Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Nasionale Vleisbraaidag  () 1 stem
Nasionale Vleisbraaidag [boodskap #106088] Vr, 23 September 2005 18:51 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
ONTHOU DIT IS SATERDAG 24 SEPTEMBER 2005 NASIONALE BRAAIDAG!

HOU DIE VOLGENDE IN GEDAGTE WANNEER JY DIE DAG VIER:

Vleisbraai is die enigste tipe kosmaak wat 'n ware man sal doen.
Wanneer 'n man besluit om te braai, word die volgende ketting-reaksie
aan die gang gesit:

1) Die vrou gaan koop die kos.

2) Die vrou maak die slaai, pap en sous.

3) Die vrou gooi speserye op die vleis, sit dit in 'n bak saam met die
nodige braai-gereedskap en souse en vat dit na die man wat langs die
braaier met 'n dop in sy hand.

4) Belangrik: DIE MAN PLAAS DIE VLEIS OP DIE ROOSTER...

5) Die vrou gaan na binne om die borde en eetgerei reg te kry.

6) Die vrou kom uit om die man te vertel dat die vleis besig is om te
verbrand. Hy bedank haar en vra of sy nog 'n dop sal gooi terwyl hy die
situasie onder beheer bring.

7) Weer belangrik: DIE MAN VERWYDER DIE VLEIS VAN DIE ROOSTER EN GEE DIT
VIR DIE VROU AAN.

8) Die vrou sit al die kos gereed op die tafel.

9) Na ete dek die vrou die tafel af en was al die skottelgoed.

10) Almal bedank die MAN vir die heerlike braai-poging. Later vra die
man of sy vrou darem haar "aandjie af" geniet het. Wanneer hy die
reaksie op haar gesig sien, besluit hy daar is ook niks wat sommige
vrouens tevrede sal stel nie!
Re: Nasionale Vleisbraaidag [boodskap #106103 is 'n antwoord op boodskap #106088] Sa, 24 September 2005 14:54 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Behalwe dat Suid-Afrikaanse vrouens (veral die boeremeisies) verskriklik
fluks en hardwerkend is, is hulle seker die bes versorgde, en mooiste
vrouens in die wêreld.
Ek vergaap my aan die vet en onversorgde Amerikaanse vrouens wat mens nou
gereeld op CNN sien. (Miskien ietwat verwaaid vanweë die
weersomstandighede.)
Vorige onderwerp: Grappie
Volgende onderwerp: Grap
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 00:55:39 MGT 2024