Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Afrikaanse grappies (lank)
Afrikaanse grappies (lank) [boodskap #120427] Vr, 05 Desember 1997 00:00 na volgende boodskap
JC Engelbrecht  is tans af-lyn  JC Engelbrecht
Boodskappe: 2
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ek voel soos 'n soet jong plaasmeisie wat in die donker by 'n stadskerel sit
en vry. Ek sal ook sê "Dit is my eerste keer"

Hier is 'n paar wat ek so deur die tyd bymekaar gemaak het. Ek weet nie wie
die oorspronklike eienaar was nie maar ek het hulle geniet en deel hulle
graag met julle.

Van kom in die hof. Hy is gevang waar hy besig was om seks te hê met 'n
donkie. Soos dit maar in die hof gaan, vra die landros of daar enige
bewysstukke is. Van sê toe ja en trek sy gulp oop. Hy haal die meneer uit en
gooi hom op die tafel voor hom. Die landros raak toe skielik grys asof hy
geskrik het en sê vir Van. "Van as ek jou ooit by 'n klein donkie vang sluit
ek jou toe en gooi die sleutel weg.

Die ou oom en tannie sit op die stoep van hulle plaashuis. Na die hele dag
se sit sê die tannie laat die middag vir die oom. "Ou man, ek sit nou al so
lank, ek dink my boude slaap." "Ja" sê die oom toe. "Ek weet, ek het hulle
al 'n paar keer hoor snork"

Die ou bul en die jong bul staan teen 'n randjie op die plaas en kyk af in
die vallei waar die koeie wei. Die jong bul sê vir die ou bul "Kom ons
hardloop af en dek elkeen 'n koei." Die ou bul antwoord toe "Nee, kom ons
stap af en dek elkeen 'n paar koeie."

So van bulle gepraat. Op die beesplaas was daar drie bulle. Die ou bul het
400 koeie gehad wat in sy harem was. Die jonger bul het 50 koeie gehad in sy
harem en die jong bul het net 5 koeie in sy harem gehad. Hierdie bulle het
mekaar goed geken en het nie met mekaar se koeie ingemeng nie. Daar word toe
'n gerug versprei dat die boer 'n nuwe bul gekoop het en dat die bul een
aandafgelewer sou word. Elke bul het toe maar so by homself geloop en brom
dat geen ander bul een van sy koeie gaan vat nie. Een aand, dit was al sterk
skemer hoor die drie bulle 'n groot lawaai en ja wrintie 'n groot vragmotor
trek in die kamp in. Die vloerplanke van die bak kreun en kraak en die bulle
kom agter dat daar 'n groot vrag op die vragmotor vervoer word. Toe die
vragmotor eindelik tot stilstand kom, klim die nuwe bul uit. Die ou bul sê
toe vir homself dat 400 koeie miskien teveel vir hom is en dat hy miskien
200 koeie sal kan afstaan. Die jonger bul dink toe by homself dat sy 50
koeie miskien teveel is en dat hy miskien 25 koeie sal afstaan. Die jongste
bul dink toe by homself terwyl hy die angssweet van sy voorkop afvee, die
nuwe bul kan maar al my koeie kry solank hy net nie dink ek is ook 'n koei
nie.
Re: Afrikaanse grappie [boodskap #120455 is 'n antwoord op boodskap #120427] Do, 28 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Maryka Swartz  is tans af-lyn  Maryka Swartz
Boodskappe: 2
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Junior Lid
Uitstekend Jakes.

Jakes wrote in message ...
> Eendag lank lank gelede het CAPTAIN MORGAN met sy THREE SHIPS vanaf
> CAPE VELVET na CAPE TO RIO gevaar. Hy kon nie met sy WHITE HORSE ry
> nie want hy het erg aan DRAMBUIE gely. Daarby was sy BOLS ook seer.
> JOHNNIE WALKER was ook moeg gestap en het vir kaptein RICHELIEU aan-
> gesê om die MAINSTAY gereed te kry om saam oor te vaar. RICHELIEU
> se dogter BERNINI was 'n lekker OLD BROWN SHERRY en het glad nie
> omgegee as JOHNNIE met haar COUNT PUSHKIN speel nie. RICHELIEU het kwaad
> geword, vir JOHNNIE aan die BOLS beetgekry en hom geMARTELL tot die
> dood toe.
> Die matrose VAT 69 dae om deur die SWARTLAND te trek, sukkel vreeslik
> deur die KLIPDRIFT en kom toe by WINDHOEK aan waar hulle JOHNNIE vir
> 17 LIONS voer. By SIMONSVLEI gaan kuier hulle vir CHIKITO en KAHLUA
> in CHIVAS REGAL se CASTLE en raak in 'n geveg betrokke met die
> OUDEMEESTER se SQUADRON. Hulle het mekaar goed geMAMPOER en die
> WIT BLITZ was lelik los. Daarna vertrek die matrose na SIMONSIG en op
> pad blaas hulle op hulle 100 PIPERS. Dit was 'n fout want toe die BELLS
> begin lui, stort JERIPICO se mure in duie.
> PRINS CHARLIE was nou lelik benoud en stuur 'n boodskap met 'n
> FISH EAGLE aan ene MACLEANS om te kom help om die HUNTERS GOLD uit die
> hande van die matrose te kry. Die FISH EAGLE verloor koers en land
> op DRAKENSIG. Daar kom hy 'n COLD DUCK tee wat hom 'n RED HEART gee
> en hy begin sommer dadelik om haar DIMPLE te TEQUILA.
> Intussen kom HEINEKEN en J&B by JERIPICO aan en kry toe die SPICE GOLD.
> CHARLIE wat eintlik 'n DOM PEDRO was huur 'n BLACK LABEL en net daar
> en dan kom HEINEKEN en J&B hulle AMAROELA tee!
>
> Jakes
Vorige onderwerp: Slim woorde
Volgende onderwerp: Re: T.Kelly Pushers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 08:36:45 MGT 2024