Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Onderwys & opvoeding » Skool verbied sing van 'De la Rey'
Skool verbied sing van 'De la Rey' [boodskap #113339] Sa, 03 Maart 2007 04:40 na volgende boodskap
Vuur  is tans af-lyn  Vuur
Boodskappe: 283
Geregistreer: April 2007
Karma: 0
Senior Lid
Mar 02 2007 09:28:25:713PM - (SA)

Druk artikel
E-pos storie aan 'n vriend
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,8325,3-975_2077893 ,00.html

Sonika Johnston
OUDTSHOORN. - 'n Skoolhoof hier het die sing van Bok van Blerk se
liedjie "De la Rey" verbied by sport- of ander amptelike
skoolbyeenkomste.

Leerders mag dié lied nie meer op amptelike skoolbyeenkomste óf "waar
groot groepe Gimmies bymekaar is", sing nie, het mnr. Hillie Schultz,
skoolhoof van Langenhoven Gimnasium, gister gesê.

"Dit is die eerste skool in die Wes-Kaap wat die lied verbied," het
mnr. Gert Witbooi, woordvoerder vir die Wes-Kaapse minister van
onderwys, mnr. Cameron Dugmore, gister gesê.

Dié besluit is geneem ná oorlegpleging met die skoolbestuurspan en met
die medewete van die voorsitter van die skoolbeheerliggaam, het
Schultz gesê.

"Langenhoven Gimnasium verteenwoordig en dien 'n diverse
skoolgemeenskap in 'n tydperk waar skole, skoolbesture, -beheerliggame
en leerders met arendsoë dopgehou word. Dit is belangrik vir ons om te
sorg dat alle leerders, gemeenskappe, sosiale en ander groeperinge
betrokke by die skool gemaklik is met dinge wat by die skool gebeur."

Volgens Schultz het die skool geen probleem met die lied nie, maar
sodra die sing daarvan of enige ander aktiwiteite wat daarmee
gepaardgaan "ongemak by leerders veroorsaak of aanstoot gee, is dit
onaanvaarbaar en sal daar opgetree word".
Re: Skool verbied sing van 'De la Rey' [boodskap #113351 is 'n antwoord op boodskap #113339] Sa, 03 Maart 2007 18:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
benf  is tans af-lyn  benf
Boodskappe: 5
Geregistreer: Mei 2004
Karma: 0
Junior Lid
gepaardgaan "ongemak by leerders veroorsaak of aanstoot gee, is dit
onaanvaarbaar en sal daar opgetree word".
---------

Die geskiedenis herhaal homself maar net weer.
Ek kan onthou jare gelede dat daar ook leerders in
my skool was wat ongemak verduur het by die aanhoor
van Beatle liedjies. Destyds is kinders wat na die
Beatles geluister het en hul haarstyl nageboots het,
beskou as die spil van alle boosheid. Gevolglik is die
Beatles vir 'n tyd lank uit die openbare oog verban.

Vandag is die spil van boosheid kinders wat staan
en luister na Bok van Blerk se liedjies. Dus, die
skole verbied kinders om in die openbaar hierna
te luister. (Goddank ons kon destyds darem skelm
na die hit parade op LM radio luister - miskien is
daar nog gryses van dae wat onthou.)

In elk geval, wat ek wil se is dat ons seker sal
moet aanvaar dat die die dommes en verkramptes
ook maar altyd tussen ons sal wees. Gebelgdes
kan egter troos daarin vind dat aanhoudende
verbannings meegehelp het om die Beatles van
die belangrikste kultus fenomene in die twintiste
eeu onder die rebelse jeug te maak.

Ben
Re: Skool verbied sing van 'De la Rey' [boodskap #113359 is 'n antwoord op boodskap #113339] So, 04 Maart 2007 13:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Vuur" skryf

> OUDTSHOORN. - 'n Skoolhoof hier het die sing van Bok van Blerk se
> liedjie "De la Rey" verbied by sport- of ander amptelike
> skoolbyeenkomste.
>
> Leerders mag dié lied nie meer op amptelike skoolbyeenkomste óf "waar
> groot groepe Gimmies bymekaar is", sing nie, het mnr. Hillie Schultz,
> skoolhoof van Langenhoven Gimnasium, gister gesê.

Ag, my arme ou Vuur, kan jy nie die
ironie van hierdie ou sakie insien nie.
Op Oudtshoorn, waar Langenhoven
sy jare geslyt het, verban 'n AFRIKANER
prinsipaal die lied uit sy skool.
En die groter ironie. Een van die
departement van Kaapse Onderwys
se offisiere wat daaroor uitgevra word,
'n ene Witbooi ( wat ek aanneem 'n
bruinman is) verduidelik dat die kinders
nog altyd na die lied in hulle koshuise
kan luister, as dit nie baie hard gespeel
word nie.
Ek dink, net soos met enige
ander ding wat hulle aanraak, het die
klomp verregse pseudo-Afrikaners
nou 'n lekker ligte liedjie verrinneweer
deur hulle rassistiese geroggel. Sodat
selfs Afrikaners keelvol vir hulle is.
Arme Bok van Blerk is seker ook al
jammer dat hy die ding ook die lig
laat sien het.

Penkop van die Vierde Republiek
Re: Skool verbied sing van 'De la Rey' [boodskap #113364 is 'n antwoord op boodskap #113359] So, 04 Maart 2007 15:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vuur  is tans af-lyn  Vuur
Boodskappe: 283
Geregistreer: April 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Mar 4, 4:35 pm, "Hessie" wrote:
> "Vuur" skryf
>
> OUDTSHOORN. - 'n Skoolhoof hier het die sing van Bok van Blerk se
>
>> liedjie "De la Rey" verbied by sport- of ander amptelike
>> skoolbyeenkomste.
>
>> Leerders mag dié lied nie meer op amptelike skoolbyeenkomste óf "waar
>> groot groepe Gimmies bymekaar is", sing nie, het mnr. Hillie Schultz,
>> skoolhoof van Langenhoven Gimnasium, gister gesê.
>
> Ag, my arme ou Vuur, kan jy nie die
> ironie van hierdie ou sakie insien nie.
> Op Oudtshoorn, waar Langenhoven
> sy jare geslyt het, verban 'n AFRIKANER
> prinsipaal die lied uit sy skool.
> En die groter ironie. Een van die
> departement van Kaapse Onderwys
> se offisiere wat daaroor uitgevra word,
> 'n ene Witbooi ( wat ek aanneem 'n
> bruinman is) verduidelik dat die kinders
> nog altyd na die lied in hulle koshuise
> kan luister, as dit nie baie hard gespeel
> word nie.
> Ek dink, net soos met enige
> ander ding wat hulle aanraak, het die
> klomp verregse pseudo-Afrikaners
> nou 'n lekker ligte liedjie verrinneweer
> deur hulle rassistiese geroggel. Sodat
> selfs Afrikaners keelvol vir hulle is.
> Arme Bok van Blerk is seker ook al
> jammer dat hy die ding ook die lig
> laat sien het.
>
> Penkop van die Vierde Republiek

shame , ja nou word al daai kindekies boere afrikaners ultra regse
rasiste soos ek wat wat die regering haat an hulle ou afrikaner ouers
durf nie eits se nie want hulle voel sleg omdat hulle na daai veraaer
in 1990 geluister het.

Die taal strud het begin en die mense sien, hoor luister en besef dat
vir hulle gelieg word deur mense soos jy , goudina.

Joos weet waar die ding gaan eindig maar ek wet jy sal baie ongelukig
wees.
Re: Skool verbied sing van 'De la Rey' [boodskap #113373 is 'n antwoord op boodskap #113359] Ma, 05 Maart 2007 07:48 Na vorige boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote
> Arme Bok van Blerk is seker ook al
> dat hy die ding ook die lig
> laat sien het.

Hy doen nie, want hy lag al die pad bank toe oor daai liedjie!

> Penkop van die Vierde Republiek

Wanneer gaan jy ophou om jou as 'n jongman voor te doen en as stryder van
die Afrikaner se saak?
Vorige onderwerp: Skole in die NSA
Volgende onderwerp: Universiteitskoshuise en lyfstraf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 16:25:25 MGT 2024