Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Troeteldiere » Apies - Raad
Re: Apies - Raad [boodskap #82393 is 'n antwoord op boodskap #82328] Ma, 18 Augustus 2003 08:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dink jy nie daar sou veel minder fokops rondgeloop het as ouers eers
opleiding kry voor die 'maak' nie? Al wat ek in hierdie wildryke land van
ons weet, is dat bitter min mense werklik weet hoe om reg met wilde diere te
werk. Troeteldier van 'n wilde dier te maak is maklik, maar om die dier
reg te hanteer sodat hy na die 'wilde' toe kan terug, is 'n ander......
Probleem is egter dat maklik die groot meerderheid van wilde diere wat
troeteldiere gemaak word, word probleemdiere sodara hulle groot is en dan
word hulle uitgesit omdat hul hanteerders hulle nie meer kan hanteer nie.
Nou wie se skuld is dit?

"Annette" skryf in boodskap news:bhkl74$g7vm$6@ID-92016.news.uni-berlin.de...
> Hoekom? Watter jong ouers kry eers opleiding voordat hulle hul telge kan
> grootnaak?
> Annette
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3f3dd211.0@news1.mweb.co.za...
>> Is ek reg dat as jy en jou man wilde diere wil begin aanhou dat julle die
>> regte opleiding vooraf sal kry?
>> "Elaine" wrote in message
>> news:3f3d694b$0$230@hades.is.co.za...
>>> Ek waat jy spot sommer :)) Dis hoekom ek gesê het jy moenie spot nie. Nog
>>> erger is dat Chimps (in Afrikaans Sjimpansee of iets) se DNS 99% dieselfde
>>> as mense s'n is.
>>>
>>> As jy regtig wil weet "Orang-outang" is Orang-Oetang in Afrikaans, maar ek
>>> is nou nie juis iemand wat my steur aan die regte spelling nie - soos wat
>>> die Spellchecker van die groep wel aan jou sal uitwys :-)
>>>
>>> E
>>>
>>> "Glücklich" wrote in message
>>> news:Rud%a.1234$Q_.204@fe03.atl2.webusenet.com...
>>>> Ek grap net maar ek het ook al iets soortgelyks gehoor.
>>>>
>>>> Ek het gehoor dat die "Orangutans" se DNA 97% dieselfde is as die van
>>> mense.
>>>>
>>>> Snaaks ook dat die woord "Orangutan" beteken "Man van die woud" in die
>>>> inheemse Malay taal.
>>>>
>>>> (As die antie eendag weer haar Peee Ceee aangeskakel kan kry sal sy my kan
>>>> uithelp met die regte afrikaanse spelling vir hierdie soort ape)
>>>
>>
>
Re: Apies - Raad [boodskap #82395 is 'n antwoord op boodskap #82393] Ma, 18 Augustus 2003 08:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek wil nie leeus aanhou nie hoor.

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:3f408dd0.0@news1.mweb.co.za...
> Dink jy nie daar sou veel minder fokops rondgeloop het as ouers eers
> opleiding kry voor die 'maak' nie? Al wat ek in hierdie wildryke land van
> ons weet, is dat bitter min mense werklik weet hoe om reg met wilde diere te
> werk. Troeteldier van 'n wilde dier te maak is maklik, maar om die dier
> reg te hanteer sodat hy na die 'wilde' toe kan terug, is 'n ander......
> Probleem is egter dat maklik die groot meerderheid van wilde diere wat
> troeteldiere gemaak word, word probleemdiere sodara hulle groot is en dan
> word hulle uitgesit omdat hul hanteerders hulle nie meer kan hanteer nie.
> Nou wie se skuld is dit?
Re: Apies - Raad [boodskap #82417 is 'n antwoord op boodskap #82214] Ma, 18 Augustus 2003 13:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
FoilCut[1]  is tans af-lyn  FoilCut[1]
Boodskappe: 29
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Junior Lid
Daai goete piepie almal ewe stink - you huis ruik naand nes 'n
openbare toilet !
Susan

"Elaine" skryf in boodskap news:3f3bc694$0$229@hades.is.co.za...
> My man het besluit hy wil 'n apie van een of ander aard hê. Ek sweer my
> huis gaan een van die dae soos die Osbournes s'n lyk - meer diere as mense.
> In elk geval, hy wil met alle mag en krag 'n Marmoset hê, maar ek het gelees
> hulle kan vreeslik aggressief raak wanneer hulle in hulle "tiener" jare is.
> As hulle daai ouderdom bereik is dit soms beter vir hulle om 'n maatjie van
> die teenoorgestelde geslag te hê, wat beteken ek sal twee Marmosettes moet
> koop in plaas van net een.
> Die vraag is nou, is daar nie ander apies wat ek kan kry nie? Ek sal darem
> eers ordentelik navorsing doen voordat ek die diertjies gaan koop, ek wil
> net nie wild en wakker gaan staan en apies koop en dan weet ek nie wat om
> met die goedjies te maak nie. Voordat almal begin preek en worry, sal ek
> julle gerusstel, ek het darem tussen diere grootgeword en het al met my eie
> twee hande twee blesbokkies grootgemaak. Wanneer dit by diere kom het ek 'n
> "natuurlike" instink en aangesien ek heeldag by die huis is, sal die apies
> genoeg aandag kry. Ek weet net nie watter spesie die beste vir my sal wees
> nie.
> Die honde sal ook nie 'n probleem wees nie. Hulle is goed gesosialiseer en
> kom goed oor die weg met ander diere. Net nie voëls en katte nie, maar
> hulle het tot dusver geen aggressie teenoor ander mense of diere getoon nie
> (behalwe vir voëls en katte). Enige raad sal waardeer word.
>
> Groete
> Elaine
>
Re: Apies - Raad [boodskap #82424 is 'n antwoord op boodskap #82417] Ma, 18 Augustus 2003 15:16 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink nie julle verstaan nie. Ek het nie 'n keuse nie - 'n aap gaat ek 'n
aap kry of ek nou een wil hê of nie, nou maak ek maar net die beste van 'n
slegte saak :))

"FoilCut" skryf in boodskap news:bhqjbv$20l$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Daai goete piepie almal ewe stink - you huis ruik naand nes 'n
> openbare toilet !
> Susan
Vorige onderwerp: Jack Russel
Volgende onderwerp: Brood op die water
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 07:37:18 MGT 2024