Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Onderwys & opvoeding » Dissipline en lyfstraf op universiteitskoshuise
Dissipline en lyfstraf op universiteitskoshuise [boodskap #79011] Ma, 09 Junie 2003 08:14 na volgende boodskap
Marius Roets  is tans af-lyn  Marius Roets
Boodskappe: 4
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Junior Lid
Die hele storie oor die aktiwiteite in die Majuba manskoshuis, en
stories oor die gemaskerde MIA (Majuba Interne Alliansie) wat studente
'straf' wat die koshuis se eer en naam skade aandoen, het my my eie
studentedae laat onthou.
Ek gaan nie sê watter uni of koshuis dit was nie, maar ons het 'n
pa-seun stelsel gehad waar elke eerstejaar aan 'n senior student
'toevertrou' is. "Pa's" moes toesien dat hul "seuns" goed aanpas en
insakekel by die koshuis. Hy moes ook goed tred hou van sy seun se
akademiese vordering. Enige probleme kon dan vertroulik met die seun
hanteer word. Die stelsel het baie geod gewerk, maar het ook 'n donker
kant gehad : Lyfstraf.
In gevalle waar 'seuns' sleg oor die lyn getrap het, kon 'n pa sy seun
straf deur lyfstraf toe te dien. Gewoonlik was dit so 6 of 7 houe met
'n plak ('n hout plank met handvatsel). Elke pa het een gehad, en die
meeste van die gevalle is die lyftraf in goeie gees uitgedien. Ek
onthou telke male wat ons 'seuns' die hale met mekaar vergelyk het, en
gestry het oor wie se pa nou eintlik die hardtse slaan.
Die reël was altyd dat 'n tweede senior moes teenwoordig wees tydens
die lyfstraf, maar dis baie selde gehoorsaam. Ek weet van verskeie
eerstejaars wat dan sommer deur die tweede senior ook bygedam is.
Die rede waarom die Majuba insident my hieraan laat dink het, was 'n
geval waar 3 eerstejaars dronk geword het in die dorp, en hul
eskapades in die studentekoearntjie beland het, met die koshuis se
naam daarby. Hulle is later daardie week deur omtrent 10 gemaskerde
seniors uit hul kamers gehaal, en voor die hele koshuis gestraf. Hulle
moes kaal uittrek, buk en het die allerverskrikliskte pak slae gekry
wat ek nog ooit gesien het.
Die verskil tussen toe en nou is dat hulle dit soos manne gevat het,
an goed saamgewerk het vir die res van hul kosuis-loopbane.
Wat is julle daar buite se idee oor sulke 'straf'-reëls in koshuise ?
En wat is jul eie ondervindinge ?
Re: Dissipline en lyfstraf op universiteitskoshuise [boodskap #79017 is 'n antwoord op boodskap #79011] Ma, 09 Junie 2003 09:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ons het 'n blougat/ouman stelsel in die "army" gehad. Dit het goed gewerk
totdat ek my ouman gemoer het. Daarom het ek nie 'n blougat gehad om my
skiewwie werk te doen toe ek 'n "ouman" geword het nie - dit het my nie
gepla nie.
Vakleerlingskap is 'n integrale deel van die westerse samelewing. Ek
ondersteun dit volmondig. Daar is ongelukkig ouens wat hulle aan vergrype
skuldig maak - maar m.i. daar is voldoende teenwigte om die balans te
herstel.
Op varsity was die meeste van die tweedejaars ouens wat nog nie
weermagopleiding gedoen het nie - ek het hulle soos 'n stopstraat
geignoreer. (Bygesê, ek was nie op koshuis gewees nie...)

Ek ondersteun die manne van Majuba wat boomrokers wou uitroei.

"Marius Roets" skryf in boodskap news:a888a380.0306090014.687dea44@posting.google.com...
> Die hele storie oor die aktiwiteite in die Majuba manskoshuis, en
> stories oor die gemaskerde MIA (Majuba Interne Alliansie) wat studente
> 'straf' wat die koshuis se eer en naam skade aansteslel in die doen, het my my eie
> studentedae laat onthou.
> Ek gaan nie sê watter uni of koshuis dit was nie, maar ons het 'n
> pa-seun stelsel gehad waar elke eerstejaar aan 'n senior student
> 'toevertrou' is. "Pa's" moes toesien dat hul "seuns" goed aanpas en
> insakekel by die koshuis. Hy moes ook goed tred hou van sy seun se
> akademiese vordering. Enige probleme kon dan vertroulik met die seun
> hanteer word. Die stelsel het baie geod gewerk, maar het ook 'n donker
> kant gehad : Lyfstraf.
> In gevalle waar 'seuns' sleg oor die lyn getrap het, kon 'n pa sy seun
> straf deur lyfstraf toe te dien. Gewoonlik was dit so 6 of 7 houe met
> 'n plak ('n hout plank met handvatsel). Elke pa het een gehad, en die
> meeste van die gevalle is die lyftraf in goeie gees uitgedien. Ek
> onthou telke male wat ons 'seuns' die hale met mekaar vergelyk het, en
> gestry het oor wie se pa nou eintlik die hardtse slaan.
> Die reël was altyd dat 'n tweede senior moes teenwoordig wees tydens
> die lyfstraf, maar dis baie selde gehoorsaam. Ek weet van verskeie
> eerstejaars wat dan sommer deur die tweede senior ook bygedam is.
> Die rede waarom die Majuba insident my hieraan laat dink het, was 'n
> geval waar 3 eerstejaars dronk geword het in die dorp, en hul
> eskapades in die studentekoearntjie beland het, met die koshuis se
> naam daarby. Hulle is later daardie week deur omtrent 10 gemaskerde
> seniors uit hul kamers gehaal, en voor die hele koshuis gestraf. Hulle
> moes kaal uittrek, buk en het die allerverskrikliskte pak slae gekry
> wat ek nog ooit gesien het.
> Die verskil tussen toe en nou is dat hulle dit soos manne gevat het,
> an goed saamgewerk het vir die res van hul kosuis-loopbane.
> Wat is julle daar buite se idee oor sulke 'straf'-reëls in koshuise ?
> En wat is jul eie ondervindinge ?
Re: Dissipline en lyfstraf op universiteitskoshuise [boodskap #79019 is 'n antwoord op boodskap #79017] Ma, 09 Junie 2003 09:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
My pa het my 'n storie vertel van sy eerste jaar op varsity. Hy is direk na
matriek eers universiteit toe waar hy regte gaan swot het. My pa wou army
toe, my oupa wou hê hy moes eers varsity toe... Anyhoo, my pa is weg Potch
toe en het in een van die koshuise daar gebly. Hy het ook een van daai
seniors gehad wat van hom (pa) verwag het om te spring as hy vingers klap.
My pa vertel hy was een aand hard aan die studeer vir sy finale eksamen, en
elke half uur skreeu sy senior "eerstejaar - koffie!" en elke keer moet my
pa sy eie studies los en opspring om koffie te gaan maak. Nou moet julle
verstaan dat my pa moeilik leer en as jy sy ritme breek is hy in sy glory en
moet hy van voor af begin. Elke keer as die senior my pa onderbreek moes hy
letterlik van voor af begin met dit wat hy besig was om te leer. My pa
vertel hier na die 5de keer se "eerstejaar - koffie!" het hy solidly sy moer
gepluk en in die senior se koffie.. uhm... geurineer :-)). Shame, hulle het
my pa geteer en geveer daai aand, en hom kaalgat voor die dameskoshuis gaan
aflaai. Die volgende jaar is my pa weermag toe waar hy vir amper 12 jaar
lank gebly het.

E

"Jonas" skryf in boodskap news:bc1irs$9gl$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ons het 'n blougat/ouman stelsel in die "army" gehad. Dit het goed gewerk
> totdat ek my ouman gemoer het. Daarom het ek nie 'n blougat gehad om my
> skiewwie werk te doen toe ek 'n "ouman" geword het nie - dit het my nie
> gepla nie.
> Vakleerlingskap is 'n integrale deel van die westerse samelewing. Ek
> ondersteun dit volmondig. Daar is ongelukkig ouens wat hulle aan vergrype
> skuldig maak - maar m.i. daar is voldoende teenwigte om die balans te
> herstel.
> Op varsity was die meeste van die tweedejaars ouens wat nog nie
> weermagopleiding gedoen het nie - ek het hulle soos 'n stopstraat
> geignoreer. (Bygesê, ek was nie op koshuis gewees nie...)
Re: Dissipline en lyfstraf op universiteitskoshuise [boodskap #79020 is 'n antwoord op boodskap #79011] Ma, 09 Junie 2003 09:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
By die dameskoshuise is alle "luxuries" weggeneem, selfs haardroërs en die
eerste 3 maande slaap jy op die vloer met jou kop onder 'n stoel. Jy mag
nie huis toe gaan of bel nie. Van die seniors het baie duur goed soos
parker penne gevat en gehou. Die ma's en pa's was nooit gelukkig nie.
Eerstejaar in 'n koshuis bou karakter, maar ek voel hulle moet darem
matigheid voor oë hou. Lyfstraf of enigiets wat jou menslikheid aantas is,
myns insiens, verbode. "Ontgroening" is een ding, maar ek stem nie saam met
geweld nie.
Ek was nooit in 'n koshuis nie, maar ek ken baie mense wat was. Dames het
'n makliker tyd gehad as mans.

"Marius Roets" skryf in boodskap news:a888a380.0306090014.687dea44@posting.google.com...
> Die hele storie oor die aktiwiteite in die Majuba manskoshuis, en
> stories oor die gemaskerde MIA (Majuba Interne Alliansie) wat studente
> 'straf' wat die koshuis se eer en naam skade aandoen, het my my eie
> studentedae laat onthou.
> Ek gaan nie sê watter uni of koshuis dit was nie, maar ons het 'n
> pa-seun stelsel gehad waar elke eerstejaar aan 'n senior student
> 'toevertrou' is. "Pa's" moes toesien dat hul "seuns" goed aanpas en
> insakekel by die koshuis. Hy moes ook goed tred hou van sy seun se
> akademiese vordering. Enige probleme kon dan vertroulik met die seun
> hanteer word. Die stelsel het baie geod gewerk, maar het ook 'n donker
> kant gehad : Lyfstraf.
> In gevalle waar 'seuns' sleg oor die lyn getrap het, kon 'n pa sy seun
> straf deur lyfstraf toe te dien. Gewoonlik was dit so 6 of 7 houe met
> 'n plak ('n hout plank met handvatsel). Elke pa het een gehad, en die
> meeste van die gevalle is die lyftraf in goeie gees uitgedien. Ek
> onthou telke male wat ons 'seuns' die hale met mekaar vergelyk het, en
> gestry het oor wie se pa nou eintlik die hardtse slaan.
> Die reël was altyd dat 'n tweede senior moes teenwoordig wees tydens
> die lyfstraf, maar dis baie selde gehoorsaam. Ek weet van verskeie
> eerstejaars wat dan sommer deur die tweede senior ook bygedam is.
> Die rede waarom die Majuba insident my hieraan laat dink het, was 'n
> geval waar 3 eerstejaars dronk geword het in die dorp, en hul
> eskapades in die studentekoearntjie beland het, met die koshuis se
> naam daarby. Hulle is later daardie week deur omtrent 10 gemaskerde
> seniors uit hul kamers gehaal, en voor die hele koshuis gestraf. Hulle
> moes kaal uittrek, buk en het die allerverskrikliskte pak slae gekry
> wat ek nog ooit gesien het.
> Die verskil tussen toe en nou is dat hulle dit soos manne gevat het,
> an goed saamgewerk het vir die res van hul kosuis-loopbane.
> Wat is julle daar buite se idee oor sulke 'straf'-reëls in koshuise ?
> En wat is jul eie ondervindinge ?
Re: Dissipline en lyfstraf op universiteitskoshuise [boodskap #79022 is 'n antwoord op boodskap #79011] Ma, 09 Junie 2003 10:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships Mcduck  is tans af-lyn  Threeships Mcduck
Boodskappe: 244
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Senior Lid
On 9 Jun 2003 01:14:48 -0700, mro...@webmail.co.za (Marius Roets)
served the following to the group:

>
> Die verskil tussen toe en nou is dat hulle dit soos manne gevat het,
> an goed saamgewerk het vir die res van hul kosuis-loopbane.

soos manne vat. watse tipe man druk sy harige hol uit sodat `n ander
dit kan warm slaan. klink vir my soos `n seks fetish.

> Wat is julle daar buite se idee oor sulke 'straf'-reëls in koshuise ?
> En wat is jul eie ondervindinge ?

straf reels: ja, fisiese lyfstraf: nee
ek het nie so iets eerstehand ervaar nie want ek het gewerk en moes
deeltyds swot. ek stem glad nie saam met die beginsel van lyfstraf vir
`n volwasse universiteit student nie. Dit het niks in gemeen met ander
plekke waar so iets sou gebeur soos bv. skool, army ens. omdat die
army `n natuurlike pecking order het en alles draai om disipline dink
ek die hele roof/ouman hierargie het gewerk. om so iets op volwasse
civvy straat toe te pas...... soos baie ander was ek `n roof in die
army wat die oumanne se crap moes vat maar ek as volwasse man sal nie
stilstaan dat iemand my met `n plak of lat lyfstraf gee nie. as jy
iets doen wat die koshuis se naam so ernstig in gedrand bring dan moet
jy maar uitgesit word.

Threeships Mcduck
lato di gomma giù, lato lucido in su
www.mothership.co.za
Re: Dissipline en lyfstraf op universiteitskoshuise [boodskap #79025 is 'n antwoord op boodskap #79020] Ma, 09 Junie 2003 10:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek het dit heeltemal teen lyfstraf of vernedering van mense om ander mense
te laat goed en groot voel. Dis maar net 'n verdere uitbreiding van 'n
boelie-kultuur, wat skielik "wettig" is net omdat dit in 'n varsitykoshuis
gebeur.
Ek was in Huis Koos op Kovsies ( sien, ek is nie skaam om dit te sê nie) en
die ergste wat aan die eerstejaars gedoen is ( die ontgroeners mag nie aan
hulle geraak het, of nader as twee voet van hulle gestaan het nie) is dat
hulle beveel is om vir een dag vanaf die middag 1nm tot die volgende oggend
om 7:30 hulle bra's agterstevoorom te moes dra. Dit was vir sommige
kinders die ergste ding wat met hulle kon gebeur, en dit is nie weer
toegepas nie. Nie een van die klaers is verwerp nie, en hulle het almal
goeie koshuislede geword.
Selfs die eerstejaar wat geweier het om jellie te eet is vergewe, en sy het
sonder enige verdere straf 'n baie nuttige koshuislid geword.
Eintlik het dinge in ons koshuis bietjie andersom gewerk - in my eerstejaar
was dit ook die eerste jaar van die koshuis se bestaan. Gevolglik was 80%
van die inwoners eerstejaars, en daar is 'n "tradisie" begin waar
eerstejaars in een week, sonder straf, die seniors kan terugkry.
Die gees in die koshuis was altyd gemoedelik, en niemand was baas of klaas
nie.
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3ee455c6$0$230@hades.is.co.za...
> By die dameskoshuise is alle "luxuries" weggeneem, selfs haardroërs en die
> eerste 3 maande slaap jy op die vloer met jou kop onder 'n stoel. Jy mag
> nie huis toe gaan of bel nie. Van die seniors het baie duur goed soos
> parker penne gevat en gehou. Die ma's en pa's was nooit gelukkig nie.
> Eerstejaar in 'n koshuis bou karakter, maar ek voel hulle moet darem
> matigheid voor oë hou. Lyfstraf of enigiets wat jou menslikheid aantas is,
> myns insiens, verbode. "Ontgroening" is een ding, maar ek stem nie saam met
> geweld nie.
> Ek was nooit in 'n koshuis nie, maar ek ken baie mense wat was. Dames het
> 'n makliker tyd gehad as mans.
>
> "Marius Roets" wrote in message
> news:a888a380.0306090014.687dea44@posting.google.com...
>> Die hele storie oor die aktiwiteite in die Majuba manskoshuis, en
>> stories oor die gemaskerde MIA (Majuba Interne Alliansie) wat studente
>> 'straf' wat die koshuis se eer en naam skade aandoen, het my my eie
>> studentedae laat onthou.
>> Ek gaan nie sê watter uni of koshuis dit was nie, maar ons het 'n
>> pa-seun stelsel gehad waar elke eerstejaar aan 'n senior student
>> 'toevertrou' is. "Pa's" moes toesien dat hul "seuns" goed aanpas en
>> insakekel by die koshuis. Hy moes ook goed tred hou van sy seun se
>> akademiese vordering. Enige probleme kon dan vertroulik met die seun
>> hanteer word. Die stelsel het baie geod gewerk, maar het ook 'n donker
>> kant gehad : Lyfstraf.
>> In gevalle waar 'seuns' sleg oor die lyn getrap het, kon 'n pa sy seun
>> straf deur lyfstraf toe te dien. Gewoonlik was dit so 6 of 7 houe met
>> 'n plak ('n hout plank met handvatsel). Elke pa het een gehad, en die
>> meeste van die gevalle is die lyftraf in goeie gees uitgedien. Ek
>> onthou telke male wat ons 'seuns' die hale met mekaar vergelyk het, en
>> gestry het oor wie se pa nou eintlik die hardtse slaan.
>> Die reël was altyd dat 'n tweede senior moes teenwoordig wees tydens
>> die lyfstraf, maar dis baie selde gehoorsaam. Ek weet van verskeie
>> eerstejaars wat dan sommer deur die tweede senior ook bygedam is.
>> Die rede waarom die Majuba insident my hieraan laat dink het, was 'n
>> geval waar 3 eerstejaars dronk geword het in die dorp, en hul
>> eskapades in die studentekoearntjie beland het, met die koshuis se
>> naam daarby. Hulle is later daardie week deur omtrent 10 gemaskerde
>> seniors uit hul kamers gehaal, en voor die hele koshuis gestraf. Hulle
>> moes kaal uittrek, buk en het die allerverskrikliskte pak slae gekry
>> wat ek nog ooit gesien het.
>> Die verskil tussen toe en nou is dat hulle dit soos manne gevat het,
>> an goed saamgewerk het vir die res van hul kosuis-loopbane.
>> Wat is julle daar buite se idee oor sulke 'straf'-reëls in koshuise ?
>> En wat is jul eie ondervindinge ?
>
Re: Dissipline en lyfstraf op universiteitskoshuise [boodskap #79034 is 'n antwoord op boodskap #79011] Ma, 09 Junie 2003 13:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Marius Roets wrote:

> Wat is julle daar buite se idee oor sulke 'straf'-reëls in koshuise ?
> En wat is jul eie ondervindinge ?

Ek kan onthou dat Valerie van Tubbergh, groot
vet ou Valerie van Tubbergh, sotkaptein in Huis
de Villiers op Stellenbosch, vir my in 'n bad
koue water laat sit het om my sag te maak omdat
ek my so hard hou, want ek het uit 'n sotte-groep
tydelik verdwyn om 'n brief van die huis by my
suster op te tel. Toe hulle vir my vra waarom ek
dit gedoen het, begin ek huil. En toe skrik hulle
en los vir my uit.
"Doop" is in Stellenbosch streng ingeperk nadat
'n jong man in die agterbak van 'n kar gesit is en
dit toegemaak is. Toe hulle dit later oopmaak, was
die jong man dood. Daar was 'n baie intense onder-
soek na sottedoop in Stellenbosch daarna, onder
andere met Anton Rupert as lid. En daarna was alle
doop offisiëel onwettig, as ek reg onthou. Dis nou
baie lank gelede.

Gloudina
Re: Dissipline en lyfstraf op universiteitskoshuise [boodskap #79036 is 'n antwoord op boodskap #79020] Ma, 09 Junie 2003 13:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Elaine wrote:

"Ontgroening" is een ding

Hier in die VSA was daar onlangs 'n groot saak
oor 'n ontgroenings-situasie wat heeltemal
handuitgeruk het. Die ontgroeners het hulle
prooie met vere gemeng met ekskrement onder
andere bewerk. Mens het die insident oor en oor
op televisie gesien. 'n Hele klomp van die
ouens is nie net uit die universiteit gegooi
nie, maar het kriminele vervolging verduur.
Die ekskuus was dat daar drank gebruik is.
Ek moet sê dat ek tot vandag toe nog
dankbaar is vir die senior wat vir elke sot in
Huis de Villiers aangedui het. Ek het 'n
besondere vriendelike en intelligente een
gehad, wat my baie goeie raad gegee het. En
uiteindelik vir my geleer het om weer "ek"
te sê, nadat ons vir tien dae onsself alleen
as "dit" kon aandui. Dis verbasend oor in hoe
'n kort tyd mens gebreinwas kan word.

Gloudina
Re: Dissipline en lyfstraf op universiteitskoshuise [boodskap #79039 is 'n antwoord op boodskap #79022] Ma, 09 Junie 2003 13:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Marius Roets  is tans af-lyn  Marius Roets
Boodskappe: 4
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Junior Lid
Ek moet byvoeg dat die gees in die koshuis altyd baie goed was.
Seniors wat werklik perke oorskry het ook in die moeilikheid gekom.
Ons het egter nooit in my 4 jaar daar 'n skorsing of tugsaak vanaf die
uni gekry nie - alles is 'intern' hanteer deur lyfstraf. Studente het
ook gewoonlik 'n keuse gekry : 'n Amptelike Tugsaak wat deur die HK
geopen word, of lyfstaf daar en dan, met die saak onmiddellik vergete.
Raai wat is deur die bank gekies ? Natuurlik. Mans is maar so.
Behalwe in gevalle waar die oortreding werklik ernstig was, is die
hele saak baie lighartig opgeneem. Die manne het mekaar ge-dare wie
die meeste kan vat, ensovoorts. Niemand is ooit geskend nie, en
niemand is ooit met iets geslaan anders as 'n plak nie. Ek dink die
stelsel HET goed gewerk, maar sal nie meer vandag gebruik kan word
nie. Ai, die goeie ou dae...
Re: Dissipline en lyfstraf op universiteitskoshuise [boodskap #79041 is 'n antwoord op boodskap #79039] Ma, 09 Junie 2003 13:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wat bedoel jy daarmee - dat die ouens vandag weet wanneer hulle aangerand
word?:))
Annette

"Marius Roets" skryf in boodskap news:a888a380.0306090541.52aefa07@posting.google.com...
> Ek moet byvoeg dat die gees in die koshuis altyd baie goed was.
> Seniors wat werklik perke oorskry het ook in die moeilikheid gekom.
> Ons het egter nooit in my 4 jaar daar 'n skorsing of tugsaak vanaf die
> uni gekry nie - alles is 'intern' hanteer deur lyfstraf. Studente het
> ook gewoonlik 'n keuse gekry : 'n Amptelike Tugsaak wat deur die HK
> geopen word, of lyfstaf daar en dan, met die saak onmiddellik vergete.
> Raai wat is deur die bank gekies ? Natuurlik. Mans is maar so.
> Behalwe in gevalle waar die oortreding werklik ernstig was, is die
> hele saak baie lighartig opgeneem. Die manne het mekaar ge-dare wie
> die meeste kan vat, ensovoorts. Niemand is ooit geskend nie, en
> niemand is ooit met iets geslaan anders as 'n plak nie. Ek dink die
> stelsel HET goed gewerk, maar sal nie meer vandag gebruik kan word
> nie. Ai, die goeie ou dae...
Re: Dissipline en lyfstraf op universiteitskoshuise [boodskap #79046 is 'n antwoord op boodskap #79017] Ma, 09 Junie 2003 14:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Intact  is tans af-lyn  Intact
Boodskappe: 13
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Junior Lid
"Jonas" skryf:

> Ek ondersteun die manne van Majuba wat boomrokers wou uitroei.

Die storie wat op die betrokke kampus loop is dat die twee beweerde
daggarokers se bloedtoetse onomwonde bewys het dat hulle boom gerook
het.
Re: Dissipline en lyfstraf op universiteitskoshuise [boodskap #79048 is 'n antwoord op boodskap #79046] Ma, 09 Junie 2003 14:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Haai sjeim - die enigste twee daggarokers in die hele Majuba?
Annette

"Intact" skryf in boodskap news:91ff6232.0306090619.3262ac05@posting.google.com...
> "Jonas" skryf:
>
>> Ek ondersteun die manne van Majuba wat boomrokers wou uitroei.
>
> Die storie wat op die betrokke kampus loop is dat die twee beweerde
> daggarokers se bloedtoetse onomwonde bewys het dat hulle boom gerook
> het.
Re: Dissipline en lyfstraf op universiteitskoshuise [boodskap #79059 is 'n antwoord op boodskap #79034] Ma, 09 Junie 2003 18:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Heel onlangs is daar weer outjie dood by Stellenbosch. As ek die storie reg
onthou was die outjie op malaria pille, en het 'n klomp oumanne die
eerstjaartjie eers 'n oordosis van die malaria medikasie ingegee, en toe is
al die eerstejaars van daai huis af hoofstraat toe vir 'n "kaalmars". Die
eerstejaars is gedril, en die outjie wat die oordosis malaria pille ingekry
het, se hart het gestaan. Blykmaar was die mengsel van die pille en die
harde oefening te veel vir die seun se hart. Ek weet nie wat het van daai
storie geword nie.

E

wrote:
>
>
> Ek kan onthou dat Valerie van Tubbergh, groot
> vet ou Valerie van Tubbergh, sotkaptein in Huis
> de Villiers op Stellenbosch, vir my in 'n bad
> koue water laat sit het om my sag te maak omdat
> ek my so hard hou, want ek het uit 'n sotte-groep
> tydelik verdwyn om 'n brief van die huis by my
> suster op te tel. Toe hulle vir my vra waarom ek
> dit gedoen het, begin ek huil. En toe skrik hulle
> en los vir my uit.
> "Doop" is in Stellenbosch streng ingeperk nadat
> 'n jong man in die agterbak van 'n kar gesit is en
> dit toegemaak is. Toe hulle dit later oopmaak, was
> die jong man dood. Daar was 'n baie intense onder-
> soek na sottedoop in Stellenbosch daarna, onder
> andere met Anton Rupert as lid. En daarna was alle
> doop offisieel onwettig, as ek reg onthou. Dis nou
> baie lank gelede.
>
> Gloudina
>
Re: Dissipline en lyfstraf op universiteitskoshuise [boodskap #79111 is 'n antwoord op boodskap #79011] Di, 10 Junie 2003 14:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
NoS...[2]  is tans af-lyn  NoS...[2]
Boodskappe: 234
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Senior Lid
On 9 Jun 2003 01:14:48 -0700, mro...@webmail.co.za (Marius Roets) wrote:

> Wat is julle daar buite se idee oor sulke 'straf'-reëls in koshuise
? En wat is jul eie ondervindinge ?

My ondervinding van 'n Stellebosch-koshuis is dat as jy n klop post
adolossente mans in een plek saamgooi met nie baie te doen nie, neig
hulle natuurlik tot bende-vorming.
Gewoonlik is die bendes min of meer skadeloos, maar soms neem dit n
erg fascistiese karakter aan. Gwoonlik is dit grade van.
Ek kan dink as jy ras daarin gooi, het jy potensieel 'n kruitvat.

n Koshuis behoort geen strafreels anders as die gemeenskap s'n te he
nie. Die land se wette geld ook in koshuise. So ook die
grondwet-regte.

Mense bly in universiteit-koshuise omdat hulle nie huise op die dorp
het nie. Nie omdat hulle by die een of ander kulturele organisasie
(die koshuis) aansluit nie.
Re: Dissipline en lyfstraf op universiteitskoshuise [boodskap #79112 is 'n antwoord op boodskap #79048] Di, 10 Junie 2003 14:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
NoS...[2]  is tans af-lyn  NoS...[2]
Boodskappe: 234
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 9 Jun 2003 16:45:10 +0200, "Annette" wrote:

> Haai sjeim - die enigste twee daggarokers in die hele Majuba?
> Annette

As hulle dagga rook, roep die polisie. Dis eenvoudig. Jy kan nie dat
een oortreding (dwelm-gebruik) 'n ander een (aanranding) regverdig
nie.

Dagga-rokers moet aangekla word asook die aanranders.
Re: Dissipline en lyfstraf op universiteitskoshuise [boodskap #79113 is 'n antwoord op boodskap #79111] Di, 10 Junie 2003 15:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"testosterone overload". Regtig, ek dink daar's te veel testosteroon en te
min vrouens in die onmiddelike omgewing, die dat hulle tot geweld oorgaan om
ontslae te raak van die opgekrope hormone.

E

"Ferdi Greyling" wrote:
>
> My ondervinding van 'n Stellebosch-koshuis is dat as jy n klop post
> adolossente mans in een plek saamgooi met nie baie te doen nie, neig
> hulle natuurlik tot bende-vorming.
> Gewoonlik is die bendes min of meer skadeloos, maar soms neem dit n
> erg fascistiese karakter aan. Gwoonlik is dit grade van.
> Ek kan dink as jy ras daarin gooi, het jy potensieel 'n kruitvat.
>
> n Koshuis behoort geen strafreels anders as die gemeenskap s'n te he
> nie. Die land se wette geld ook in koshuise. So ook die
> grondwet-regte.
>
> Mense bly in universiteit-koshuise omdat hulle nie huise op die dorp
> het nie. Nie omdat hulle by die een of ander kulturele organisasie
> (die koshuis) aansluit nie.
>
Re: Dissipline en lyfstraf op universiteitskoshuise [boodskap #79148 is 'n antwoord op boodskap #79112] Wo, 11 Junie 2003 03:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ferdietjiekie - jou nuwe image - streng maar regverdig ...
Dis te laat boetman - ons ken jou reeds. Jou onnerrok hang uit ...

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:3ee6effd.24644687@news.saix.co.za...
> On Mon, 9 Jun 2003 16:45:10 +0200, "Annette"
> wrote:
>
> > Annette
>
> As hulle dagga rook, roep die polisie. Dis eenvoudig. Jy kan nie dat
> een oortreding (dwelm-gebruik) 'n ander een (aanranding) regverdig
> nie.
>
> Dagga-rokers moet aangekla word asook die aanranders.
>
Re: Dissipline en lyfstraf op universiteitskoshuise [boodskap #79165 is 'n antwoord op boodskap #79113] Do, 12 Junie 2003 02:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Elaine - vrouens skep 'n groter probleem.

"Elaine" skryf in boodskap news:3ee5f8fd$0$237@hades.is.co.za...
> "testosterone overload". Regtig, ek dink daar's te veel testosteroon en te
> min vrouens in die onmiddelike omgewing, die dat hulle tot geweld oorgaan om
> ontslae te raak van die opgekrope hormone.
>
> E
>
> "Ferdi Greyling" wrote:
>>
>> My ondervinding van 'n Stellebosch-koshuis is dat as jy n klop post
>> adolossente mans in een plek saamgooi met nie baie te doen nie, neig
>> hulle natuurlik tot bende-vorming.
>> Gewoonlik is die bendes min of meer skadeloos, maar soms neem dit n
>> erg fascistiese karakter aan. Gwoonlik is dit grade van.
>> Ek kan dink as jy ras daarin gooi, het jy potensieel 'n kruitvat.
>>
>> n Koshuis behoort geen strafreels anders as die gemeenskap s'n te he
>> nie. Die land se wette geld ook in koshuise. So ook die
>> grondwet-regte.
>>
>> Mense bly in universiteit-koshuise omdat hulle nie huise op die dorp
>> het nie. Nie omdat hulle by die een of ander kulturele organisasie
>> (die koshuis) aansluit nie.
>>
>
Re: Dissipline en lyfstraf op universiteitskoshuise [boodskap #79168 is 'n antwoord op boodskap #79165] Do, 12 Junie 2003 10:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Is so. Maar sien jy dat vrouens so gereeld tot geweld oorgaan? Miskien is
dit manier waarop mans groot gemaak word?

E

"Jonas" skryf in boodskap news:bc8omq$t14$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Elaine - vrouens skep 'n groter probleem.
Re: Dissipline en lyfstraf op universiteitskoshuise [boodskap #79226 is 'n antwoord op boodskap #79168] Vr, 13 Junie 2003 14:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
NoS...[2]  is tans af-lyn  NoS...[2]
Boodskappe: 234
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 12 Jun 2003 12:21:14 +0200, "Elaine" wrote:

> Is so. Maar sien jy dat vrouens so gereeld tot geweld oorgaan? Miskien is
> dit manier waarop mans groot gemaak word?

Aan die ander kant sien ek bitter min mans moan and kla soos vrouens
doen.
Re: Dissipline en lyfstraf op universiteitskoshuise [boodskap #79242 is 'n antwoord op boodskap #79226] Sa, 14 Junie 2003 15:36 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hmm, maar as jy dit nie met die vuiste kan doen nie, dan kry jy 'n ander
manier om dit te doen, vrouens wat vuisslaan is tog so lelik.

E

"Ferdi Greyling" wrote:

> Miskien is
>> dit manier waarop mans groot gemaak word?
>
> Aan die ander kant sien ek bitter min mans moan and kla soos vrouens
> doen.
>
Vorige onderwerp: Swak gehalte matrieks
Volgende onderwerp: Skoolstandaarde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 04:53:55 MGT 2024