Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Help! Suid afrikaans
Help! Suid afrikaans [boodskap #68224] Di, 05 November 2002 23:57 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: knip

Vir die mense wat die afgelope tyd so heb geholpen op die nuusgroep met het
helpen van mij
rekenaar probleem. Dankie.

Maar noe heb ik een niew groot moeilikheid

Ik heb een nuwe raampies XP op de rekenaar gebrag, wat nie gewerk het nie.
Ek dink dis die begin van die einde.
Nu is heel mijn rekenaar in het suid afrikaans.
Het steek mij verstand verby.

kan hulle help?

Grappies:

Viskoekies
Die meisie bring haar nuwe kêrel vir die eerste keer huis toe vir ete.
Halfpad deur die maaltyd sê die jong man: "Hene tannie, dit is beslis die
lekkerste viskoekies wat ek nog ooit geeet het."
Met die pomp die meisie hom hard in die ribbekas met haar
elmboog en fluister hard:
"EET MET DIE ANDER HAND, DIS PAMPOENKOEKIES!"

Hoe kanselleer mens 'n afspraak by die spermbank?
Jy bel net en sê jy kan nie meer kom nie!!!!!!!!!

Hoekom weeg getroude vrouens normaalweg meer as ongetroude vrouens?
'n Ongetroude vrou kom by die huis, kyk wat is in die yskas en gaan dan bed
toe.
'n Getroude vrou kom by die huis, kyk wat is in die bed en gaan soek dan
maar vertroosting in die yskas.

Wat noem jy 'n vrou wat te alle tye weet waar haar man is?
'n Weduwee.

Wat is die verskil tussen snot en groente?
Kinders eet nie groente nie!

Wetenskaplikes het 'n voedselsoort ontdek wat 'n vrou se seksuele aptyt met
90% verminder.
Troukoek!

Vraag: Wat is groot, groen, donserig en as dit uit 'n boom uit op jou val is
jy dood?
Antwoord: 'n Pool-tafel.

Wat noem jy 'n Aussie met 'n skaap onder een arm en 'n bok onder die ander?
Biseksueel

Waarom het die blondine Omo gedrink?
Op die houer staan:
MET NUWE VERBETERDE VETVERWYDERAAR.

Jannie: Pa, hoekom is Adam eerste gemaak?
Pa: Om hom 'n kans te gee om ook iets te sê.

Gehoor daar is deesdae 'n oggend-na-die-tyd-pil vir mans?
Dit verander jou bloedgroep

Hoe oorreed jy 'n blondine om met jou te trou?
Jy vertel haar sy is swanger

--
Re: Help! Suid afrikaans [boodskap #68245 is 'n antwoord op boodskap #68224] Wo, 06 November 2002 13:48 Na vorige boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Waarom het die blondine Omo gedrink?
Op die houer staan:
MET NUWE VERBETERDE VETVERWYDERAAR.

Wouter
Of dalk was sy 'n omo-seksueel?
Vorige onderwerp: Grappie
Volgende onderwerp: Humor in Huisgenoot
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 11:36:18 MGT 2024