Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Kain " deur W.E.G. LOUW
" Kain " deur W.E.G. LOUW [boodskap #91750] Ma, 29 Maart 2004 01:56
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
W.E.G. Louw

Kain

Die vrugte van die aarde het hy gebring:
druiwe, rooi granate, 'n skepel graan -
van maande al die sorge en hunkering -
maar die rook op sy altaar het neergeslaan.

Sy broer daarnaas, die teer hande rooi
van bloed van lammers op die offersteen -
sy vlam het welgevallig uitgeplooi
en snel verteer dit vel en vlees en been.

Toe het die waansin hom gegryp: die haat,
van wie in eie hart sy skande weet,
van wie die offer, agteloos versmaad,
'n oordeel is ... Met één vervloekte kreet

gryp hy die herderstaf en slaan en slaan
tot voor sy hand die hemele opegaan
Vorige onderwerp: " Die mot en die kers" deur C.J. LANGENHOVEN
Volgende onderwerp: " Ballade van die wêreld se beloop " deur W.E.G. LOUW
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 09:11:05 MGT 2024