Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Die lied van Suid-Afrika " deur EUGENE MARAIS
" Die lied van Suid-Afrika " deur EUGENE MARAIS [boodskap #79235] Sa, 14 Junie 2003 02:42 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Eugène N. Marais
Die lied van Suid-Afrika

Sy sê: "Ek vorder as 'n heil'ge reg
"Die vrug van eindelose pyn;
"Ek smyt hulle oor die berge weg,
"En smoor hulle in die sandwoestyn."

Sy sê: "Nooit het ek iets gegee;
"Ek laat hulle honger, dors en bloei;
"Hulle worstel deur en sterf gedwee,
"En min my as 'n vlam wat skroei.

"Tien male moes hulle veg vir my,
"Tien male moes hulle kerm en stoei,
"Tien male in die stof gebrei,
"Tien male opstaan weer en bloei.

"My liefde duld geen ewenaar -
"Vergeefs die weeklag van die vrou,
"Van kleintjies al die stom gebaar:
"My liefde verg 'n enkel trou.

"Hulle diepste hoop is lang verteer,
"Vergaan in rook en as en bloed,
"Hulle sak aanbiddend om my neer,
"Ek voel hulle trane op my voet.

"Ek adem nooit hulle name meer,
"Nooit kon ek hulle kinders noem;
"In vreemde tale hoor ek weer
"Die dowwe fluistering van hulle roem.

"En vlymend soos 'n swaard, geheg
"Bly van my liefde slegs die pyn;
"Ek smyt hulle oor die berge weg,
"En smoor hulle in die sandwoestyn."

(Aan die hand gegee deur die Ierse gedig "Aughrim".)
Re: " Die lied van Suid-Afrika " deur EUGENE MARAIS [boodskap #79251 is 'n antwoord op boodskap #79235] Sa, 14 Junie 2003 21:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3EEA8BF5.9090004@rogers.com...
> Eugène N. Marais
> Die lied van Suid-Afrika

>
> (Aan die hand gegee deur die Ierse gedig "Aughrim".)

Dit is nogal interessant om Marais se gedig te vergelyk met die Ierse gedig.

Emily Lawless
After Aughrim

She said, "They gave me of their best,
They lived, they gave their lives for me;
I tossed them to the howling waste,
And flung them to the foaming sea."

She said, "I never gave them aught,
Not mine the power, if mine the will;
I let them starve, I let them bleed,--
They bled and starved and loved me still."

She said, "Ten times they fought for me,
Ten times they strove with might and main,
Ten times I saw them beaten down,
Ten times they rose, and fought again."

She said, "I stayed alone at home,
A dreary woman, grey and cold;
I never asked them how they fared,
Yet still they loved me as of old."

She said, "I never called them sons,
I almost ceased to breathe their name,
Then caught it echoing down the wind,
Blown backwards from the lips of Fame."

She said, "Not mine, not mine that fame;
Far over sea, far over land,
Cast forth like rubbish from my shores,
They won it yonder, sword in hand."

She said, "God knows they owe me naught,
I tossed them to the foaming sea,
I tossed them to the howling waste,
Yet still their love comes home to me."

Lorinda
Re: " Die lied van Suid-Afrika " deur EUGENE MARAIS [boodskap #79254 is 'n antwoord op boodskap #79251] Sa, 14 Junie 2003 22:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Lorinda wrote:

> Dit is nogal interessant om Marais se gedig te vergelyk met die Ierse gedig.
>
> Emily Lawless
> After Aughrim

Mens vergeet soms watter bande daar tussen
Ierland en Nederland was, soveel so dat mens
nog vandag die "Orangemen" het van Noord-
Ierland, wat een van die Willem van Oranje's
as hulle held beskou. Ek dink die een wat
hulle eer, is een wat ongeveer gebore is toe
Jan van Riebeeck na die Kaap gekom het.

Gloudina
Re: " Die lied van Suid-Afrika " deur EUGENE MARAIS [boodskap #79269 is 'n antwoord op boodskap #79254] So, 15 Junie 2003 08:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3EEB9F82.1040109@rogers.com...
> Lorinda wrote:
>
>
>> Dit is nogal interessant om Marais se gedig te vergelyk met die Ierse gedig.
>>
>> Emily Lawless
>> After Aughrim
>
> Mens vergeet soms watter bande daar tussen
> Ierland en Nederland was, soveel so dat mens
> nog vandag die "Orangemen" het van Noord-
> Ierland, wat een van die Willem van Oranje's
> as hulle held beskou. Ek dink die een wat
> hulle eer, is een wat ongeveer gebore is toe
> Jan van Riebeeck na die Kaap gekom het.
>
> Gloudina
>

Die protestante in Noord-Ierland eer die Willem van Oranje wat later
William III van Engeland geword het - hy het die Katolieke in Ierland
verslaan by die Battle of the Boyne, wat tot vandag toe nog bitterheid
veroorsaak in Ierland. Soveel so dat die Katolieke in Ierland nie kon glo
dat Prince Charles sy oudste seun William genoem het nie (as die Engelse
werklik 'n versoenings beleid in Ierland probeer volg).

Lorinda
Re: " Die lied van Suid-Afrika " deur EUGENE MARAIS [boodskap #120870 is 'n antwoord op boodskap #79235] Ma, 05 November 2018 12:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
mjh  is tans af-lyn  mjh
Boodskappe: 1
Geregistreer: November 2018
Karma: 0
Junior Lid
Hierdie is 'n gedig oor karma en reïnkarnasie.
Re: " Die lied van Suid-Afrika " deur EUGENE MARAIS [boodskap #120871 is 'n antwoord op boodskap #120870] Ma, 05 November 2018 17:45 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Volgens Wikipedia: "Die lied van Suid-Afrika stel Suid-Afrika voor as bose stiefmoeder van die Afrikanervolk, wat onverskillig staan teenoor die leed van haar kinders en van haar onderdane slegs onkritiese trou eis, vir sy tyd 'n gewaagde ideologie. Die digter sien in hierdie gedig pyn as noodsaaklike lewensbeginsel en die sleutel tot die geheim van die natuur. P. du P. Grobler toon in sy boek Verkenning aan dat hierdie gedig 'n verwerking is van Emily Lawless se Engelse gedig After Aughrim, alhoewel Marais se gedig in die algemeen 'n verbetering is van die oorspronklike."
Vorige onderwerp: "Die Sterre" deur C.M. Van den Heever
Volgende onderwerp: "Eensaamheid" deur Jan F.E. Cilliers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 08:53:46 MGT 2024