Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Enigste SA Kerslied
Enigste SA Kerslied [boodskap #118516] So, 21 Desember 2008 18:39 na volgende boodskap
Drom  is tans af-lyn  Drom
Boodskappe: 9
Geregistreer: September 2006
Karma: 0
Junior Lid
Somerkersfees
(Welkom o stille nag van vrede, Lied No 358, Liedboek van die Kerk)

(Woorde; Koos du Plessis en Jannie du Toit: Musiek; Koos du Plessis)

Aanhaling:
Welkom o stille nag van vrede,
onder die suiderkruis,
wyl stemme uit die ou verlede
oor sterrehemel ruis

Kerfees kom, Kersfees kom
gee aan God die eer.
Skenk ons 'n helder Somerkersfees
in hierdie land, o Heer.

Hoor jy hoe sag die klokke beier
In eeue-oue taal.
Kyk, selfs die nagtelike swye
vertel die ou verhaal.

Kerfees kom, Kersfees kom
gee aan God die eer.
Skenk ons 'n helder Somerkersfees
in hierdie land, o Heer.

Voel jy ook nou sy warm liefde
As ond die dag gedenk,
Toe Hy sy Seun aan ons gegee het
Ons grootste kersgeskenk.

Christus kom, Christus kom
gee aan God die eer.
Skenk ons 'n helder Somerkersfees
in hierdie land, o Heer.
Mooi, eenvoudige woorde en 'n mooi, eenvoudige, gewyde wysie. Gaan
luister by
www.sois.uwm.edu/afrikaans/culture/music/choir_ooskaap/choir _ooskaap_somerkersfees.html

Dit pas ook mooi aan by ons land, is dit nie? Beter as 'n oorgewig
Vader Krismis in 'n warm, rooi oorpak, wat op 'n sneeuslee deur
rendiere getrek word.

Daar is 'n goeie kans vir reën hier by ons op Kersdag. Ek hoop dit
reën want ek het in al my jare en ek is al in beseringstyd nog
nooit 'n reënerige Kersdag beleef nie.

Geseënde Kersfees en voorspoed vir julle almal.

Drom
Re: Enigste SA Kerslied [boodskap #118518 is 'n antwoord op boodskap #118516] Ma, 22 Desember 2008 12:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Somerkersfees

> Welkom o stille nag van vrede,
> onder die suiderkruis,

Dankie, Drom, dat jy hierdie lied gepos het.
Ek was, vir die eerste keer in baie jare, nie
in staat om die Kersliedere te pos wat ek
bymekaargemaak het op my vorige rekenaar
nie. Dit was omdat ek 'n nuwe "ou" rekenaar
ge-erf het nadat 'n nuwe een in die huis ingevoer
is. Toe vee 'n hulpvaardige seun van my die
versamling gedigte uit voordat ek hom kon
waarsku om die gedigte op 'n cd te red. Ek
sal nou 'n hele nuwe versamling bymekaar
moet bring.
Geseënde Kersfees vir jou en al die ander
mense op die nuusgroep.

Gloudina
Re: Enigste SA Kerslied [boodskap #120186 is 'n antwoord op boodskap #118516] Wo, 16 Julie 2014 19:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
kirst...  is tans af-lyn  kirst...
Boodskappe: 1
Geregistreer: Julie 2014
Karma: 0
Junior Lid
On Sunday, December 21, 2008 8:39:14 PM UTC+2, dr...@telkomsa.net wrote:
> Somerkersfees
> (Welkom o stille nag van vrede, Lied No 358, Liedboek van die Kerk)
>
> (Woorde; Koos du Plessis en Jannie du Toit: Musiek; Koos du Plessis)
>
> Welkom o stille nag van vrede,
> onder die suiderkruis,
> wyl stemme uit die ou verlede
> oor sterrehemel ruis
>
> Kerfees kom, Kersfees kom -
> gee aan God die eer.
> Skenk ons 'n helder Somerkersfees
> in hierdie land, o Heer.
>
> Hoor jy hoe sag die klokke beier
> In eeue-oue taal.
> Kyk, selfs die nagtelike swye
> vertel die ou verhaal.
>
> Kerfees kom, Kersfees kom -
> gee aan God die eer.
> Skenk ons 'n helder Somerkersfees
> in hierdie land, o Heer.
>
> Voel jy ook nou sy warm liefde
> As ond die dag gedenk,
> Toe Hy sy Seun aan ons gegee het -
> Ons grootste kersgeskenk.
>
> Christus kom, Christus kom -
> gee aan God die eer.
> Skenk ons 'n helder Somerkersfees
> in hierdie land, o Heer.
>
> Mooi, eenvoudige woorde en 'n mooi, eenvoudige, gewyde wysie. Gaan
> luister by
> www.sois.uwm.edu/afrikaans/culture/music/choir_ooskaap/choir _ooskaap_somerkersfees.html
>
> Dit pas ook mooi aan by ons land, is dit nie? Beter as 'n oorgewig
> Vader Krismis in 'n warm, rooi oorpak, wat op 'n sneeuslee deur
> rendiere getrek word.
>
> Daar is 'n goeie kans vir reën hier by ons op Kersdag. Ek hoop dit
> reën want ek het in al my jare - en ek is al in beseringstyd - nog
> nooit 'n reënerige Kersdag beleef nie.
>
> Geseënde Kersfees en voorspoed vir julle almal.
>
> Drom

Het enige een 'n idee waar ek dalk die bladmusiek kan vind vir helder somerkersfees? Al is dit net die melodielyn. Sal baie tyd spaar.
Baie dankie, groete
Re: Enigste SA Kerslied [boodskap #122680 is 'n antwoord op boodskap #120186] Ma, 24 Desember 2018 12:35 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Hier is die Weense Seunskoor se vertolking van Somerkersfees.
Vorige onderwerp: My Land, Suid-Afrika
Volgende onderwerp: Saai die waatlemoen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 12:25:17 MGT 2024