Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Charl-Pierre Naudé (geb. 1958) - Inisiasie
Charl-Pierre Naudé (geb. 1958) - Inisiasie [boodskap #59109] Vr, 22 Maart 2002 14:38 na volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina het gevra: "Ek wonder of die "villanelle
van die oos-vrystaat -clarens distrik" in die
verseboek is."
Jammer, nee - dis nie daar nie. Ook nie Naudé se "Die Brommer" nie. Ek moet
nogal regtig sê dat ek Brink se keuses van gedigte wat geplaas is - en veral
soms wat nie geplaas is nie - verrassend vind. Maar nouja - soos 'n
digtervriend in Suid-Afrika my geantwoord het: "daar is ook soveel smake wat
bevredig moet word wanneer 'n mens so 'n bundel saamstal."

Nietemin - hier is nog van Naudé. Geniet dit. Terloops - jammer ek het nou
eers kon antwoord. My "day job" meng nogal in met die ander dinge wat ek
graag sou wou doen.... :-)

Charl-Pierre Naudé (geb. 1958)

Inisiasie

Dit was op een van daardie dae wanneer,
so meen sommige mense, niks gebeur nie.
Niks het op die hoewe beweeg nie
behalwe onbespeurbaar, die aarde.
In die verte was die smeulende geweerlope
van 'n steengroef se gruishope.
Ek onthou hoe helder die venster
se skaduwee op die vloer lê;
die beklemmende slaap daarna:
realiteit en droom is twee emmers
van dieselfde waterdraer.
In die middag en my droom se gedeelde halflig
moes ek heidense maskers aanpas,
oorspronklikes van my eie vervalste gesig.
Die kussing se rooster was in my gesig afgedruk soos vlerke,
toe ek wakker skrik en vaskyk teen my muurplakkaat
van 'n Afrika-gesig met diep inisiasiemerke.
André P. Brink (samest.), Groot Verseboek 2000, (Kaapstad: Tafelberg) 2000.
Re: Charl-Pierre Naudé (geb. 1958) - Inisiasie [boodskap #59114 is 'n antwoord op boodskap #59109] Vr, 22 Maart 2002 15:45 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Kwarantyn wrote:

> Jammer, nee - dis nie daar nie. Ook nie Naudé se "Die Brommer" nie. Ek moet
> nogal regtig sê dat ek Brink se keuses van gedigte wat geplaas is - en veral
> soms wat nie geplaas is nie - verrassend vind.

Baie baie dankie. Ek vul op hierdie manier
my "versameling' sommer lekker aan. Ek het
"Die Nomadiese Oomblik" en daardie gedig
oor Nelson Mandela op Robbeneiland (ek dink
dit word "kalkgroef" genoem) van Charl-Pierre
Naude. Is daar nog ander in die Verseboek?

Gloudina
Vorige onderwerp: Ingils Hier
Volgende onderwerp: Tom Gouws (geb. 1961) - onsuiwer wiskunde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 19:50:21 MGT 2024