek

My maag is so seer, my bene die knak
Al wat ek voel is die groot bol kak
Die ouderling steun en druk aan die bol
En druk die ding amper terug in my hol

Buite los hy my en storm na binne
Stadig herstel ek van my bedwelmde sinne
Die ding wat my sedertdien nog altyd verstom
Is hoe het ek die Sondag by die huis gekom

Een ding het ek van kerkgang geleer -
As jou maag wil werk, sit naby die deur
En as jou derms begin draai en jou poephol blom
Sorg dat jy vinnig by die kakhuis kom.
Vorige onderwerp: 'n Paar Afrikaanses
Volgende onderwerp: Die Krokodil
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 12:10:30 MGT 2024