Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Vooruitgang " deur C.P. HOOGENHOUT  () 1 stem
" Vooruitgang " deur C.P. HOOGENHOUT [boodskap #91539] Sa, 20 Maart 2004 02:51 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
C.P. Hoogenhout
Vooruitgang
(Verkort)

Engels! Engels! Alles Engels! Engels wat jy sien en hoor;
In ons skole, in ons kerke word ons moedertaal vermoor.
Ag, hoe word ons volk verbaster; daartoe werk ons leraars saam;
Hollands nog in sekere skole - is bedrog, 'n blote naam!
Wie hom nie laat anglisere, word geskolde en gesmaad;
Tot in Vrystaat en Transvaal al, oweral dieselfde kwaad.
"Dis vooruitgang!" roep die skreeuers, "Dis beskawing wat nou kom!"

Dié wat dit nie wil gelewe, dié is ouderwets en dom.
Wie daarteen durf getuige, is 'n Patriotsrebel,
Word verag, gevloek, belaster en beswadder van die hel. . .
En ons volk met slaap bevange, droom van vrede, is gerus;
Word hul wakker, 't duur nie lank nie, netnou is hul weer gesus.
Mooie woorde, holle klanke, vrome praatjies geen gebrek;
Dié wat van gevaar durf prate, dié verklaar hul stapelgek,
Dié voor taal en oue sede in die bres spring, is 'n dwaas;
"Leer maar Engels, dit maak salig!" skreeu hul uit met groot geraas;
"Hollands sal vanself wel kome, Afrikaans is Hotnotstaal!"
En die skole van die heertjies moet ons bowenop betaal!
Skole waar ons seuns en dogters word verbaster en geleer:
English History, English Grammar, net so veul jou hart begeer.
En ons kerke, deur ons vaders van hul sweet en bloed gebou,
Daarin word geheel onnodig English sermons uitgebrou ...
Koud word vrinde en betrekkings, Oom en Neef is nou Meneer;
Tante en Nig is Miss of Mrs., alles koud nes winterweer.
Selfs ons kinders, as hul weer kom van die skole, ag hoe koud!
Hoog van oog, vol selfverbeelding, stug en styf as stukke hout.
English novels, English journals, daarmee word die tyd verkwis
En so menig arme ouer weet nie dat daar gif in is ...
Dan die modes: al die klere, strikkies, lintjies, wat niet al!
En die huisraad moet verander wat nou Susan nie beval.
Pa is wyn- of vee- of graanboer, maar syn dogter is beskaam
As sy daar soms na gevraag word - boer is tog so 'n lage naam! . . .
En wat Afrikaans of Hollands praat en as syn taal begeer,
Dié is dwaas, 'n arme sukkel, vreeslik dom en ongeleer!
En as hy van reg durf praat, word eenvoudig dit geseg:
"Jou rumoer- en oproermaker, weet jy dan nie Mag is Reg?"
Re: " Vooruitgang " deur C.P. HOOGENHOUT [boodskap #91578 is 'n antwoord op boodskap #91539] Ma, 22 Maart 2004 09:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Uit watter jaar kom die gedig?

Max____________________________

"@rogers.com"

> Afrikaans is Hotnotstaal!
Re: " Vooruitgang " deur C.P. HOOGENHOUT [boodskap #91585 is 'n antwoord op boodskap #91578] Ma, 22 Maart 2004 12:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - my oupa was as jongman 'n stoker in Durban gewees. Terwyl hy en 'n
ander maat eendag Afrikaans praat het sy drywer vir hom gesê- "Don't speak
kaffir on my footplate..."
Dit was in die jare 20 - van die vorige eeu.
Maar Hoogenhout was toe seker al dood.
Re: " Vooruitgang " deur C.P. HOOGENHOUT [boodskap #91587 is 'n antwoord op boodskap #91578] Ma, 22 Maart 2004 21:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" wrote

> Uit watter jaar kom die gedig?

Ek weet nie. Maar hy is in 1843 gebore
en is in 1922 dood, dus seker so teen die
einde van die negentiende eeu, skat ek.
Seker in die tyd toe daar nog mense
gewees het wat liewe die suiwerder
Nederlands as offisiële taal wou sien.

Gloudina
Re: " Vooruitgang " deur C.P. HOOGENHOUT [boodskap #91597 is 'n antwoord op boodskap #91587] Di, 23 Maart 2004 07:56 Na vorige boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Dankie G. Amazing, met 'n paar baie klein aanpassings sou die gedig gister
geskryf kon wees.

Max____________________________

"@rogers.com" wrote in message
news:MQI7c.1134$WxP.498@news01.bloor.is.net.cable.rogers.com ...
>
> "Max" wrote
>
>> Uit watter jaar kom die gedig?
>
> Ek weet nie. Maar hy is in 1843 gebore
> en is in 1922 dood, dus seker so teen die
> einde van die negentiende eeu, skat ek.
> Seker in die tyd toe daar nog mense
> gewees het wat liewe die suiwerder
> Nederlands as offisiële taal wou sien.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: " Ons Toekomstige Volkslied " deur C.P. HOOGENHOUT
Volgende onderwerp: " Die mot en die kers" deur C.J. LANGENHOVEN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 10:43:48 MGT 2024