Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Was hiersie een van Koos Doep daar?
Was hiersie een van Koos Doep daar? [boodskap #64986] So, 21 Julie 2002 21:35 na volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
So 'n paar weke gelede het 'n hele paar mense 'n klomp van Koos du
Plessis se werke hier gepos. Ek het almal gesave en uitgedruk maar kry
nie hierdie een onder hulle nie. Skynbaar het Koos dit oorspronklik
uitgegee as "Somerkersfees", maar Jaanie du Toit het 'n derde strofe
bygesit en dit verskyn nou as "Welkom, o stille nag van vrede" in die
nuwe Liedboek van die Kerk (Lied 358).

(As iemand dit wel alreeds geplaas het, lees dit weer.)

Welkom, o stille nag van vrede (Koos du Plessis en Jannie du
Toit)

Welkom , o stille nag van vrede,
onder die suiderkruis,
wyl stemme uit die ou verlede
oor sterrevelde ruis
Kersfees kom, Kersfees kom-
gee aan God die eer.
Skenk 'n helder Somerkersfees
in hierdie land, o Heer

Hoor hoe sag die klokke beier
in eeue-oue taal.
Kyk, selfs die nagtelike swye
vertel die ou verhaal.
Kersfees kom, Kersfees kom-
gee aan God die eer.
Skenk ons 'n helder Somerkersfees
in hierdie land, o Heer

Voel jy ook nou sy warm liefde
as ons die dag gedenk,
toe hy sy Seun aan ons gegee het-
ons grootste Kersgeskenk.
Christus kom, Christus kom-
gee aan God die eer.
Skenk ons 'n helder Somerkersfees
in hierdie land. o Heer
Re: Was hiersie een van Koos Doep daar? [boodskap #64999 is 'n antwoord op boodskap #64986] Ma, 22 Julie 2002 09:10 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dankie Drom, - ek het die klomp versamel - en kan nie onthoiu dat die ene
daar verskyn het nie.

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0207211335.13566080@posting.google.com...
> So 'n paar weke gelede het 'n hele paar mense 'n klomp van Koos du
> Plessis se werke hier gepos. Ek het almal gesave en uitgedruk maar kry
> nie hierdie een onder hulle nie. Skynbaar het Koos dit oorspronklik
> uitgegee as "Somerkersfees", maar Jaanie du Toit het 'n derde strofe
> bygesit en dit verskyn nou as "Welkom, o stille nag van vrede" in die
> nuwe Liedboek van die Kerk (Lied 358).
>
> (As iemand dit wel alreeds geplaas het, lees dit weer.)
>
> Welkom, o stille nag van vrede (Koos du Plessis en Jannie du
> Toit)
>
> Welkom , o stille nag van vrede,
> onder die suiderkruis,
> wyl stemme uit die ou verlede
> oor sterrevelde ruis
> Kersfees kom, Kersfees kom-
> gee aan God die eer.
> Skenk 'n helder Somerkersfees
> in hierdie land, o Heer
>
> Hoor hoe sag die klokke beier
> in eeue-oue taal.
> Kyk, selfs die nagtelike swye
> vertel die ou verhaal.
> Kersfees kom, Kersfees kom-
> gee aan God die eer.
> Skenk ons 'n helder Somerkersfees
> in hierdie land, o Heer
>
> Voel jy ook nou sy warm liefde
> as ons die dag gedenk,
> toe hy sy Seun aan ons gegee het-
> ons grootste Kersgeskenk.
> Christus kom, Christus kom-
> gee aan God die eer.
> Skenk ons 'n helder Somerkersfees
> in hierdie land. o Heer
Vorige onderwerp: GROOT AFRIKAANSE MUSIEKFEES BY CARNIVAL CITY
Volgende onderwerp: " 'n Nuwe Liedjie op 'n ou deuntjie " deur C. LOUIS LEIPOLDT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 09:33:59 MGT 2024