Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Poep is darem ma 'n ou grappie
Poep is darem ma 'n ou grappie [boodskap #112249] Sa, 20 Januarie 2007 14:19
George Orwell  is tans af-lyn  George Orwell
Boodskappe: 22
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Junior Lid
Net om seker te maak die standaarde van hierdie nuusgroep styg nie
uitermate nie. En ook om ons nuwe lesers bietjie woordeskat te gee.
Giegiegie.
--
Poep is darem ma 'n ou grappie
briekmerk

Ons het dit almal al teë gekom. Jy stap in 'n mall op 'n Saterag oggend
(verkieslik Kollonade) en dan tref so onaangename reukie jou van alle
kante. Al om jou is sulke verbase gesigte. Jissie, poep is darem ma 'n
ou grappie.

Sekere mense poep net fokken hectic. Checkituit. Jy doen die rondtes
innie mall en klap 'n toon eerstens Wimpy toe. Dit was 'n hectic
Vrydagaand by die WKJ? paartie gewees. Water het in 'n Jaegermeister
verander, gooses verloor hulle kledingstukke en CHopper trek die plugs
van die DJ boof uit. So loop hy ma en die volgende oggend moet 'n klomp
vreemde mense die prys betaal.

Hier innie UK is dinge nie veel anders nie. Die tube in die oggend raak
poes hectic en jy het nie die vryheid soos innie Kollonade om fokken
vinnig spore te maak nie. Vas soos 'n slowdance op 'n hoërskool sokkie.
Tien minute voel soos 'n ewigheid met so nommer sewe wat in die lug
hang. Dis net hier waar ek besef het dat daar geen gids is vir wat om te
doen in hierie verskriklike situasies nie.

In die naam van spuities en alle briekmerke het bra briek besluit om
julle watkykertjies meer in te lig oor die verskeidenheid van ongeskikte
wind breek en die na gevolge. Afterall, 70% van die solution is om te
weet wat die probleem is. Trek my vinger. Rrrtt!

10. Spuitpoep
Spuitpoep is skaars, maar wees gewaarsku hierie outjie kan jou nogal
kruppel. Dit gebeur gewoonlik na jy baie deurmekaar gedrink het. Vra vir
ou grifF. Spuitieland is nie lekker nie. As hy jou vang dan trek hy jou
plat soos Joggie Jansen. As jy nie vinnig genoeg is nie kan jy maar jou
beste onnebroek cheers sê. Die geheim hierso is spoed. Vang hom voor hy
jou vang.

9. Suutjiespoep
Nogals gewild onder die blare, alhoewel hulle mos nie poep nie. Met 'n
ongeskikte briesie druk hierie een voor jou in net soos 'n krimpie by
die ABSA in Lyttleton. Moenie die suutjies verwar met Silent but Violent
nie - ek kom nog daarby. Daar is nie veel wat mens kan doen sodra jy
agterkom een is vrygelaat nie. Maak ma spore, jy weet nooit daar mag
dalk net meer as een wees.

8. Gwarrah
As jou boudjies so begin bewe dan moet jy weet. Moenie dit eers durf om
op 'n harde stoel te gaan sit nie. Alhoewel jy as bystander nogals
vroeg gewaarsku word, is daar baie dinge wat jy kan doen om die
ongeskikte outjie te vermy. Die alombekende trek jou hemp oor jou neus
om jou disgust te wys. Gryp 'n kierie en gee die bra so lessie in
maniere. 'n Gwarrah is nogal sterk en hang in die lug gewoonlik tot
Kersfees. Vermy Kollonade voor Kersfees.

7. Silent But Violent
Ja julle weet waarvan ek praat. Word meestal in lifts aangetref. Jy sien
die boude maak nogals plek vir hierie outjie en dus die rede hoekom daar
geen geluid is nie. Hierie een knor byvoorbeeld glad nie vir jou as jy
hom vrylaat nie. Die blare ken ou Silent goed. Hulle het gereeld in
stillees hierie outjies los gelaat om so bietjie piele te vleg met die
Gwarrahs wat Jannie in die voorste ry mee begin het. Anders as suutjies
het jy geen waarskuwing nie. Moet nooit wind af sit nie. Soos 'n
renoster kan hy jou omkant vang.

6. Hibernasie konstipasie
In die winter dan eet en drink mens mos maar meer. So loop hy ma. Jy
skuif die oefen program op sy, om plek te maak vir die vodski. Die
liggaam vat bietjie strain in hierie tyd want dit is nie gewoond daaraan
om so baie alkohol en slapchips in te neem nie. So konstipasie is die
orde van die paar maande. Eno schmeno. Niks help vir hierie kak nie. Die
probleem is teen die einde van die winter dan herstel jy so bietjie en
dis net hier waar dinge skeef loop. Oppikoppi word nogal gereeld gevier
met monster poepe as gevolg van die einste Hibernasie konstipasie. 'n
Defnitiewe wenner om die kamp vuur. Sit maar net ver weg van die vlamme
want ek het al gehoor van baie mense wat hulle gatte gesien het deur so
onverskillig te wees. Respect.

5. Rapid fire
Nes die naam sê. Hy skiet meer as een keer en los jou met 'n ring of
fire. Baie ongemaklik veral na 'n aand se kerrie. Koop maar tripple ply
kakpapier om genade en vrede vir die boudjies te gee. Dit maak nogals 'n
lawaai so as bystander sal jy dalk verboureerd eers rond kyk. Rookie
mistake. Jy moet hardloop pappa. Want dis nie net een of twee nie maar
'n hele gesin.

4. Die gewilde aansteker
Poep is darem ma 'n ou grappie. Dit weet ons nou al. Ma soms gebeur dit
dat al die gelag net dinge erger maak. Dis 'n kerslig ete. Jy en jou
blaar staar in mekaar se oë vir die laaste halfuur. Sy dink: "Het ek die
oond afgesit?". Jy dink:"Jirre vanaand gaan korporaal diepsee duik".
Niemand verwag 'n ongeskikte ou Suutjies poep nie. En da het jy dit.
Julle albei bars uit van die lag met bloed rooi wangetjies. Die probleem
is net dat al die gelag jou maag so bietjie laat skud en dinge onstabiel
daar binne maak. Nogal 'n probleem want enige van die boonste outjies
kan uit glip en die kers uit blaas.

3. Skilletjie poep
Ou Skilletjie en strepies is close cousins. Jy kry skilletjie poepe
gewoonlik na 'n goeie sarsie rapid fire. Baie snaaks, tot jou gesig van
'n smile na defnitiewe onsekerheid verander. Iets het losgewoel iewers
en is besig om jou panna te krap. Soos 'n skilletjie as't ware. Daar is
nog tyd om plan B uit te voer, whatever jy as plan B beskou.

2. Strepies poep
Strepies, soos ek gemention het, is ou Skilletjie se cousin. Jy kry vir
ou Strepies as jy nie plan B suksesvol uitgevoer het nie. Die wêreld is
mos jou oester, maar ou strepies het ander planne met jou. Soos 'n
stoutgat 4 jarige laitie met vetkryt en die eetkamermuur as 'n canvas,
bekrap hierie outjie jou Woolworths medium onderbroek. Heel skaam as jy
die goed laat rondlê.

1. Skuimkoppie
Daar is nie eintlik 'n scientific naam vir hierie poep nie. Ma hy het
ook nie een nodig nie. Skuimkoppie praat vir homself en niemand anders
nie. Sommige mense ken hom by die naam Kaptein Skuim. Ander ken hom as
blok en tackle. Jy sal weet as jou paaie met hierie een kruis. Geen
verduideliking is nodig nie. Die bottom line is, she's not nice.

--
Skaamtellos gesteel by
http://watkykjy.co.za/snotstories_view.asp?theID=178
Vorige onderwerp: Soek ou snaakse storie
Volgende onderwerp: Bakkie rol in Nigel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 07:40:15 MGT 2024