Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Ag wat, dis maar 'n hond " deur C.J. LANGENHOVEN
" Ag wat, dis maar 'n hond " deur C.J. LANGENHOVEN [boodskap #91636] Do, 25 Maart 2004 03:40 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
C.J. Langenhoven
Ag wat, dis maar 'n hond

Met modderpote, Ha-ga-ga!
Trap hy die voordeur oop -
Trap hy twee rytjies blommetjies
Sovér as wat hy loop.

En lag-lag loop hy, Ha-ga-ga!
Deur voorhuis en kombuis:
Geen plek is vir hom heilig nie -
Geen hoekie in die huis.

En wil hy lê, hy flop hom neer
Op blink-gevryfde vloer -
Op sneeuwit matjie, duur tapyt,
Of waar sy sin hom voer.

Daar lê hy, lag hy Ha-ga-ga!
En skud sy stof daar uit,
En werk sy modder stadig los,
En vas op die tapyt.

En ,,Buite Jakhals" sê sy nooi,
En ,,Ha-ga-ga!" sê hy,
En kyk haar lag-lag, vriendlik aan,
En stap bedaard opsy;

En dink dit was 'n groot kordaat
Om in die huis te lê,
En spore vir sy nooi te trap,
En ,,Ha-ga-ga!" te sê.

Maar ,,Buite Jakhals!" Uit moet hy -
En voel so skaam en skroom,
Dat hy die arme kat bevlieg:
En dié bevlieg die boom.

Die ,,Ha-ga-ga" word ,,Boe-woe-woef";
Hy sukkel om te klim,
En krap die boom se bas en brom:
,,Die kat die was te slim."

Hy speel met hoender, vark, en kalf,
Tot hul die doodsangs kry:
En al hoe naarder hulle word,
Hoe vroliker word hy.

Tot ek my naderhand vererg,
En ernstig ,,Jakhals!" skree;
Dan kom hy kruip-kruip, smekend aan,
Ootmoedig en gedwee.

Hy weet hy het die peits verdien,
En weet hy sal dit kry:
Maar vlug? O nee! ,,My baas die roep
Ek kom al straf hy my."

En buk-buk, sleep-sleep, kom hy aan,
Met stemloos smeekgebed:
Maar is hy stom, - sy houding spreek
Hoe 'n diep berou hy het.

En is die laaste raps geval,
Dan is hy, ag! so bly:
Hy spring en dans van dankbaarheid -
Die pak die is verby.

Hy kom my smorens handjie gee -
Die beste wat hy het:
,,Twee growwe pote," sê sy nooi:
,,Kyk nou hoe lyk die bed!"

Dan stap hy naar die nooi se kant,
En ,,Ha-ga-ga!" lag hy;
En kyk haar so vertrouelik aan,
En eindlik glimlag sy.

So maak hy ons díe lewe lig;
Hy's altyd klaar vir speel -
Nooit nuk'rig of neerslagtig nie -
Sy plig is nooit te veel.

Maar is dit ék wat treurig is,
Hy voel en deel my smart:
'n Natte neusie in my hand
Bring troos uit hondehart.

Geen smaad vervreem sy vriendskap nie,
Geen onreg deer sy trou -
Mishandling, honger, vloek, en skop,
Laat hom sy diens nooit rou.

Hy neem die slegte wat hy kry,
En is daar dankbaar voor:
Hy gee die beste wat hy het,
En dink daar nooit weer oor.

O spraakloos, sielloos, reedloos dier!
Waar is 'n mens soos jy?
O ongeloonde lewensslaaf!
Waar's so 'n vriend te kry?

Jou lus is in jou baas se lief -
In sy verdriet jou leed;
Sy nuk en gril - jou wet en wil,
Wyl jy jouself vergeet.

En is jou troue diens verby
Met laaste lewensstond,
Dan gooi jou baas jou uit sy pad -
Wat is 'n dooie hond?

Maar is dit hy wat eerste gaan,
Dan lê jy op sy graf,
En pas sy rusplaas op, en wag
Vergeefs 'n weersiens af.
Re: " Ag wat, dis maar 'n hond " deur C.J. LANGENHOVEN [boodskap #91640 is 'n antwoord op boodskap #91636] Do, 25 Maart 2004 08:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek moes in die argiewe gaan soek, maar het hom gekry. In Augustus 2001 het
ek jou gevra om hierdie gedig te plaas... Ek het natuurlik niks meer geweet
as dat die hond blommetjiespore trap nie, en jy't toe ook nie geweet
waarvan ek praat nie.

Ek glo graag dat jy hom nou spesiaal vir my geplaas het en ek is jou ewig
dankbaar daarvoor!

Ek haat jou... Ek's lief vir jou...

Max____________________________

"@rogers.com"
> C.J. Langenhoven
> Ag wat, dis maar 'n hond
>
> Met modderpote, Ha-ga-ga!
> Trap hy die voordeur oop -
> Trap hy twee rytjies blommetjies
> Sovér as wat hy loop.
>
> En lag-lag loop hy, Ha-ga-ga!
> Deur voorhuis en kombuis:
> Geen plek is vir hom heilig nie -
> Geen hoekie in die huis.
>
> En wil hy lê, hy flop hom neer
> Op blink-gevryfde vloer -
> Op sneeuwit matjie, duur tapyt,
> Of waar sy sin hom voer.
>
> Daar lê hy, lag hy Ha-ga-ga!
> En skud sy stof daar uit,
> En werk sy modder stadig los,
> En vas op die tapyt.
>
> En ,,Buite Jakhals" sê sy nooi,
> En ,,Ha-ga-ga!" sê hy,
> En kyk haar lag-lag, vriendlik aan,
> En stap bedaard opsy;
>
> En dink dit was 'n groot kordaat
> Om in die huis te lê,
> En spore vir sy nooi te trap,
> En ,,Ha-ga-ga!" te sê.
>
> Maar ,,Buite Jakhals!" Uit moet hy -
> En voel so skaam en skroom,
> Dat hy die arme kat bevlieg:
> En dié bevlieg die boom.
>
> Die ,,Ha-ga-ga" word ,,Boe-woe-woef";
> Hy sukkel om te klim,
> En krap die boom se bas en brom:
> ,,Die kat die was te slim."
>
> Hy speel met hoender, vark, en kalf,
> Tot hul die doodsangs kry:
> En al hoe naarder hulle word,
> Hoe vroliker word hy.
>
> Tot ek my naderhand vererg,
> En ernstig ,,Jakhals!" skree;
> Dan kom hy kruip-kruip, smekend aan,
> Ootmoedig en gedwee.
>
> Hy weet hy het die peits verdien,
> En weet hy sal dit kry:
> Maar vlug? O nee! ,,My baas die roep
> Ek kom al straf hy my."
>
> En buk-buk, sleep-sleep, kom hy aan,
> Met stemloos smeekgebed:
> Maar is hy stom, - sy houding spreek
> Hoe 'n diep berou hy het.
>
> En is die laaste raps geval,
> Dan is hy, ag! so bly:
> Hy spring en dans van dankbaarheid -
> Die pak die is verby.
>
> Hy kom my smorens handjie gee -
> Die beste wat hy het:
> ,,Twee growwe pote," sê sy nooi:
> ,,Kyk nou hoe lyk die bed!"
>
> Dan stap hy naar die nooi se kant,
> En ,,Ha-ga-ga!" lag hy;
> En kyk haar so vertrouelik aan,
> En eindlik glimlag sy.
>
> So maak hy ons díe lewe lig;
> Hy's altyd klaar vir speel -
> Nooit nuk'rig of neerslagtig nie -
> Sy plig is nooit te veel.
>
> Maar is dit ék wat treurig is,
> Hy voel en deel my smart:
> 'n Natte neusie in my hand
> Bring troos uit hondehart.
>
> Geen smaad vervreem sy vriendskap nie,
> Geen onreg deer sy trou -
> Mishandling, honger, vloek, en skop,
> Laat hom sy diens nooit rou.
>
> Hy neem die slegte wat hy kry,
> En is daar dankbaar voor:
> Hy gee die beste wat hy het,
> En dink daar nooit weer oor.
>
> O spraakloos, sielloos, reedloos dier!
> Waar is 'n mens soos jy?
> O ongeloonde lewensslaaf!
> Waar's so 'n vriend te kry?
>
> Jou lus is in jou baas se lief -
> In sy verdriet jou leed;
> Sy nuk en gril - jou wet en wil,
> Wyl jy jouself vergeet.
>
> En is jou troue diens verby
> Met laaste lewensstond,
> Dan gooi jou baas jou uit sy pad -
> Wat is 'n dooie hond?
>
> Maar is dit hy wat eerste gaan,
> Dan lê jy op sy graf,
> En pas sy rusplaas op, en wag
> Vergeefs 'n weersiens af.
>
Re: " Ag wat, dis maar 'n hond " deur C.J. LANGENHOVEN [boodskap #91649 is 'n antwoord op boodskap #91640] Do, 25 Maart 2004 13:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

> Ek glo graag dat jy hom nou spesiaal vir my geplaas het en ek is jou ewig
> dankbaar daarvoor!

Soos ek altyd vir my kinders gesê het, "don't flatter
yourself."

Tant Hessie van Nooitgedacht
Re: " Ag wat, dis maar 'n hond " deur C.J. LANGENHOVEN [boodskap #120349 is 'n antwoord op boodskap #91636] So, 25 Maart 2018 04:59 Na vorige boodskap
willahottie  is tans af-lyn  willahottie
Boodskappe: 1
Geregistreer: Maart 2018
Karma: 0
Junior Lid
On Thursday, March 25, 2004 at 5:40:00 AM UTC+2, Hessie wrote:
> C.J. Langenhoven
> Ag wat, dis maar 'n hond
>
> Met modderpote, Ha-ga-ga!
> Trap hy die voordeur oop -
> Trap hy twee rytjies blommetjies
> Sovér as wat hy loop.
>
> En lag-lag loop hy, Ha-ga-ga!
> Deur voorhuis en kombuis:
> Geen plek is vir hom heilig nie -
> Geen hoekie in die huis.
>
> En wil hy lê, hy flop hom neer
> Op blink-gevryfde vloer -
> Op sneeuwit matjie, duur tapyt,
> Of waar sy sin hom voer.
>
> Daar lê hy, lag hy Ha-ga-ga!
> En skud sy stof daar uit,
> En werk sy modder stadig los,
> En vas op die tapyt.
>
> En ,,Buite Jakhals" sê sy nooi,
> En ,,Ha-ga-ga!" sê hy,
> En kyk haar lag-lag, vriendlik aan,
> En stap bedaard opsy;
>
> En dink dit was 'n groot kordaat
> Om in die huis te lê,
> En spore vir sy nooi te trap,
> En ,,Ha-ga-ga!" te sê.
>
> Maar ,,Buite Jakhals!" Uit moet hy -
> En voel so skaam en skroom,
> Dat hy die arme kat bevlieg:
> En dié bevlieg die boom.
>
> Die ,,Ha-ga-ga" word ,,Boe-woe-woef";
> Hy sukkel om te klim,
> En krap die boom se bas en brom:
> ,,Die kat die was te slim."
>
> Hy speel met hoender, vark, en kalf,
> Tot hul die doodsangs kry:
> En al hoe naarder hulle word,
> Hoe vroliker word hy.
>
> Tot ek my naderhand vererg,
> En ernstig ,,Jakhals!" skree;
> Dan kom hy kruip-kruip, smekend aan,
> Ootmoedig en gedwee.
>
> Hy weet hy het die peits verdien,
> En weet hy sal dit kry:
> Maar vlug? O nee! ,,My baas die roep
> Ek kom al straf hy my."
>
> En buk-buk, sleep-sleep, kom hy aan,
> Met stemloos smeekgebed:
> Maar is hy stom, - sy houding spreek
> Hoe 'n diep berou hy het.
>
> En is die laaste raps geval,
> Dan is hy, ag! so bly:
> Hy spring en dans van dankbaarheid -
> Die pak die is verby.
>
> Hy kom my smorens handjie gee -
> Die beste wat hy het:
> ,,Twee growwe pote," sê sy nooi:
> ,,Kyk nou hoe lyk die bed!"
>
> Dan stap hy naar die nooi se kant,
> En ,,Ha-ga-ga!" lag hy;
> En kyk haar so vertrouelik aan,
> En eindlik glimlag sy.
>
> So maak hy ons díe lewe lig;
> Hy's altyd klaar vir speel -
> Nooit nuk'rig of neerslagtig nie -
> Sy plig is nooit te veel.
>
> Maar is dit ék wat treurig is,
> Hy voel en deel my smart:
> 'n Natte neusie in my hand
> Bring troos uit hondehart.
>
> Geen smaad vervreem sy vriendskap nie,
> Geen onreg deer sy trou -
> Mishandling, honger, vloek, en skop,
> Laat hom sy diens nooit rou.
>
> Hy neem die slegte wat hy kry,
> En is daar dankbaar voor:
> Hy gee die beste wat hy het,
> En dink daar nooit weer oor.
>
> O spraakloos, sielloos, reedloos dier!
> Waar is 'n mens soos jy?
> O ongeloonde lewensslaaf!
> Waar's so 'n vriend te kry?
>
> Jou lus is in jou baas se lief -
> In sy verdriet jou leed;
> Sy nuk en gril - jou wet en wil,
> Wyl jy jouself vergeet.
>
> En is jou troue diens verby
> Met laaste lewensstond,
> Dan gooi jou baas jou uit sy pad -
> Wat is 'n dooie hond?
>
> Maar is dit hy wat eerste gaan,
> Dan lê jy op sy graf,
> En pas sy rusplaas op, en wag
> Vergeefs 'n weersiens af.
Vorige onderwerp: " Skrywer bpk " deur JEANETTE FERREIRA
Volgende onderwerp: Antie, asseblief gee my die gediggie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 14:03:15 MGT 2024