Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Die Baas
Die Baas [boodskap #120397] Vr, 13 September 1996 00:00
J van Rensburg  is tans af-lyn  J van Rensburg
Boodskappe: 1
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Junior Lid
Toe die ledemate uitgegee is, wou almal BAAS wees.
Die brein sê: "Ek moet die ledemate kontroleer, dus moet ek die baas
wees."
Die bene sê: "Ek moet die hele liggaam dra, so ek moet die baas wees."
Die oë sê: Ek sien die eerste gevaar en moet alles opmerk, so ek dink ek
moet die baas wees."
So het ook die hart, die longe en al die ander organe gesê: Hulle is die
belangrikste.
So ook die poephol. Toe lag al die ander organe hulle byna dood.
Waar het jy al ooit gehoor dat 'n poephol die baas kan wees en niemand
wil hom buitendien vir 'n baas hê nie.
Toe besluit die poephol dat hy gaan sluit. Hy het eenvoudig opgehou
funksioneer. Die brein kon nie meer helder dink nie. Die bene begin swel
en was swak. Die hande het gehang en alles was aangetas.
Toe soebat die brein en almal smeek dat die poephol weer moet
funksioneer. Hulle besluit ook eenparig dat hy moet die baas wees.
So, om baas te wees hoef 'n mens nie noodwendig 'n genie te wees nie,
net 'n eenvoudige poephol.
Ons het ook 'n baas in ons kantoor.

Jakes
Vorige onderwerp: Direkte Vertaling
Volgende onderwerp: Nakkie die nar se uitnodiging
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 06:59:16 MGT 2024