Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " gebed van 'n groen perske " deur ANNESU DE VOS
" gebed van 'n groen perske " deur ANNESU DE VOS [boodskap #68948] So, 17 November 2002 20:38 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annesu de Vos
gebed van 'n groen perske

Here ek dank U
dat die insek sy eier
in die dae van my blommetjie-wees
nie gelê het nie

dat my groen vleis in my skil
kan uitbult
vermeerder sonder die vloek
van vrot

bewaar my dan
teen die hael
teen die steek
van die son -

maar bowenal
bewaar
dié droom
o Heer:
my moederboom
wat vrugte foutloos fabriseer
Re: " gebed van 'n groen perske " deur ANNESU DE VOS [boodskap #120123 is 'n antwoord op boodskap #68948] Do, 21 Junie 2012 15:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans Kamp  is tans af-lyn  Hans Kamp
Boodskappe: 94
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Volle Lid
Wat is die betekenis agter die gedig?
Re: " gebed van 'n groen perske " deur ANNESU DE VOS [boodskap #120145 is 'n antwoord op boodskap #68948] Ma, 08 April 2013 16:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek was baie lank laas op die Afrikaanse nuusgroep want daar is soveel onkruid wat hier groei. Maar ek is baie bly om te sien jy pos nog so nou en dan iets, Gloudina.

Dankie.
Henry
Re: " gebed van 'n groen perske " deur ANNESU DE VOS [boodskap #120260 is 'n antwoord op boodskap #120145] Do, 10 Desember 2015 08:52 Na vorige boodskap
ronel...  is tans af-lyn  ronel...
Boodskappe: 1
Geregistreer: Desember 2015
Karma: 0
Junior Lid
Gebed van 'n groen perske is 'n tienerdogter se gebed van danksegging dat sy steeds onskuldig is...

Alhoewel dit in 1980 die Eugene Marias prys vir letterkunde gewen het, is dit nou 35 jaar later niks meer as 'n mymering nie, en teleurstellend dat daai tydvak slegs dit opgelewer het as pryswenner in vergelyking met Antjie Krog wat in 1972 Januarie-suite uitgee, en waarmee sy dan die Eugène Marais-prys verower. Januarie-suite beleef in 1987 'n sewende druk - iets wat amper ongehoord is vir 'n digbundel in Afrikaans.
Vorige onderwerp: 'n Gedig van GERT VLOK NEL.
Volgende onderwerp: "Man met Flits" van D.J.OPPERMAN (vir Koos die Tweede)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 13:00:17 MGT 2024