Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Gesondheid & boereraat » Help - asseblief
Help - asseblief [boodskap #88955] Do, 08 Januarie 2004 10:18 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Enige goeie raad vir vrot sinus? Ek hoes die laaste paar dae lemmetjies en
die hoesgoed wat die apteker gegee het werk nie. Ek hoes tot ek naar word
en dan hoes ek nog. Die demazin het darem die drup opgedroog, maar dis ook
maar al. Die apteker het nogal gewaarsku ek moet nie meer as 2 'n dag van
die goed drink nie, maar dit werk net vir so 3 ure en dan's die afskuwelik
drup terug.
Ek is klaar deur twee bottels wit dulsies, 'n halfjack brandewyn (ek het 5
dae laas ordentelik geslaap. Ek was desperaat.), 'n bottel 4 Flu, amper 'n
pakkie Demazin en 'n bottel Linctopent.

Enige boereraad, eie ondervinding, chemiese middels, alkohol, drips,
operasies of dwelms wat dalk kan help asb.?

Dankie

Elaine
Re: Help - asseblief [boodskap #88957 is 'n antwoord op boodskap #88955] Do, 08 Januarie 2004 10:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine,
By my laatste besoek aan SA was ek ook vrot verkoue;my gastvrou het my een
baie goe middel aan die hand gedoen
Pilletjies van een apteker van heidelberg(gauting)
NITE-DOC PHARMACy
die name:Sinucon tabs R12/100
Baie goed,ek het nog een doos meegebring vir die geval van.
Versorg jou goed
Paul

"Elaine" skryf in boodskap news:btjaqf$8bl$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Enige goeie raad vir vrot sinus? Ek hoes die laaste paar dae lemmetjies en
> die hoesgoed wat die apteker gegee het werk nie. Ek hoes tot ek naar word
> en dan hoes ek nog. Die demazin het darem die drup opgedroog, maar dis ook
> maar al. Die apteker het nogal gewaarsku ek moet nie meer as 2 'n dag van
> die goed drink nie, maar dit werk net vir so 3 ure en dan's die afskuwelik
> drup terug.
> Ek is klaar deur twee bottels wit dulsies, 'n halfjack brandewyn (ek het 5
> dae laas ordentelik geslaap. Ek was desperaat.), 'n bottel 4 Flu, amper 'n
> pakkie Demazin en 'n bottel Linctopent.
>
> Enige boereraad, eie ondervinding, chemiese middels, alkohol, drips,
> operasies of dwelms wat dalk kan help asb.?
>
> Dankie
>
> Elaine
>
Re: Help - asseblief [boodskap #88958 is 'n antwoord op boodskap #88955] Do, 08 Januarie 2004 10:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ai tog Elaine - ek het voorverlede jaar amper 'n hele jaar lank gehoes - so
jy het my simpatie.
1) Kry by jou dokter 'n pompie - ek sal myne gaan soek en die naam laat
weet - wat die hoes onderdruk - want hoe meer jy hoes, hoe erger word dit
2) Maak 'n mengsel van 5 borsdruppels, 5 druppels Turlington op 'n teelepel
heining, en 'n keuse van 'n eetlepel asyn, suurlemoensap of brandewyn.
Neem twee teelepels van die mengsel sodra jy wil begin hoes.

Die mengsel van bg 2 het my hoesery laat ophou - nadat ek die dokter en die
aptekeker ryk gemaak het met besoeke en medisyne wat voorgeskryf is.

--
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:btjaqf$8bl$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Enige goeie raad vir vrot sinus? Ek hoes die laaste paar dae lemmetjies en
> die hoesgoed wat die apteker gegee het werk nie. Ek hoes tot ek naar word
> en dan hoes ek nog. Die demazin het darem die drup opgedroog, maar dis ook
> maar al. Die apteker het nogal gewaarsku ek moet nie meer as 2 'n dag van
> die goed drink nie, maar dit werk net vir so 3 ure en dan's die afskuwelik
> drup terug.
> Ek is klaar deur twee bottels wit dulsies, 'n halfjack brandewyn (ek het 5
> dae laas ordentelik geslaap. Ek was desperaat.), 'n bottel 4 Flu, amper 'n
> pakkie Demazin en 'n bottel Linctopent.
>
> Enige boereraad, eie ondervinding, chemiese middels, alkohol, drips,
> operasies of dwelms wat dalk kan help asb.?
>
> Dankie
>
> Elaine
>
Re: Help - asseblief [boodskap #88959 is 'n antwoord op boodskap #88955] Do, 08 Januarie 2004 11:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
daniel[3]  is tans af-lyn  daniel[3]
Boodskappe: 38
Geregistreer: Februarie 2000
Karma: 0
Volle Lid
As nie-praktiserende homeopaat, is hierdie raad iets wat ek self gereeld
gebruik soos en wanneer nodig.

Daniel Jan.

"Jonas" skryf in boodskap news:btjejj$9u9$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Elaine - hierdie raat sal ek waarborg:
> Neem 'n gelykvol teelepel suiker; sout en koeksoda - meng op 'n blikke coke
> (250ml) - gevul met lou water. Meng goed. Snuif daarmee 3 maal per dag
> aanvanklik. Daarna kan jy dit verminder na 2 en dan na 1 maal per dag. Die
> mengsel moet nie jou sinusholtes brand nie - dan het jy nie die voorskrif
> gevolg nie.
> Die sout en koeksoda los die slym op - die suiker herstel die geswole
> sinuswande. Jy kan ook aanvanklik 'n enkele dispirine (300mg) per dag neem -
> dis om die bloed te verdun en sal die sinuspyne verlig.
> Dit werk.
> (Ek het die raat by 'n mediese professor gekry - sy is so +/- 2 jaar terug
> oorlede - maar nie vanweë die gebruik van die raat nie ....; -))
>
Re: Help - asseblief [boodskap #88961 is 'n antwoord op boodskap #88955] Do, 08 Januarie 2004 11:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Elaine - hierdie raat sal ek waarborg:
Neem 'n gelykvol teelepel suiker; sout en koeksoda - meng op 'n blikke coke
(250ml) - gevul met lou water. Meng goed. Snuif daarmee 3 maal per dag
aanvanklik. Daarna kan jy dit verminder na 2 en dan na 1 maal per dag. Die
mengsel moet nie jou sinusholtes brand nie - dan het jy nie die voorskrif
gevolg nie.
Die sout en koeksoda los die slym op - die suiker herstel die geswole
sinuswande. Jy kan ook aanvanklik 'n enkele dispirine (300mg) per dag neem -
dis om die bloed te verdun en sal die sinuspyne verlig.
Dit werk.
(Ek het die raat by 'n mediese professor gekry - sy is so +/- 2 jaar terug
oorlede - maar nie vanweë die gebruik van die raat nie ....; -))
Re: Help - asseblief [boodskap #88962 is 'n antwoord op boodskap #88955] Do, 08 Januarie 2004 12:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wat ek weet van die storie is dat jy die sinusholtes skoon moet kry en die
eenvoudigste manier om dit te doen is om soutwater te 'snuif'. Jy meng so
'n teelepel sout met lou water en los dit goed op. Dan druk jy jou snoet
in die glas ....uh, miskien moet jy 'n glas met 'n groot bek gebruik! Nou
trek jy die soutwater in jou neus in en druk met jou tong teen jou
verhemelte die toegang tot jou agterkeel toe, gooi kop agteroor en laat die
soutwater sy werk doen. Net so vir 'n minuut of wat. As jy nou jou kop
laat sak en die soutwater laat uitloop sal jy sulke ander geel goete ook
sien saamkom. Doen dit keer op keer tot die glas water op is en jy sal
voel dat jou neusgate wonderlik oop is. Doen elke aand tot jy nie meer
sinus het nie......... Beste van alles, jy het tot dan nog nie 'n rand
uitgegee nie!

"Elaine" skryf in boodskap news:btjaqf$8bl$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Enige goeie raad vir vrot sinus? Ek hoes die laaste paar dae lemmetjies en
> die hoesgoed wat die apteker gegee het werk nie. Ek hoes tot ek naar word
> en dan hoes ek nog. Die demazin het darem die drup opgedroog, maar dis ook
> maar al. Die apteker het nogal gewaarsku ek moet nie meer as 2 'n dag van
> die goed drink nie, maar dit werk net vir so 3 ure en dan's die afskuwelik
> drup terug.
> Ek is klaar deur twee bottels wit dulsies, 'n halfjack brandewyn (ek het 5
> dae laas ordentelik geslaap. Ek was desperaat.), 'n bottel 4 Flu, amper 'n
> pakkie Demazin en 'n bottel Linctopent.
>
> Enige boereraad, eie ondervinding, chemiese middels, alkohol, drips,
> operasies of dwelms wat dalk kan help asb.?
>
> Dankie
>
> Elaine
>
Re: Help - asseblief [boodskap #88963 is 'n antwoord op boodskap #88961] Do, 08 Januarie 2004 12:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jonas wrote:
> Elaine - hierdie raat sal ek waarborg:
> Neem 'n gelykvol teelepel suiker; sout en koeksoda - meng op 'n blikke coke
> (250ml) - gevul met lou water. Meng goed. Snuif daarmee 3 maal per dag
> aanvanklik. Daarna kan jy dit verminder na 2 en dan na 1 maal per dag. Die
> mengsel moet nie jou sinusholtes brand nie - dan het jy nie die voorskrif
> gevolg nie.
> Die sout en koeksoda los die slym op - die suiker herstel die geswole
> sinuswande. Jy kan ook aanvanklik 'n enkele dispirine (300mg) per dag neem -
> dis om die bloed te verdun en sal die sinuspyne verlig.
> Dit werk.
> (Ek het die raat by 'n mediese professor gekry - sy is so +/- 2 jaar terug
> oorlede - maar nie vanweë die gebruik van die raat nie ....; -))

Koeksoda = in het Nederlands zuiveringszout bicarbonaat

De Stichting Nederlandse Draf- en Rensport (NDR) werkt aan een betrouwbare
methode voor het testen van renpaarden op het gebruik van `milkshakes', een
mengsel van zuiveringszout, glucose en water dat paarden langer en harder
laat lopen. De NDR onderhandelt met een laboratorium dat de monsters snel
kan onderzoeken.

Naar de effecten van het gebruik van bicarbonaat (zuiveringszout) bij
atleten en dieren is de afgelopen jaren onderzoek gedaan - en is een van de
weinige middelen op de dopinglijsten waarvan uit wetenschappelijk onderzoek
is bewezen dat het werkzaam en daardoor concurrentievervalsend is. Begin
jaren negentig werd vastgesteld dat bij hardlopers die bicarbonaat kregen
toegediend de gelopen tijd over een afstand van 400 meter met 7 tot 10
procent verbeterde. Roeiers met biocarbonaat bleken in zes minuten roeien 48
meter meer af te leggen dan `schone'roeiers.

Grt Emmy
Re: Help - asseblief [boodskap #88964 is 'n antwoord op boodskap #88957] Do, 08 Januarie 2004 12:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dankie, ek ken Sinucons. Ongelukkig is langdurige gebruik van sinucons
eerder sleg as goed want dit tas jou stembande aan - so wees asb. maar
versigtig daarmee :-)).

E

"Paul de Dilbeek" skryf in boodskap news:oxaLb.343$9%5.110133301@hebe.telenet-ops.be...
>
> Elaine,
> By my laatste besoek aan SA was ek ook vrot verkoue;my gastvrou het my een
> baie goe middel aan die hand gedoen
> Pilletjies van een apteker van heidelberg(gauting)
> NITE-DOC PHARMACy
> die name:Sinucon tabs R12/100
> Baie goed,ek het nog een doos meegebring vir die geval van.
> Versorg jou goed
> Paul
Re: Help - asseblief [boodskap #88965 is 'n antwoord op boodskap #88958] Do, 08 Januarie 2004 12:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dankie, ek sal bietjie jou mengsel traai.

E

"Annette" skryf in boodskap news:btjclk$96m$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ai tog Elaine - ek het voorverlede jaar amper 'n hele jaar lank gehoes - so
> jy het my simpatie.
> 1) Kry by jou dokter 'n pompie - ek sal myne gaan soek en die naam laat
> weet - wat die hoes onderdruk - want hoe meer jy hoes, hoe erger word dit
> 2) Maak 'n mengsel van 5 borsdruppels, 5 druppels Turlington op 'n teelepel
> heining, en 'n keuse van 'n eetlepel asyn, suurlemoensap of brandewyn.
> Neem twee teelepels van die mengsel sodra jy wil begin hoes.
>
> Die mengsel van bg 2 het my hoesery laat ophou - nadat ek die dokter en die
> aptekeker ryk gemaak het met besoeke en medisyne wat voorgeskryf is.
>
>
> --
> Annette
Re: Help - asseblief [boodskap #88966 is 'n antwoord op boodskap #88961] Do, 08 Januarie 2004 12:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dankie, dit klink 'n bietjie gevaarlik - maar as niks anders wil werk nie...
ek's desperaat :o))

E

"Jonas" skryf in boodskap news:btjejj$9u9$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Elaine - hierdie raat sal ek waarborg:
> Neem 'n gelykvol teelepel suiker; sout en koeksoda - meng op 'n blikke coke
> (250ml) - gevul met lou water. Meng goed. Snuif daarmee 3 maal per dag
> aanvanklik. Daarna kan jy dit verminder na 2 en dan na 1 maal per dag. Die
> mengsel moet nie jou sinusholtes brand nie - dan het jy nie die voorskrif
> gevolg nie.
> Die sout en koeksoda los die slym op - die suiker herstel die geswole
> sinuswande. Jy kan ook aanvanklik 'n enkele dispirine (300mg) per dag neem -
> dis om die bloed te verdun en sal die sinuspyne verlig.
> Dit werk.
> (Ek het die raat by 'n mediese professor gekry - sy is so +/- 2 jaar terug
> oorlede - maar nie vanweë die gebruik van die raat nie ....; -))
>
Re: Help - asseblief [boodskap #88967 is 'n antwoord op boodskap #88955] Do, 08 Januarie 2004 14:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 8 Jan 2004 12:18:50 +0200, "Elaine" wrote:
> Enige goeie raad vir vrot sinus? Ek hoes die laaste paar dae lemmetjies en
> die hoesgoed wat die apteker gegee het werk nie. Ek hoes tot ek naar word
> en dan hoes ek nog. Die demazin het darem die drup opgedroog, maar dis ook
> maar al. Die apteker het nogal gewaarsku ek moet nie meer as 2 'n dag van
> die goed drink nie, maar dit werk net vir so 3 ure en dan's die afskuwelik
> drup terug.
> Ek is klaar deur twee bottels wit dulsies, 'n halfjack brandewyn (ek het 5
> dae laas ordentelik geslaap. Ek was desperaat.), 'n bottel 4 Flu, amper 'n
> pakkie Demazin en 'n bottel Linctopent.
>
> Enige boereraad, eie ondervinding, chemiese middels, alkohol, drips,
> operasies of dwelms wat dalk kan help asb.?
>
> Dankie
>
> Elaine
>

Hm.., het jy dokter toe gewees, Elaine? (Dit lyk tog ernstig wat jy
het). Ek sou daarmee nie wag nie. Omdat jy hoes lyk dit net as dit is
nie slegs sinus nie. Jy sal miskien tog antibiotika nodig hê...
Ek sou dus dokter toe gaan. Terselfdertyd sou ik jou geneesheer 'n
voorskrif vra vir 'n inenting teen pneumokokke. Hierdie is baie goed
en dit werk vir 'n periode van 5 jaar. Dis 'n bietjie duurder as 'n
inenting teen griep maar jy gaan wel ondervind hierdie inenting is sy
geld werd en jy sal daarna geen antibiotika meer nodig hê nie.
As jy dalk 'n inenting teen pneumokokke nie kan kry in jou eie land
nie vra dan tog 'n voorskrif vir jou dokter en stuur my die een. Ek
sal dan na 'n Belgiese apteker toe gaan en dit vir jou koop.

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Help - asseblief [boodskap #88970 is 'n antwoord op boodskap #88955] Do, 08 Januarie 2004 16:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" wrote

> Enige boereraad, eie ondervinding

Elaine, ek het nooit van "cough drops" gehou nie.
Maar 'n ruk gelede het ek met iets begin wat my
verbaas. Ek het, tydens 'n swaar verkoue verlede
jaar die cough drops ( hoeslekkertjies?) gekoop,
die regtige sterk ouens met die mentholatum in,
en dan suig ek dit elke keer as ek begin hoes, en
as die hoes ophou, neem ek dit uit my mond uit,
sit dit in 'n bakkie, tot die volgende hoesaanval.
Ek het tot dusver hierdie winter nog geen verkoue
en hoesaanval gehad het, en al wat ek kan dink is
dat die gereelde gebruik van die mentholatum my
goed doen en verhoed dat ek verkoue kry. Dit mag
toeval wees maar ek wonder darem. Die nuutste
denke is mos dat mens nie moet toelaat dat jy
ongekontrolleerd hoes nie, en hulle skryf nou kort-
termyn inasem-middels voor vir sulke hoes.
Hier in Noord-Amerika het ons hierdie winter
glo 'n soort griep wat nie ingesluit is in die griep-
inentings nie, en dit laat sterf hoofsaaklik klein
kindertjies. Ons het dit nog nie hier in Ottawa nie,
maar daar is allerhande soort griepe in ander stede.
Die storie in die winter is dat warm winters die
griepkieme aanmoedig, en baie koue weer die kieme
doodmaak. Vandag is dit - 21 C daarbuite, gelukkig
met son. Ek hoop al die kieme krepeer van die
koue.

Gloudina
Re: Help - asseblief [boodskap #88973 is 'n antwoord op boodskap #88967] Do, 08 Januarie 2004 19:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dankie ek sal bietjie hoor by die dokter van die inenting. Die idee om
dokter toe te gaan begin vreeslik aanloklik lyk. Ek het as 'n kind sulke
sinus aanvalle gekry, al wat gewerk het was 'n "nebulizer" en kortisoon.
Dit het weggegaan toe ek na 'n "skoner" dorp toe getrek het. Nou's ek terug
tussen Sasol en Iskor en die aanvalle is ook terug.

E

"Sterrenkijker" wrote:

> Hm.., het jy dokter toe gewees, Elaine? (Dit lyk tog ernstig wat jy
> het). Ek sou daarmee nie wag nie. Omdat jy hoes lyk dit net as dit is
> nie slegs sinus nie. Jy sal miskien tog antibiotika nodig hê...
> Ek sou dus dokter toe gaan. Terselfdertyd sou ik jou geneesheer 'n
> voorskrif vra vir 'n inenting teen pneumokokke. Hierdie is baie goed
> en dit werk vir 'n periode van 5 jaar. Dis 'n bietjie duurder as 'n
> inenting teen griep maar jy gaan wel ondervind hierdie inenting is sy
> geld werd en jy sal daarna geen antibiotika meer nodig hê nie.
> As jy dalk 'n inenting teen pneumokokke nie kan kry in jou eie land
> nie vra dan tog 'n voorskrif vir jou dokter en stuur my die een. Ek
> sal dan na 'n Belgiese apteker toe gaan en dit vir jou koop.
>
> Norbert (uit Vlaandere)
Re: Help - asseblief [boodskap #88974 is 'n antwoord op boodskap #88970] Do, 08 Januarie 2004 19:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dankie - ek suig "Halls" laat dit by my ore uitkom. My vriendin wat by 'n
dokter werk het te vertelle dat almal hierdie jaar (in hierdie area in elk
geval) sukkel met sinus en gastro van alle dinge. Glo die onaardse weer wat
ons het wat help om die kieme te versprei.

E

"@rogers.com" wrote in message
news:ggfLb.51340$1g41.42258@twister01.bloor.is.net.cable.rog ers.com...
>
> "Elaine" wrote
>
>> Enige boereraad, eie ondervinding
>
> Elaine, ek het nooit van "cough drops" gehou nie.
> Maar 'n ruk gelede het ek met iets begin wat my
> verbaas. Ek het, tydens 'n swaar verkoue verlede
> jaar die cough drops ( hoeslekkertjies?) gekoop,
> die regtige sterk ouens met die mentholatum in,
> en dan suig ek dit elke keer as ek begin hoes, en
> as die hoes ophou, neem ek dit uit my mond uit,
> sit dit in 'n bakkie, tot die volgende hoesaanval.
> Ek het tot dusver hierdie winter nog geen verkoue
> en hoesaanval gehad het, en al wat ek kan dink is
> dat die gereelde gebruik van die mentholatum my
> goed doen en verhoed dat ek verkoue kry. Dit mag
> toeval wees maar ek wonder darem. Die nuutste
> denke is mos dat mens nie moet toelaat dat jy
> ongekontrolleerd hoes nie, en hulle skryf nou kort-
> termyn inasem-middels voor vir sulke hoes.
> Hier in Noord-Amerika het ons hierdie winter
> glo 'n soort griep wat nie ingesluit is in die griep-
> inentings nie, en dit laat sterf hoofsaaklik klein
> kindertjies. Ons het dit nog nie hier in Ottawa nie,
> maar daar is allerhande soort griepe in ander stede.
> Die storie in die winter is dat warm winters die
> griepkieme aanmoedig, en baie koue weer die kieme
> doodmaak. Vandag is dit - 21 C daarbuite, gelukkig
> met son. Ek hoop al die kieme krepeer van die
> koue.
>
> Gloudina
>
Re: Help - asseblief [boodskap #88975 is 'n antwoord op boodskap #88962] Do, 08 Januarie 2004 19:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nee o hel dit klink darem te seer. Ek blaas liewer!

E

"Suidwester" wrote in message
news:3ffd47cc.0@news1.mweb.co.za...
> Wat ek weet van die storie is dat jy die sinusholtes skoon moet kry en die
> eenvoudigste manier om dit te doen is om soutwater te 'snuif'. Jy meng so
> 'n teelepel sout met lou water en los dit goed op. Dan druk jy jou snoet
> in die glas ....uh, miskien moet jy 'n glas met 'n groot bek gebruik! Nou
> trek jy die soutwater in jou neus in en druk met jou tong teen jou
> verhemelte die toegang tot jou agterkeel toe, gooi kop agteroor en laat die
> soutwater sy werk doen. Net so vir 'n minuut of wat. As jy nou jou kop
> laat sak en die soutwater laat uitloop sal jy sulke ander geel goete ook
> sien saamkom. Doen dit keer op keer tot die glas water op is en jy sal
> voel dat jou neusgate wonderlik oop is. Doen elke aand tot jy nie meer
> sinus het nie......... Beste van alles, jy het tot dan nog nie 'n rand
> uitgegee nie!
Re: Help - asseblief [boodskap #88977 is 'n antwoord op boodskap #88974] Do, 08 Januarie 2004 21:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dingus  is tans af-lyn  Dingus
Boodskappe: 187
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Senior Lid
Check of daar nie miskien die gebruik van kemikaale in die gebiet. Kuir
hierdie site http://www.naturescountrystore.com/roundup/ vir verder
informasie.

"Elaine" skryf in boodskap news:btkan1$nl4$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dankie - ek suig "Halls" laat dit by my ore uitkom. My vriendin wat by 'n
> dokter werk het te vertelle dat almal hierdie jaar (in hierdie area in elk
> geval) sukkel met sinus en gastro van alle dinge. Glo die onaardse weer wat
> ons het wat help om die kieme te versprei.
>
> E
>
> "@rogers.com" wrote in message
> news:ggfLb.51340$1g41.42258@twister01.bloor.is.net.cable.rog ers.com...
>>
>> "Elaine" wrote
>>
>>> Enige boereraad, eie ondervinding
>>
>> Elaine, ek het nooit van "cough drops" gehou nie.
>> Maar 'n ruk gelede het ek met iets begin wat my
>> verbaas. Ek het, tydens 'n swaar verkoue verlede
>> jaar die cough drops ( hoeslekkertjies?) gekoop,
>> die regtige sterk ouens met die mentholatum in,
>> en dan suig ek dit elke keer as ek begin hoes, en
>> as die hoes ophou, neem ek dit uit my mond uit,
>> sit dit in 'n bakkie, tot die volgende hoesaanval.
>> Ek het tot dusver hierdie winter nog geen verkoue
>> en hoesaanval gehad het, en al wat ek kan dink is
>> dat die gereelde gebruik van die mentholatum my
>> goed doen en verhoed dat ek verkoue kry. Dit mag
>> toeval wees maar ek wonder darem. Die nuutste
>> denke is mos dat mens nie moet toelaat dat jy
>> ongekontrolleerd hoes nie, en hulle skryf nou kort-
>> termyn inasem-middels voor vir sulke hoes.
>> Hier in Noord-Amerika het ons hierdie winter
>> glo 'n soort griep wat nie ingesluit is in die griep-
>> inentings nie, en dit laat sterf hoofsaaklik klein
>> kindertjies. Ons het dit nog nie hier in Ottawa nie,
>> maar daar is allerhande soort griepe in ander stede.
>> Die storie in die winter is dat warm winters die
>> griepkieme aanmoedig, en baie koue weer die kieme
>> doodmaak. Vandag is dit - 21 C daarbuite, gelukkig
>> met son. Ek hoop al die kieme krepeer van die
>> koue.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Help - asseblief [boodskap #88978 is 'n antwoord op boodskap #88973] Do, 08 Januarie 2004 21:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 8 Jan 2004 21:21:24 +0200, "Elaine" wrote:
> Dankie ek sal bietjie hoor by die dokter van die inenting. Die idee om
> dokter toe te gaan begin vreeslik aanloklik lyk. Ek het as 'n kind sulke
> sinus aanvalle gekry, al wat gewerk het was 'n "nebulizer" en kortisoon.
> Dit het weggegaan toe ek na 'n "skoner" dorp toe getrek het. Nou's ek terug
> tussen Sasol en Iskor en die aanvalle is ook terug.
>
> E

Sasol? Dis petroleumindustrie, nè? Ai, baie sleg vir neus, keel en
ore! Dit hang daar van af wat hulle maak natuurlik. In die
munisipaliteit naas myne staan 'n klein raffinadery. Die aandoenings
aan neus, keel en ore, vernaamlik by kindere, is daar van die hoogste
in ons land. Moet dit seker vir jou dokter sê en vra of hy 'n verband
sien! Maar miskien sal hy dit self ook al weet as jy hom vertel waar
jou huis staan. Baie tipies!

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Help - asseblief [boodskap #88985 is 'n antwoord op boodskap #88978] Vr, 09 Januarie 2004 02:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja Sasol maak petrol - die een in Sasolburg vervaardig deesdae net goed soos
was, amoniak, fenol en die klas van "afval" produkte. Ou dokter het nog vir
my gesê die enigste raad is om see toe te trek! Almal wat in die area bly (4
dorpe) sukkel met goed soos asma, kroniese sinus, oor ontsteking en
lugweginfeksies. Ag nee, ek weetie hoekom ek teruggekom het nie.

E

"Sterrenkijker" wrote:

> Sasol? Dis petroleumindustrie, nê? Ai, baie sleg vir neus, keel en
> ore! Dit hang daar van af wat hulle maak natuurlik. In die
> munisipaliteit naas myne staan 'n klein raffinadery. Die aandoenings
> aan neus, keel en ore, vernaamlik by kindere, is daar van die hoogste
> in ons land. Moet dit seker vir jou dokter sê en vra of hy 'n verband
> sien! Maar miskien sal hy dit self ook al weet as jy hom vertel waar
> jou huis staan. Baie tipies!
>
> Norbert (uit Vlaandere)
>
Re: Help - asseblief [boodskap #88998 is 'n antwoord op boodskap #88985] Vr, 09 Januarie 2004 12:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 9 Jan 2004 04:59:17 +0200, "Elaine" wrote:
> Ja Sasol maak petrol - die een in Sasolburg vervaardig deesdae net goed soos
> was, amoniak, fenol en die klas van "afval" produkte. Ou dokter het nog vir
> my gesê die enigste raad is om see toe te trek! Almal wat in die area bly (4
> dorpe) sukkel met goed soos asma, kroniese sinus, oor ontsteking en
> lugweginfeksies. Ag nee, ek weetie hoekom ek teruggekom het nie.
>
> E

Dis miskien hartverskeurend, Elaine, maar ek vrees jy sal 'n logiese
besluit moet neem!

Groete uit Vlaandere,

Norbert
Re: Help - asseblief [boodskap #89027 is 'n antwoord op boodskap #88998] Sa, 10 Januarie 2004 00:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja - trek Alaska toe, daar's die lug nog mooi skoon! Ons gaan in elk geval
(tien teen een) oor 3 maande weer trek. Weetie waarheen hierdie keer nie -
ek pak maar net die tassies en ry/vlieg saam :))

E

"Sterrenkijker" wrote:

> Dis miskien hartverskeurend, Elaine, maar ek vrees jy sal 'n logiese
> besluit moet neem!
>
> Groete uit Vlaandere,
>
> Norbert
Re: Help - asseblief [boodskap #89052 is 'n antwoord op boodskap #89027] Sa, 10 Januarie 2004 19:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 10 Jan 2004 02:30:16 +0200, "Elaine" wrote:

> Ja - trek Alaska toe, daar's die lug nog mooi skoon! Ons gaan in elk geval
> (tien teen een) oor 3 maande weer trek. Weetie waarheen hierdie keer nie -
> ek pak maar net die tassies en ry/vlieg saam :))
>
> E
>
Heee!!!!! Elaine!!!!!! Sê asseblief vir my: "Jy mag met ons
meegaan!!!!!!!!!"

Norbert

(Langs die andere kant: pas op vir Alaska! Daar is baie sandvlooie en
muggies.., wat steek! Jy moet maar eens lees oor die eerste snelweg
wat hulle daar aangelê het! Dis nie steeds baie gesond daar nie! Jy
sal daar seker geen hoes meer hê nie maar miskien tog heelwat
muggiesteke! Het jy al ooit die binnekant van 'n rendierpels gesien?
Ek het een wat aan die muur van my slaapkamer hang. Dis net of daardie
diertjie het 'n skot met hael in sy rug gekry! :-) )
Re: Help - asseblief [boodskap #89225 is 'n antwoord op boodskap #88955] Wo, 14 Januarie 2004 21:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 8 Jan 2004 12:18:50 +0200, "Elaine" wrote:

> Enige goeie raad vir vrot sinus? Ek hoes die laaste paar dae lemmetjies en
> die hoesgoed wat die apteker gegee het werk nie. Ek hoes tot ek naar word
> en dan hoes ek nog. Die demazin het darem die drup opgedroog, maar dis ook
> maar al. Die apteker het nogal gewaarsku ek moet nie meer as 2 'n dag van
> die goed drink nie, maar dit werk net vir so 3 ure en dan's die afskuwelik
> drup terug.
> Ek is klaar deur twee bottels wit dulsies, 'n halfjack brandewyn (ek het 5
> dae laas ordentelik geslaap. Ek was desperaat.), 'n bottel 4 Flu, amper 'n
> pakkie Demazin en 'n bottel Linctopent.
>
> Enige boereraad, eie ondervinding, chemiese middels, alkohol, drips,
> operasies of dwelms wat dalk kan help asb.?
>
> Dankie
>
> Elaine
>

Elaine, dekades gelede het ek 'n ernstige sinus probleem gehad.
Een huisarts het so ver gegaan om te sê dat ek daarmee moet
leer saamleef. Ek glo dat dit daardeur is wat ek toe 'n migraine
probleem ontwikkel het.

'n Doktor in filosofie aan die universiteit van Potchefstroom
het dit genees. Hy het genesing gewaarborg. Die behandeling
wat hy toegepas het, was deur die pasiënt voor 'n Hi-Fi (looks)
tipe masjien te laat sit. My neusholtes het hy dmv 'n langneustang
volgepak met watte wat met 'n sinkvloeistof deurweek was. Daar
sou heelwaarskynlik meer middels by gewees het, maar my
nuuskierigheid is so beantwoord. Toe het hy 'n band om my regtergewrig
gebind wat dmv 'n koord aan die HI FI tipe masjien verbind was, en ook
'n harnas op my kop waarvandaan 'n koord na die masjien gelei het.

Die masjien is aangeskakel, (hoegenaamd geen efek word gevoel) en
dan sit hy 20 minute en gesels terwyl jy moet terug gesels met 'n toe
neusholte:-)

Sewe dae later die selfde behandeling en hy het genesing gewaarborg.

Met die hernuwing van my vlieënierslisensie minder as drie maande
later, is daar X strale van my sinusholtes geneem, en die verslag was,
'No trace of a mass'.

Ek het nooit weer sinus ontwikkel nie. Ek het ook 'n vriend daarheen
geneem, en sy probleem is ook opgelos.

Later het ek dit aan 'n dokter vertel, wat gesê het dat hy van die
masjien in 'n mediese tydskrif gelees het.

Nog later het ek 'n brief gekry van die doktor se seun, wat ook die
titel dr. gebruik, en heelwaarskynlik ook nie medies is nie, wat gesê
het dat hy sien dat ek een van sy pa se pasiënte was. Die brief was
om te sê dat sy pa oorlede is, en hy nou vanaf 'n Johannesburgse
adres dieselfde behandeling toepas.

Ek weet dat die inligting karig is, maar ten minste sê dit dat sinus
met 'n waarborg genees kan word. En miskien kan 'n mediese
dokter jou meer daarvan vertel. Die doktor by wie ek was, het dit
in sy huis gedoen. My afleiding was dat sy seun dit ook vanuit sy huis
doen, want die gegewe adres was 'n woonadres, as ek reg onthou.

Dit was, soos gesê, dekades gelede. Heelwaarskynlik is die toestel
gemoderniseer. Vra 'n huisdokter (of drie) of enige van hulle daarvan
weet.

Dave
Re: Help - asseblief [boodskap #89271 is 'n antwoord op boodskap #89225] Do, 15 Januarie 2004 23:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dankie - ek sal bietjie rondvra by die dokters of daar so iets beskikbaar
is.

"DD" wrote:

> Elaine, dekades gelede het ek 'n ernstige sinus probleem gehad.
> Een huisarts het so ver gegaan om te sê dat ek daarmee moet
> leer saamleef. Ek glo dat dit daardeur is wat ek toe 'n migraine
> probleem ontwikkel het.
Help - asseblief [boodskap #120660 is 'n antwoord op boodskap #89271] Ma, 09 Julie 2018 09:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
elsie.peyper  is tans af-lyn  elsie.peyper
Boodskappe: 1
Geregistreer: Julie 2018
Karma: 0
Junior Lid
Help asb, ek sit in Australië op vakansie, hier kry jy nie ordentlike medisyne nie, ek het 'n baie droë asma hoes (baie slym op die bors maar kry dit nie uit gehoes nie)! Ek weet my ouma het toe ons kinders was suurlemoen en heuning gemeng (dit kan ek hier kry). Hoe maak ek dit?
Re: Help - asseblief [boodskap #120661 is 'n antwoord op boodskap #120660] Ma, 09 Julie 2018 20:21 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Jy kan die volgende probeer:
  • Kook water en skink in 'n koppie.
  • Voeg 1 eetlepel heuning en 1 eetlepel suurlemoensap by.
  • Drink 2 tot 3 keer 'n dag om asma te verlig.
Vorige onderwerp: Terug na Ou Medisyne?
Volgende onderwerp: Behandeling teen Covid-19
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 17:48:36 MGT 2024