Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Skrywer bpk " deur JEANETTE FERREIRA
" Skrywer bpk " deur JEANETTE FERREIRA [boodskap #91560] So, 21 Maart 2004 13:29 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jeanette Ferreira
Skrywer bpk

here jy's so sag
benewens
clichés soos die donkiery-episode
het jy sandals gedra soos 'n commoner
jou hare was langerig
en donker
soos al die jode in jou kontrei
jy't jou gang dissipels gehad
soos vrygeselle soms maak
en galilea was maar bolangsrag
johnny goes to town

die gemiddeldes
soos judas jood
het aanvanklik fyntjies geglimlag
oor jou groeiende voortvarendheid
het julle gehoor wat sê die man

later is jy fronsend bespreek
agter voorstedelike vensters

die sanhedrin neem met spyt kennis
jy't die establishment se tjank afgetrap
en dit nogal .

jy's inhibisieloos
jy's nihilisties
jy's onbehoorlik
jy's rewolusionêr
jou eie ouers is jode
jy's 'n jodeseun
wat sy volk verraai het
die jode is 'n uitverkore ras

maar ons het almal gesien
jou bloed was rooi soos al die ander

en jy's toe nooit dood nie
outsider onder die outsiders
jy en jou woord
survive tot in alle ewigheid
Re: " Skrywer bpk " deur JEANETTE FERREIRA [boodskap #91584 is 'n antwoord op boodskap #91560] Ma, 22 Maart 2004 12:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - het jy al Mel Gibson se fliek gesien? (Ek lees nog net krits in 'n
rits...)
Re: " Skrywer bpk " deur JEANETTE FERREIRA [boodskap #91586 is 'n antwoord op boodskap #91584] Ma, 22 Maart 2004 17:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jonas - blykbaar is daar nou kerke ( stoute goed) wat glo verlede naweek al
roofkopies vertoon het, en nou gaan hulle vervolg word.
Die skelms!
--
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:c3mmls$lr3$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Anti - het jy al Mel Gibson se fliek gesien? (Ek lees nog net krits in 'n
> rits...)
>
Re: " Skrywer bpk " deur JEANETTE FERREIRA [boodskap #91588 is 'n antwoord op boodskap #91584] Ma, 22 Maart 2004 21:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas wrote

> Anti - het jy al Mel Gibson se fliek gesien?

Nee, en ek is nie vanplan om dit te gaan sien
nie. (Ons fliek maar baie min nuwe flieks.)
Maar my skoondogter se ouers het dit gaan
sien. Haar pa fliek nooit nie, maar het dit
gaan sien omdat hulle intens Katoliek is.
(Sy broer was 'n biskop en daar is nog
ander priesters in hulle familie.) Hy het vir
sy dogter gesê dat die geseling onnodig
grieselrig uitgebeeld was.

Gloudina
Re: " Skrywer bpk " deur JEANETTE FERREIRA [boodskap #91608 is 'n antwoord op boodskap #91586] Wo, 24 Maart 2004 02:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anette - ek het dit raak gelees. Die dominees moet ligloop...
Maar, ek het byvoorbeeld 'n roofkopie van die Afrikanse Bybel
(1933-weergawe) - dink jy dis sonde..
(Toe die nuwe vertaling verskyn het het ek 'n klompie ou weergawes gaan
koop - as ek doodgaan wil ek graag Psalm 23 aanhaal in sy oorspronklike
vorm - net om seker te wees ek gehoor sal word.)
Re: " Skrywer bpk " deur JEANETTE FERREIRA [boodskap #91611 is 'n antwoord op boodskap #91608] Wo, 24 Maart 2004 07:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Sorry, slegte nuus, Jonas, die 1933 weergawe van Psalm 23 is laaank nie die
oorspronklike vorm nie...

Het die mense ook so gekerm toe die 1933 vertaling van die Bybel uitgekom
het...

Mense is sulke petty goed...

Max____________________________

"Jonas" skryf in boodskap news:c3qsi9$s7q$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Anette - ek het dit raak gelees. Die dominees moet ligloop...
> Maar, ek het byvoorbeeld 'n roofkopie van die Afrikanse Bybel
> (1933-weergawe) - dink jy dis sonde..
> (Toe die nuwe vertaling verskyn het het ek 'n klompie ou weergawes gaan
> koop - as ek doodgaan wil ek graag Psalm 23 aanhaal in sy oorspronklike
> vorm - net om seker te wees ek gehoor sal word.)
>
Re: " Skrywer bpk " deur JEANETTE FERREIRA [boodskap #91617 is 'n antwoord op boodskap #91611] Wo, 24 Maart 2004 13:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

> Sorry, slegte nuus, Jonas, die 1933 weergawe van Psalm 23 is laaank nie die
> oorspronklike vorm nie...
>
> Het die mense ook so gekerm toe die 1933 vertaling van die Bybel uitgekom
> het...
>
> Mense is sulke petty goed...

Ja, dis omdat hulle nie die werklike boodskap van
die Bybel wil verstaan nie. Dit moet altyd húlle
version wees.

Gloudina
Re: " Skrywer bpk " deur JEANETTE FERREIRA [boodskap #91660 is 'n antwoord op boodskap #91611] Vr, 26 Maart 2004 03:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Max - petty het niks daarmee te doen. Bloot omdat ek 'n voorkeur het ?
Daarom - beskou jouself maar petty maat.
Re: " Skrywer bpk " deur JEANETTE FERREIRA [boodskap #91670 is 'n antwoord op boodskap #91660] Vr, 26 Maart 2004 07:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Doth the gentleman prostest too much...

As jy nou weer my pos kon lees sou jy sien dat ek heeltemal nie van jou
gepraat het nie... Maar ja, jy verkies om nie aan te haal nie, so niemand
weet eintlik waarvan jy praat nie, sot.

Max____________________________

"Jonas"
> Max - petty het niks daarmee te doen. Bloot omdat ek 'n voorkeur het ?
> Daarom - beskou jouself maar petty maat.
>
Re: " Skrywer bpk " deur JEANETTE FERREIRA [boodskap #91679 is 'n antwoord op boodskap #91670] Vr, 26 Maart 2004 14:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Max - Op die net mag jy maar 'n sot noem - maar dit beteken ook maar bloot
dat jy die tipe is wat nie die moed sal hê om dit direk aan my te sê nie.
Sou dit doen kan jy 'n s(n)otklap verwag.
Einde van die storie.
Re: " Skrywer bpk " deur JEANETTE FERREIRA [boodskap #120348 is 'n antwoord op boodskap #91608] Wo, 14 Maart 2018 18:42 Na vorige boodskap
nduhma2la  is tans af-lyn  nduhma2la
Boodskappe: 1
Geregistreer: Maart 2018
Karma: 0
Junior Lid
On Wednesday, 24 March 2004 04:41:43 UTC+2, Jonas wrote:
> Anette - ek het dit raak gelees. Die dominees moet ligloop...
> Maar, ek het byvoorbeeld 'n roofkopie van die Afrikanse Bybel
> (1933-weergawe) - dink jy dis sonde..
> (Toe die nuwe vertaling verskyn het het ek 'n klompie ou weergawes gaan
> koop - as ek doodgaan wil ek graag Psalm 23 aanhaal in sy oorspronklike
> vorm - net om seker te wees ek gehoor sal word.)

Greeting hope this E-mail finds you well, i am a Assistance in the Department of Linguistic, Afrikaans; ( University of Zululand) please i am looking for a personal E-mail of JEANETTE FERREIRA. there books that i'm looking for. and i just want to set time and meet her.
contact detail: 072 835 9968
Vorige onderwerp: "Muskiete jag" deur A.D. KEET
Volgende onderwerp: " Ag wat, dis maar 'n hond " deur C.J. LANGENHOVEN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 16:57:37 MGT 2024