Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Onderwys & opvoeding » Swak gehalte matrieks
Swak gehalte matrieks [boodskap #73586] Sa, 15 Februarie 2003 06:35 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die stuk oor die matriekvraestel was net 'n gespot - maar dikwels is
spottery na aan die waarheid.
In die week het 'n lektor in inginieurswese by UP ingeskakel en gekla oor
die eerstejaars, waarvan goed 50% nie eers die basiese begrippe van wiskunde
ken nie, en daar was selfs twee studente wat nie eers geweet het hoe om 'n
liniaal te gebruik nie.
Behalwe om te wonder hoe die kinders matriek geslaag het, moet mens ook
bedenkinge hê oor die keuring vir geskikte kandidate vir die
inginieurskursus by PU.

Toentertyd, toe ek nog jonk en onskuldig was, moes 'n student wat vir die
kursus wou inskryf, eers bewys lewer dat hy 'n meganiese hand kon ontwerp
wat 'n eier kan optel sonder om dit te breek.

Annette
Re: Swak gehalte matrieks [boodskap #73610 is 'n antwoord op boodskap #73586] Sa, 15 Februarie 2003 17:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Die stuk oor die matriekvraestel was net 'n gespot

Nee, dit was nie 'n gespot nie. Dit was 'n
veragtelike en agterlike stuk geskryf, wat
Afrikaners van goeie inbors moet beveg. Dit
ondergrawe die goeie inbors van die Afrikaner.
Ek het min hoop vir die voortbestaan van die
Afrikaner as 'n selfrespekterende rassegroep
in SA, as hierdie soort ding nog hier ronddryf.

Gloudina
Re: Swak gehalte matrieks [boodskap #73611 is 'n antwoord op boodskap #73586] Sa, 15 Februarie 2003 17:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> In die week het 'n lektor in inginieurswese by UP ingeskakel en gekla oor
> die eerstejaars, waarvan goed 50% nie eers die basiese begrippe van wiskunde
> ken nie, en daar was selfs twee studente wat nie eers geweet het hoe om 'n
> liniaal te gebruik nie.
> Behalwe om te wonder hoe die kinders matriek geslaag het, moet mens ook
> bedenkinge hê oor die keuring vir geskikte kandidate vir die
> inginieurskursus by PU.

Die kwaliteit van skooleinders in Noord-
Amerika is al lankal 'n probleem wat
op verskillende maniere beveg word - deur
standaarde vir toelating tot universiteit,
aanvullende klasse wat mense moet loop
voordat hulle tot die gespesialiseerde
kursusse toegelaat word, ensovoorts. Dit
is nie net 'n probleem in SA nie.
Ek sal egter aanneem dat die probleem
in SA op die oomblik moeilike afmetings
aanneem, omdat daar juis in hierdie geslag
van kinders so 'n gebrek aan sosio-ekonomiese
verryking was, veral onder die 80% wat nie
aan die voorheen bevoordeelde klas behoort
het nie.

Gloudina
Re: Swak gehalte matrieks [boodskap #73618 is 'n antwoord op boodskap #73611] So, 16 Februarie 2003 04:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek sou skaam gewees het indien ek bloot op my velkleur toelating,beurse en
aanstellings moes kry.
Ek ken ook swartes wat glo dat meriete die maatstaf moet wees. Snaaks ek het
dit geglo selfs onder die vorige bedeling(s).

skryf in boodskap news:3E4E7649.4080703@rogers.com...
>
> Annette wrote:
>
>> In die week het 'n lektor in inginieurswese by UP ingeskakel en gekla oor
>> die eerstejaars, waarvan goed 50% nie eers die basiese begrippe van wiskunde
>> ken nie, en daar was selfs twee studente wat nie eers geweet het hoe om 'n
>> liniaal te gebruik nie.
>> Behalwe om te wonder hoe die kinders matriek geslaag het, moet mens ook
>> bedenkinge hê oor die keuring vir geskikte kandidate vir die
>> inginieurskursus by PU.
>
>
> Die kwaliteit van skooleinders in Noord-
> Amerika is al lankal 'n probleem wat
> op verskillende maniere beveg word - deur
> standaarde vir toelating tot universiteit,
> aanvullende klasse wat mense moet loop
> voordat hulle tot die gespesialiseerde
> kursusse toegelaat word, ensovoorts. Dit
> is nie net 'n probleem in SA nie.
> Ek sal egter aanneem dat die probleem
> in SA op die oomblik moeilike afmetings
> aanneem, omdat daar juis in hierdie geslag
> van kinders so 'n gebrek aan sosio-ekonomiese
> verryking was, veral onder die 80% wat nie
> aan die voorheen bevoordeelde klas behoort
> het nie.
>
> Gloudina
>
Re: Swak gehalte matrieks [boodskap #73645 is 'n antwoord op boodskap #73618] So, 16 Februarie 2003 22:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Ek sou skaam gewees het indien ek bloot op my velkleur toelating,beurse en
> aanstellings moes kry.

En wat dink jy het gebeur in die nie te
verre verlede, toe die geld gestroom het
na die wittes toe, en swartes hulp moes
soek by kerke, en by buitelandse instansies.
Het jy daaroor jou ook doodgeskaam?

Gloudina
Re: Swak gehalte matrieks [boodskap #73651 is 'n antwoord op boodskap #73645] Ma, 17 Februarie 2003 04:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Antie - ek was nog altyd ten gunste van meriete gewees. En ek aanvaar jy
verwerp dit.

Ek herhaal - ek sal skaam wees as ek weet ek ontneem 'n beter bevoegde
persoon van 'n geleentheid bloot omdat ek swart is.

Die wiel draai - en dan sal geen swarte ook kan sê dat hy ten gusnte van
meriete was nie ......

skryf in boodskap news:3E500E6E.3010604@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>> Ek sou skaam gewees het indien ek bloot op my velkleur toelating,beurse en
>> aanstellings moes kry.
>
> En wat dink jy het gebeur in die nie te
> verre verlede, toe die geld gestroom het
> na die wittes toe, en swartes hulp moes
> soek by kerke, en by buitelandse instansies.
> Het jy daaroor jou ook doodgeskaam?
>
> Gloudina
>
Re: Swak gehalte matrieks [boodskap #73661 is 'n antwoord op boodskap #73611] Ma, 17 Februarie 2003 12:17 Na vorige boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hier moet ek iets sê. Ek het 'n familielid wat 'n dosent by 'n groot
universiteit is, is dié reken al lank dat die standaard van die studente wat
vir kursusse inskryf, jaar vir jaar laer word. Akedemiese instink maak dat
die dosente die toelatingsvereistes wil verhoog, maar die bestuur van die
universiteit dwing hulle om die standaard te verlaag om so meer en meer
betalende studente in te kry. So, aan die een kant is dit die instellings
wat druk om meer geld te kry en aan die anderkant is dit die dosente wat
voel studente wat dit nie verdien nie, word toegelaat tot hulle kursusse.
Die volgende stap is dat as die dosente hulle standaarde handhaaf, dan word
slaagpersentasie al laer. Nou begin die Raad druk op die dosente uitoefen
om hul standaarde te verlaag sodat meer studente kan slaag.
Nie so baie jare gelede nie, as 'n skolier byvoorbeeld argitek op
Tukkies wou gaan swot, sal hy/sy uitvind dat nie elkeen word toegelaat om
argitek te swot nie en dat daar 'n keuringsproses is asook dat daar van
studente verwag word om op hulle eie tyd sekere kundigheid, wat nodig is vir
die kursus, aan te leer. Daar is egter nie tyd daarvoor in die eerste jaar
nie, so voor jy nog klaar is met skool, moet jy bv. reeds 'n basiese
tekenkursus voltooi het sodat jy nie sukkel met die basiese goete nie.
Dis hier, met die voorbereiding tot universiteit, waar meeste van die
hedendaagse studente tekort skiet en enigiemand wat al ooit op 'n
universiteit se kampus voet gesit het, sal weet dat 'n agterstand is nie
iets wat jy maklik weer inhaal nie. Veral nie in die wetenskapgefundeerde
studierigtings nie. Nou begin die proses wat bo genoem is en almal gee
toe om die 'agtergeblewendes' minder 'agtergeblewende' te maak, maar die
vraag is: Wat van die eindproduk wat aan die einde van die termyn sy graad
ontvang? Sal jy jou gebou of brug laat ontwerp deur iemand wat aanvanklik
nie die vermoë gehad het om sy graad regverdig te kry nie?
Hierdie het myns insiens absoluut niks met politiek te doene nie.
Mens verlaag jou standaarde NOOIT nie! Hoe kan enige regdenkende mens dit
goedkeur dat onbevoegde mense met nie-waardige kwalifikasies die beroep
betree?
skryf in boodskap news:3E4E7649.4080703@rogers.com...
>
> Annette wrote:
>
>> In die week het 'n lektor in inginieurswese by UP ingeskakel en gekla oor
>> die eerstejaars, waarvan goed 50% nie eers die basiese begrippe van wiskunde
>> ken nie, en daar was selfs twee studente wat nie eers geweet het hoe om 'n
>> liniaal te gebruik nie.
>> Behalwe om te wonder hoe die kinders matriek geslaag het, moet mens ook
>> bedenkinge hê oor die keuring vir geskikte kandidate vir die
>> inginieurskursus by PU.
>
>
> Die kwaliteit van skooleinders in Noord-
> Amerika is al lankal 'n probleem wat
> op verskillende maniere beveg word - deur
> standaarde vir toelating tot universiteit,
> aanvullende klasse wat mense moet loop
> voordat hulle tot die gespesialiseerde
> kursusse toegelaat word, ensovoorts. Dit
> is nie net 'n probleem in SA nie.
> Ek sal egter aanneem dat die probleem
> in SA op die oomblik moeilike afmetings
> aanneem, omdat daar juis in hierdie geslag
> van kinders so 'n gebrek aan sosio-ekonomiese
> verryking was, veral onder die 80% wat nie
> aan die voorheen bevoordeelde klas behoort
> het nie.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: UNISA
Volgende onderwerp: Dissipline en lyfstraf op universiteitskoshuise
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 02:21:38 MGT 2024