Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » grappie in afrikaans, regtig
grappie in afrikaans, regtig [boodskap #73151] Do, 06 Februarie 2003 08:22 na volgende boodskap
Threeships Mcduck  is tans af-lyn  Threeships Mcduck
Boodskappe: 244
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Dogtertjie sit by die haarkapper en eet 'n koekie.

Haarkapper: Jou koekie gaan hare op kry.

Dogtertjie: Ja, en ek gaan tieties ook kry.

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
Re: grappie in afrikaans, regtig [boodskap #73171 is 'n antwoord op boodskap #73151] Do, 06 Februarie 2003 14:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie het in my inbox beland. Weet nie wie die skryfster was nie.

OUDERDOM:

Almal het hulle self die een of ander tyd al skuldig gemaak daaraan deur na
ander in dieselfde ouderdomsgroep te kyk en te dink, Sekerlik lyk ek
nog nie soooo oud nie?!

Terwyl ek eendag op my eerste afspraak met 'n 'nuwe' tandarts in die
wagkamer sit, merk ek die man se volle name op, op die sertifikate
teen die muur. Ek onthou 'n lang, atletiese en aantreklike seun met
dieselfde name wat sowat 30 jaar gelede saam met my in die Hoërskool
was. Toe ek hom van aangesig tot aangesig sien, laat vaar ek die
gedagte aan enige moontlike ooreenkoms. Hierdie amper-bles grysaard
met beplooide gesig is klaarblyklik te oud om my klasmaat te kon
gewees het!

Nadat hy my tande ondersoek het, vra ek hom in elk geval tog maar of
hy in die plaaslike hoërskool was.

"Ja," antwoord hy.

"Wanneer het jy gematrikuleer?" vra ek.

Hy antwoord, "In 1973."

"My magtig, dan was jy in my klas!", roep ek uit.

Hy staar my stip aan en vra toe: "Watter vak het u aangebied?"
hel ek word oud (grappie in afrikaans, regtig) [boodskap #73200 is 'n antwoord op boodskap #73171] Vr, 07 Februarie 2003 08:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships Mcduck  is tans af-lyn  Threeships Mcduck
Boodskappe: 244
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Senior Lid
On 6 Feb 2003 06:33:34 -0800, maxiebu...@yahoo.com (Max) served
the following to the group:

> Hierdie het in my inbox beland. Weet nie wie die skryfster was nie.
>
> OUDERDOM:
>
> Almal het hulle self die een of ander tyd al skuldig gemaak daaraan deur na
> ander in dieselfde ouderdomsgroep te kyk en te dink, Sekerlik lyk ek
> nog nie soooo oud nie?!
> snip

ha ja ek dink ons almal dink maar ons lyk beter as wat waar is. seker
te doen met die feit dat ons onsself elke dag sien dat jy dit nie
agterkom nie. gelukkig (ongelukkig) het ek twee seuns wat my gereeld
herinner dat ek wel oud raak. as ons stoei en dinge ruk hand uit dan
begin ek al verskonings gebruik soos 'wag net gou jou ma het geroep'
voordat iemand seer kry [ek]

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
Re: hel ek word oud (grappie in afrikaans, regtig) [boodskap #73201 is 'n antwoord op boodskap #73200] Vr, 07 Februarie 2003 08:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Vertel ons bietjie meer van die dinge wat die hand uitruk:))))
Van stoei gepraat - is dit WWW -tipe stoei - of die soort wat Nelsons
gebruik?

Annette

"Threeships Mcduck" skryf in boodskap news:86s64vs2oklhm1ae7t0uq9jfqe2evgpi9f@4ax.com...
> On 6 Feb 2003 06:33:34 -0800, maxiebu...@yahoo.com (Max) served
> the following to the group:
>
>> Hierdie het in my inbox beland. Weet nie wie die skryfster was nie.
>>
>> OUDERDOM:
>>
>> Almal het hulle self die een of ander tyd al skuldig gemaak daaraan deur na
>> ander in dieselfde ouderdomsgroep te kyk en te dink, Sekerlik lyk ek
>> nog nie soooo oud nie?!
>> snip
>
> ha ja ek dink ons almal dink maar ons lyk beter as wat waar is. seker
> te doen met die feit dat ons onsself elke dag sien dat jy dit nie
> agterkom nie. gelukkig (ongelukkig) het ek twee seuns wat my gereeld
> herinner dat ek wel oud raak. as ons stoei en dinge ruk hand uit dan
> begin ek al verskonings gebruik soos 'wag net gou jou ma het geroep'
> voordat iemand seer kry [ek]
>
> Threeships Mcduck
> www.mothership.co.za
Re: hel ek word oud (grappie in afrikaans, regtig) [boodskap #73219 is 'n antwoord op boodskap #73201] Vr, 07 Februarie 2003 11:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships Mcduck  is tans af-lyn  Threeships Mcduck
Boodskappe: 244
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 7 Feb 2003 10:47:37 +0200, "Annette"
served the following to the group:

> Vertel ons bietjie meer van die dinge wat die hand uitruk:))))
> Van stoei gepraat - is dit WWW -tipe stoei - of die soort wat Nelsons
> gebruik?
>
> Annette
>

hulle begin my seer maak [skaam]
dis sommer ons eie mengsel van stoei. alles gaan behalwe spoeg en byt.
tieners begin mos op `n sekere stadium nie net hulle boundaries van
gesag toets nie maar ook fisiese krag. nou wel hulle is nou daar.

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
Re: hel ek word oud (grappie in afrikaans, regtig) [boodskap #73221 is 'n antwoord op boodskap #73219] Vr, 07 Februarie 2003 12:17 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Klink vir my joune is verby die toets - hulle hou pleinweg daarvan om vir
jou te wen:)

Annette

"Threeships Mcduck" skryf in boodskap news:9q674vgh85plfsgc7c8njlte20jdju5ibp@4ax.com...
> On Fri, 7 Feb 2003 10:47:37 +0200, "Annette"
> served the following to the group:
>
>> Vertel ons bietjie meer van die dinge wat die hand uitruk:))))
>> Van stoei gepraat - is dit WWW -tipe stoei - of die soort wat Nelsons
>> gebruik?
>>
>> Annette
>>
>
> hulle begin my seer maak [skaam]
> dis sommer ons eie mengsel van stoei. alles gaan behalwe spoeg en byt.
> tieners begin mos op `n sekere stadium nie net hulle boundaries van
> gesag toets nie maar ook fisiese krag. nou wel hulle is nou daar.
>
> Threeships Mcduck
> www.mothership.co.za
Vorige onderwerp: Vandag se grappie in Argus
Volgende onderwerp: Growwe Grap - Onder 18's hou verby
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 08:58:20 MGT 2024