Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Gebed om leiding " deur M.M. WALTERS
" Gebed om leiding " deur M.M. WALTERS [boodskap #87832] Di, 02 Desember 2003 01:15 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
M.M. Walters

Gebed om leiding

Die leser wat hierin 'n aanval lees op enige
spesifieke gemeente begryp die strekking van die gedig nie.

Heer, U weet dat ek gelukkig is hier
in die gemeente Stellenbosch-Sentraal,
want veel seëninge ontvang ek op my werk:
deur my huisbesoek op geselekteerde testamente
is gemeentlike fondse reeds met duisende versterk.

U weet hoe die lidmate vir ons sorg:
die vrieskaste bult buitentoe, oorvol
is ons kelder van die goeie dade -
ons drink rooiwyn wat sewe jaar gerus het
saam met die vet braaivleis van genade.

U weet die kinders moet universiteit toe
en die koshuise is duur en vol en waar
is daar 'n pastorie met sewe huurstudente?
Net op Stellenbosch is so 'n kans vir dié goue gans
toelaatbaar volgens kerklike reglemente.

Ek speel in die eerste tennisspan
en ons wen nou al drie jaar na mekaar.
Maar 'n mens moet kompetisie hê - U weet:
soos Satan elke Sondagmôre
sy invloed teen u roepstem meet.

U kudde val nou die kuns ten prooi
want godslastering word verlig en letterkundig mooi.
Hoe kan ek bly waarsku teen die bose spel
as ek nie sêlf, met my komplimentêre kaartjie,
my slagyster in die Thom gaan stel?

(Die klein sondetjies met my buurvrou
het ek alreeds voor U bely - net nou en dan
bedien ons nog die sakramente.
Kan ek haar dan sommer sê laat staan,
sonder groetnis sê en komplimente?)

Ag, en die akademiese omgaan en verkeer
met al die professore, hoe kan ek dit ontbeer -
ék wat so graag delf in die duisterhede,
so lank gewag het op 'n kweekskoolstem
in antwoord op my broederse gebede.

Nou kom U met dié beroep
na die sendinggemeente op Merweville .
vir mý, gereelde voorsitter van die Ring!
Alle grappies op 'n stokkie, Meester,
is U ernstig met die ding?
Re: " Gebed om leiding " deur M.M. WALTERS [boodskap #87907 is 'n antwoord op boodskap #87832] Do, 04 Desember 2003 02:47 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - baie dankie vir die plasing van die gedig. Dit som die waarnemings in
my onmiddelike omgewing haarfyn op. Ek bly ook in 'n
"universiteits-oord"-omgewing.
Nou moet ek net van hierdie balk ontslae raak ...

"@rogers.com" wrote in message
news:VIRyb.323$Y4R1.151@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com ...
> M.M. Walters
>
> Gebed om leiding
>
> Die leser wat hierin 'n aanval lees op enige
> spesifieke gemeente begryp die strekking van die gedig nie.
>
> Heer, U weet dat ek gelukkig is hier
> in die gemeente Stellenbosch-Sentraal,
> want veel seëninge ontvang ek op my werk:
> deur my huisbesoek op geselekteerde testamente
> is gemeentlike fondse reeds met duisende versterk.
>
> U weet hoe die lidmate vir ons sorg:
> die vrieskaste bult buitentoe, oorvol
> is ons kelder van die goeie dade -
> ons drink rooiwyn wat sewe jaar gerus het
> saam met die vet braaivleis van genade.
>
> U weet die kinders moet universiteit toe
> en die koshuise is duur en vol en waar
> is daar 'n pastorie met sewe huurstudente?
> Net op Stellenbosch is so 'n kans vir dié goue gans
> toelaatbaar volgens kerklike reglemente.
>
> Ek speel in die eerste tennisspan
> en ons wen nou al drie jaar na mekaar.
> Maar 'n mens moet kompetisie hê - U weet:
> soos Satan elke Sondagmôre
> sy invloed teen u roepstem meet.
>
> U kudde val nou die kuns ten prooi
> want godslastering word verlig en letterkundig mooi.
> Hoe kan ek bly waarsku teen die bose spel
> as ek nie sêlf, met my komplimentêre kaartjie,
> my slagyster in die Thom gaan stel?
>
> (Die klein sondetjies met my buurvrou
> het ek alreeds voor U bely - net nou en dan
> bedien ons nog die sakramente.
> Kan ek haar dan sommer sê laat staan,
> sonder groetnis sê en komplimente?)
>
> Ag, en die akademiese omgaan en verkeer
> met al die professore, hoe kan ek dit ontbeer -
> ék wat so graag delf in die duisterhede,
> so lank gewag het op 'n kweekskoolstem
> in antwoord op my broederse gebede.
>
> Nou kom U met dié beroep
> na die sendinggemeente op Merweville .
> vir mý, gereelde voorsitter van die Ring!
> Alle grappies op 'n stokkie, Meester,
> is U ernstig met die ding?
>
Vorige onderwerp: " Die boodskap aan Maria " deur NP van Wyk LOUW
Volgende onderwerp: " So long Skipskop " deur DAVID KRAMER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 05:24:10 MGT 2024