Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Wie het die Stem in Engels vertaal
Wie het die Stem in Engels vertaal [boodskap #61196] So, 28 April 2002 01:19 na volgende boodskap
Jaco Geldenhuys  is tans af-lyn  Jaco Geldenhuys
Boodskappe: 3
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Junior Lid
Weet iemand dalk wie die Stem in Engels vertaal het in 1952?

--
Jaco
Re: Wie het die Stem in Engels vertaal [boodskap #61198 is 'n antwoord op boodskap #61196] So, 28 April 2002 01:52 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jaco Geldenhuys wrote:

> Weet iemand dalk wie die Stem in Engels vertaal het in 1952?

Dit was nie een persoon nie, maar 'n komitee
wat daarvoor verantwoordelik was.Ek haal die
volgende aan uit Kannemeyer se "Langenhoven:
'n Lewe." (p. 41)

"D.F. Malan... die tyd ryp ag om 'n komitee
te laat aanstel om 'n vertaling van "Die Stem"
te verkry. Die aangeleentheid sou deur Dr. T.E.
Dönges in sy hoedanigheid as Minister van binne-
landse sake gehanteer word. Die lede van die
komitee was appèlregter H.A. Fagan as voorsitter
net prof. Guy Butler van Grahamstad, prof. David
Hopwood van Bloemfontein, regter C. Newton Thompson
en Sarah Goldblatt as lede. Uit ongeveer 500
vertalings wat deur die jare aan Saartjie voorgelê
is, het die komitee sy eie saamgestel. Op 5 April
1952 het Dr. Malan hierdie vertaling tot die
amptelike Engelse vertaling van "Die Stem" verklaar.
Die laaste twee reëls van die slotstrofe is deur Guy
Butler geskryf:

As our fathers trusted humbly, teach us, Lord, to trust Thee still:
Guard our land and guide our people in Thy way to do Thy will.

Gloudina
Vorige onderwerp: Swak CD's
Volgende onderwerp: Afrikaanse Sangers is Plesierig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 13:32:05 MGT 2024