Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Sonja Heroldt of wat?
Sonja Heroldt of wat? [boodskap #45845] Do, 05 Julie 2001 12:01 na volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek het by die huis 'n ou seven single opgespoor wat toentertyd gemaak is
deur Sonja Marks. Dit klink soos 'n baie jong Sonja Heroldt - sy sing selfs
"Ek verlang na jou", maar anders as die opnames wat ons ken.

Kan iemand meer lig hierop werp?

Koot
Re: Sonja Heroldt of wat? [boodskap #45849 is 'n antwoord op boodskap #45845] Do, 05 Julie 2001 12:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Herholdt was blykbaar haar nooiensvan - maar wie weet - miskien was dit
Marks, en sy het nie van die van gehou nie.
Watter jaar was daardie plaat gesny?
Hoe jonk klink sy?
Annette

Koot Pieterse skryf in boodskap news:3b445702$0$228@hades.is.co.za...
> Ek het by die huis 'n ou seven single opgespoor wat toentertyd gemaak is
> deur Sonja Marks. Dit klink soos 'n baie jong Sonja Heroldt - sy sing selfs
> "Ek verlang na jou", maar anders as die opnames wat ons ken.
>
> Kan iemand meer lig hierop werp?
>
> Koot
>
Re: Sonja Heroldt of wat? [boodskap #45853 is 'n antwoord op boodskap #45845] Do, 05 Julie 2001 13:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
http://www.sonjaherholdt.co.za/ maar geen "mention" van Marks.

TJ
Re: Sonja Heroldt of wat? [boodskap #45854 is 'n antwoord op boodskap #45845] Do, 05 Julie 2001 13:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
http://www.ofm.co.za/Musiek/kunstenaar.asp?q=KHa73

Biografiese Besonderhede

SONJA HERHOLDT, wat reeds op drie-jarige ouderdom in haar eerste konsert
opgetree het, is op 1 Desember 1952 in Nigel gebore en het dwarsdeur haar
skoolloopbaan aan konserte, operettes en kunswedstryde deelgeneem. Sy was
hoofmeisie van sowel die Laerskool Tienie Vorster as die Hoërskool John
Vorster in Nigel.
Re: Sonja Heroldt of wat? [boodskap #45856 is 'n antwoord op boodskap #45845] Do, 05 Julie 2001 13:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Sy het haar onderwysdiploma aan dei Goudstadse Onderwyskollege cum laude
behaal. Haar ideaal was eintlik om aktrise te word, maar haar toekomstige
man, FC Hamman saam met wie sy dikwels op kollege gesing het, het haar
potensiaal raakgesien en as kameraman vir Gordon Vorster dit bewerkstellig
dat sy JAN DE WET se liedjie EK VERLANG NA JOU in die rolprent Sarah sing.

Watter jaar is die "movie" Sarah gemaak? - TJ
Re: Sonja Heroldt of wat? [boodskap #45864 is 'n antwoord op boodskap #45856] Do, 05 Julie 2001 18:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 5 Jul 2001 15:08:37 +0200, "TJ" wrote:

> haar toekomstige
> man, FC Hamman saam met wie sy dikwels op kollege gesing het, het haar
> potensiaal raakgesien

Ek dink haar 'toekomstige man' is nou haar 'gewese man'.

DD
Re: Sonja Heroldt of wat? [boodskap #45866 is 'n antwoord op boodskap #45864] Do, 05 Julie 2001 19:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Doodreg Davie. Dink jy deel van hulle probleme was dat sy nie as Sonja
Hamman wou sing nie?:))
Annette

Davie Davis skryf in boodskap news:9rd9kt4a4puo39l2kohd9d6lkpupj28shh@4ax.com...
> On Thu, 5 Jul 2001 15:08:37 +0200, "TJ"
> wrote:
>
>> haar toekomstige
>> man, FC Hamman saam met wie sy dikwels op kollege gesing het, het haar
>> potensiaal raakgesien
>
> Ek dink haar 'toekomstige man' is nou haar 'gewese man'.
>
> DD
Re: Sonja Heroldt of wat? [boodskap #45868 is 'n antwoord op boodskap #45866] Do, 05 Julie 2001 20:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 5 Jul 2001 21:20:37 +0200, "Annette" wrote:

> Doodreg Davie. Dink jy deel van hulle probleme was dat sy nie as Sonja
> Hamman wou sing nie?:))
> Annette
>

Dink dis probleme van lank se tyd Annette. Sonja het een aand by die
kerk aan ons genoem dat sy en FC huweliks probleme GEHAD het. Dit was
tydens 'n aand waar sy getuienis gelewer het en geestelik op 'n baie
hoë vlak verkeer het.
Dit wat ek hier noem was ongeveer vyftien (of selfs sestien jaar)
gelede - en die huwelik het weer jare lank (gefloreer?).

Haar langspeler 'Reflections' pas klaar gemaak, was nog nie vrygestel
nie en sy het 'n weergawe daarvan daardie aand vir my gegee. Ek het
nou net gekyk of daar 'n datum op is maar sy het slegs geskryf :
Fil 4 : 4 & 4 : 13.
Gaan kyk watter boodskap sy vir my daarop geskryf het.

DD
Re: Sonja Heroldt of wat? [boodskap #45873 is 'n antwoord op boodskap #45868] Do, 05 Julie 2001 21:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Daar is mos 'n liedjie wat begin met: Fil. 4:4 sê verbly jou in die Heer.
Annette

Davie Davis skryf in boodskap news:1pg9ktkmbggcub0dabq4s8fcq0assv78h6@4ax.com...
> On Thu, 5 Jul 2001 21:20:37 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Doodreg Davie. Dink jy deel van hulle probleme was dat sy nie as Sonja
>> Hamman wou sing nie?:))
>> Annette
>>
>
> Dink dis probleme van lank se tyd Annette. Sonja het een aand by die
> kerk aan ons genoem dat sy en FC huweliks probleme GEHAD het. Dit was
> tydens 'n aand waar sy getuienis gelewer het en geestelik op 'n baie
> hoë vlak verkeer het.
> Dit wat ek hier noem was ongeveer vyftien (of selfs sestien jaar)
> gelede - en die huwelik het weer jare lank (gefloreer?).
>
> Haar langspeler 'Reflections' pas klaar gemaak, was nog nie vrygestel
> nie en sy het 'n weergawe daarvan daardie aand vir my gegee. Ek het
> nou net gekyk of daar 'n datum op is maar sy het slegs geskryf :
> Fil 4 : 4 & 4 : 13.
> Gaan kyk watter boodskap sy vir my daarop geskryf het.
>
> DD
Re: Sonja Heroldt of wat? [boodskap #45878 is 'n antwoord op boodskap #45864] Vr, 06 Julie 2001 04:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ja en daai aand of Dis hoe dit is moes ou Steve net koes vir ou Sonja ,
duidelik planne vir Steve gehad die aand

"Davie Davis" skryf in boodskap news:9rd9kt4a4puo39l2kohd9d6lkpupj28shh@4ax.com...
> On Thu, 5 Jul 2001 15:08:37 +0200, "TJ"
> wrote:
>
>> haar toekomstige
>> man, FC Hamman saam met wie sy dikwels op kollege gesing het, het haar
>> potensiaal raakgesien
>
> Ek dink haar 'toekomstige man' is nou haar 'gewese man'.
>
> DD
Re: Sonja Heroldt of wat? [boodskap #45892 is 'n antwoord op boodskap #45849] Vr, 06 Julie 2001 11:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Sjie, hier is nou 'n tema wat ontaard het. Dankie vir jou hulp.

Ek sal moet gaan kyk, maar ek dink die plaat is al in 1976 gesny. Sonja
klink so matriekerig (en nog maar bra valserig, maar moenie my quoute nie!)

Koot

"Annette" skryf in boodskap news:9i1n2u$g8flo$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Herholdt was blykbaar haar nooiensvan - maar wie weet - miskien was dit
> Marks, en sy het nie van die van gehou nie.
> Watter jaar was daardie plaat gesny?
> Hoe jonk klink sy?
> Annette
>
> Koot Pieterse skryf in boodskap news:3b445702$0$228@hades.is.co.za...
>> Ek het by die huis 'n ou seven single opgespoor wat toentertyd gemaak is
>> deur Sonja Marks. Dit klink soos 'n baie jong Sonja Heroldt - sy sing selfs
>> "Ek verlang na jou", maar anders as die opnames wat ons ken.
>>
>> Kan iemand meer lig hierop werp?
>>
>> Koot
>>
>
Re: Sonja Heroldt of wat? [boodskap #45896 is 'n antwoord op boodskap #45892] Vr, 06 Julie 2001 11:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
klop klop
wie's daar?
wêk
wêk wie?
wêk verlang na jou is in 1976 deur Sonja Heroldt uitgebring. Ek kan aan geen
rede dink hoekom sy dit onder 'n ander naam ook sou uitbring nie...

As die anner antie ook soos sy klink, pla dit my nie dat ek nog nooit van
haar gehoor het nie...

Terloops, het toe Dozi se cd in huis. Kon ook maar in SA gebly het. Die ou
se uitspraak gee my spuitskuit!
_________________________________________________________
Koot Pieterse schreef in berichtnieuws 3b459d30$0$231@hades.is.co.za...
> Sjie, hier is nou 'n tema wat ontaard het. Dankie vir jou hulp.
>
> Ek sal moet gaan kyk, maar ek dink die plaat is al in 1976 gesny. Sonja
> klink so matriekerig (en nog maar bra valserig, maar moenie my quoute nie!)
>
> Koot
>
> "Annette" wrote in message news:9i1n2u$g8flo$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Herholdt was blykbaar haar nooiensvan - maar wie weet - miskien was dit
>> Marks, en sy het nie van die van gehou nie.
>> Watter jaar was daardie plaat gesny?
>> Hoe jonk klink sy?
>> Annette
>>
>> Koot Pieterse wrote in message news:3b445702$0$228@hades.is.co.za...
>>> Ek het by die huis 'n ou seven single opgespoor wat toentertyd gemaak is
>>> deur Sonja Marks. Dit klink soos 'n baie jong Sonja Heroldt - sy sing selfs
>>> "Ek verlang na jou", maar anders as die opnames wat ons ken.
>>>
>>> Kan iemand meer lig hierop werp?
>>>
>>> Koot
>>>
>>
>
Re: Sonja Heroldt of wat? [boodskap #45901 is 'n antwoord op boodskap #45892] Vr, 06 Julie 2001 13:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dan is dit nie sy nie - Sonja was toe al Herholdt.
Maar soet vals was sy toe ook:)))
Owhek Verlangna Jou was een van haar eerste treffers.
Annette

Koot Pieterse skryf in boodskap news:3b459d30$0$231@hades.is.co.za...
> Sjie, hier is nou 'n tema wat ontaard het. Dankie vir jou hulp.
>
> Ek sal moet gaan kyk, maar ek dink die plaat is al in 1976 gesny. Sonja
> klink so matriekerig (en nog maar bra valserig, maar moenie my quoute nie!)
>
> Koot
>
> "Annette" wrote in message news:9i1n2u$g8flo$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Herholdt was blykbaar haar nooiensvan - maar wie weet - miskien was dit
>> Marks, en sy het nie van die van gehou nie.
>> Watter jaar was daardie plaat gesny?
>> Hoe jonk klink sy?
>> Annette
>>
>> Koot Pieterse wrote in message news:3b445702$0$228@hades.is.co.za...
>>> Ek het by die huis 'n ou seven single opgespoor wat toentertyd gemaak is
>>> deur Sonja Marks. Dit klink soos 'n baie jong Sonja Heroldt - sy sing selfs
>>> "Ek verlang na jou", maar anders as die opnames wat ons ken.
>>>
>>> Kan iemand meer lig hierop werp?
>>>
>>> Koot
>>>
>>
>
Re: Sonja Heroldt of wat? [boodskap #45902 is 'n antwoord op boodskap #45896] Vr, 06 Julie 2001 13:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek het jou al van die begin af gesê sy naam in Afrikaans is Dosie:)))

Sonja het al van voor 1976 begin sing.
Annette

Max skryf in boodskap news:9i48jm$kms$1@azure.nl.gxn.net...
> klop klop
> wie's daar?
> wêk
> wêk wie?
> wêk verlang na jou is in 1976 deur Sonja Heroldt uitgebring. Ek kan aan geen
> rede dink hoekom sy dit onder 'n ander naam ook sou uitbring nie...
>
> As die anner antie ook soos sy klink, pla dit my nie dat ek nog nooit van
> haar gehoor het nie...
>
> Terloops, het toe Dozi se cd in huis. Kon ook maar in SA gebly het. Die ou
> se uitspraak gee my spuitskuit!
> _________________________________________________________
> Koot Pieterse schreef in berichtnieuws 3b459d30$0$231@hades.is.co.za...
>> Sjie, hier is nou 'n tema wat ontaard het. Dankie vir jou hulp.
>>
>> Ek sal moet gaan kyk, maar ek dink die plaat is al in 1976 gesny. Sonja
>> klink so matriekerig (en nog maar bra valserig, maar moenie my quoute nie!)
>>
>> Koot
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:9i1n2u$g8flo$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Herholdt was blykbaar haar nooiensvan - maar wie weet - miskien was dit
>>> Marks, en sy het nie van die van gehou nie.
>>> Watter jaar was daardie plaat gesny?
>>> Hoe jonk klink sy?
>>> Annette
>>>
>>> Koot Pieterse wrote in message news:3b445702$0$228@hades.is.co.za...
>>>> Ek het by die huis 'n ou seven single opgespoor wat toentertyd gemaak is
>>>> deur Sonja Marks. Dit klink soos 'n baie jong Sonja Heroldt - sy sing selfs
>>>> "Ek verlang na jou", maar anders as die opnames wat ons ken.
>>>>
>>>> Kan iemand meer lig hierop werp?
>>>>
>>>> Koot
>>>>
>>>
>>
>
Re: Sonja Heroldt of wat? [boodskap #45905 is 'n antwoord op boodskap #45845] Vr, 06 Julie 2001 16:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Koot Pieterse" skryf in boodskap news:3b445702$0$228@hades.is.co.za...
> Ek het by die huis 'n ou seven single opgespoor wat toentertyd gemaak is
> deur Sonja Marks. Dit klink soos 'n baie jong Sonja Heroldt - sy sing selfs
> "Ek verlang na jou", maar anders as die opnames wat ons ken.
>
> Kan iemand meer lig hierop werp?
>
> Koot
>

Heroldt is 'n stage naam. Oor die res van die thread - Sonja is in 97 van FC
geskei. Hulle het al stres in hul verhouding gehad van die vroeë tagtigs af
al, maar het bly werk aan hul huwelik. Dit is so 'n bietjie anders as die
huidige tendens waar as die verliefdheid verby is mense sumier skei. Oor die
persoonlikheid verhaal - sy het 'n great persoonlikheid, en dit nie net op
stage of voor gehore nie. FC is terloops ook 'n great persoon - baie "arty"
ook met alles wat daarmee gepaard gaan. Ek dink nie dat sy 'n probleem sou
gehad het om as Sonja Hamman te sing nie - so is sy nie - sy het haar
loopbaan vir baie jare opgeoffer ter wille van haar huwelik.
Re: Sonja Heroldt of wat? [boodskap #45910 is 'n antwoord op boodskap #45856] Vr, 06 Julie 2001 17:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hier is 'n bewys dat 'n onderwyser dit wel kan maak tot bo aan die leer.
Daar is nog hoop Gloudina ...

"TJ" skryf in boodskap news:3b44670a$0$230@hades.is.co.za...
> Sy het haar onderwysdiploma aan dei Goudstadse Onderwyskollege cum laude
> behaal. Haar ideaal was eintlik om aktrise te word, maar haar toekomstige
> man, FC Hamman saam met wie sy dikwels op kollege gesing het, het haar
> potensiaal raakgesien en as kameraman vir Gordon Vorster dit bewerkstellig
> dat sy JAN DE WET se liedjie EK VERLANG NA JOU in die rolprent Sarah sing.
>
>
> Watter jaar is die "movie" Sarah gemaak? - TJ
>
Re: Sonja Heroldt of wat? [boodskap #45911 is 'n antwoord op boodskap #45864] Vr, 06 Julie 2001 17:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Haar potensiaal raakgesien? Klink verdag... Hy't haar seker ter wille van
haar "persoonlikheid" getrou ...

"Davie Davis" skryf in boodskap news:9rd9kt4a4puo39l2kohd9d6lkpupj28shh@4ax.com...
> On Thu, 5 Jul 2001 15:08:37 +0200, "TJ"
> wrote:
>
>> haar toekomstige
>> man, FC Hamman saam met wie sy dikwels op kollege gesing het, het haar
>> potensiaal raakgesien
>
> Ek dink haar 'toekomstige man' is nou haar 'gewese man'.
>
> DD
Re: Sonja Heroldt of wat? [boodskap #45912 is 'n antwoord op boodskap #45878] Vr, 06 Julie 2001 17:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink ons onderwerpe begin opdroog as Sonja 'n onderwerp geword het -
bepaald nie my idee van pret nie.
"Krokkie"
wrote in message
news:3b453e17$0$224@hades.is.co.za...
> Ja en daai aand of Dis hoe dit is moes ou Steve net koes vir ou Sonja ,
> duidelik planne vir Steve gehad die aand
>
>
>
>
>
> "Davie Davis" wrote in message
> news:9rd9kt4a4puo39l2kohd9d6lkpupj28shh@4ax.com...
>> On Thu, 5 Jul 2001 15:08:37 +0200, "TJ"
>> wrote:
>>
>>> haar toekomstige
>>> man, FC Hamman saam met wie sy dikwels op kollege gesing het, het haar
>>> potensiaal raakgesien
>>
>> Ek dink haar 'toekomstige man' is nou haar 'gewese man'.
>>
>> DD
>
Re: Sonja Heroldt of wat? [boodskap #45922 is 'n antwoord op boodskap #45912] Vr, 06 Julie 2001 21:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 6 Jul 2001 19:12:13 +0200, "Jonas" wrote:

> Ek dink ons onderwerpe begin opdroog as Sonja 'n onderwerp geword het -
> bepaald nie my idee van pret nie.
> "Krokkie"
> kopnanderpleknamy.krok> wrote in message
> news:3b453e17$0$224@hades.is.co.za...
>> Ja en daai aand of Dis hoe dit is moes ou Steve net koes vir ou Sonja ,
>> duidelik planne vir Steve gehad die aand
> Max
> As die anner antie ook soos sy klink, pla dit my nie dat ek nog nooit van
> haar gehoor het nie...

Dit is wat dit so wonderlik maak dat ons almal verskillende smake het.
Miskien is Gloudina jou heldin Jonas :-))))))))))))))))))))) (lgmgtf !
Ék weer, kan vir Sonja sit en luister en haar geniet
Ons het kontak gehad buite haar sangwêreld ook
en die vroumens is lieflik. Sy het 'n persoonlikheid wat straal van
die verhoog af òòk. En daar is iets in haar sang wat sê dat sy bedoel
wat sy sing.

DD
Re: Sonja Heroldt of wat? [boodskap #45926 is 'n antwoord op boodskap #45922] Vr, 06 Julie 2001 21:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pieter Immelman  is tans af-lyn  Pieter Immelman
Boodskappe: 114
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
DD, wat dink jy van hierdie nuutste poging van haar. Die ding klink vir my
baie blikkerig en ek glo nie dit pas by haar nie.
pj

"Davie Davis" skryf in boodskap news:g0bcktsu8repn4h9ubr486kroaac24aqo9@4ax.com...
> On Fri, 6 Jul 2001 19:12:13 +0200, "Jonas"
> wrote:
>
>> Ek dink ons onderwerpe begin opdroog as Sonja 'n onderwerp geword het -
>> bepaald nie my idee van pret nie.
>> "Krokkie"
>
> > kopnanderpleknamy.krok> wrote in message
>> news:3b453e17$0$224@hades.is.co.za...
>>> Ja en daai aand of Dis hoe dit is moes ou Steve net koes vir ou Sonja ,
>>> duidelik planne vir Steve gehad die aand
>> Max
>> As die anner antie ook soos sy klink, pla dit my nie dat ek nog nooit van
>> haar gehoor het nie...
>
> Dit is wat dit so wonderlik maak dat ons almal verskillende smake het.
> Miskien is Gloudina jou heldin Jonas :-))))))))))))))))))))) (lgmgtf !
> ék weer, kan vir Sonja sit en luister en haar geniet
> Ons het kontak gehad buite haar sangwêreld ook
> en die vroumens is lieflik. Sy het 'n persoonlikheid wat straal van
> die verhoog af óók. En daar is iets in haar sang wat sê dat sy bedoel
> wat sy sing.
>
> DD
>
Re: Sonja Heroldt of wat? [boodskap #45929 is 'n antwoord op boodskap #45926] Vr, 06 Julie 2001 22:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alan  is tans af-lyn  Alan
Boodskappe: 7
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
On Fri, 6 Jul 2001 23:52:46 +0200, p...@eskom.co.za wrote:

> DD, wat dink jy van hierdie nuutste poging van haar. Die ding klink vir my
> baie blikkerig en ek glo nie dit pas by haar nie.
> pj

Nie gehoor nie PJ.... wat is die naam daarvan?

DD
Re: Sonja Heroldt of wat? [boodskap #45931 is 'n antwoord op boodskap #45929] Vr, 06 Julie 2001 22:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pieter Immelman  is tans af-lyn  Pieter Immelman
Boodskappe: 114
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
Dis die symste 'Ek verlang na jou' maar 'n nuwe "mix"
pj

"Alan" skryf in boodskap news:hsdckt060j4is0mj9p1hmv67ngh91jlkff@4ax.com...
> On Fri, 6 Jul 2001 23:52:46 +0200, p...@eskom.co.za wrote:
>
>> DD, wat dink jy van hierdie nuutste poging van haar. Die ding klink vir my
>> baie blikkerig en ek glo nie dit pas by haar nie.
>> pj
>
> Nie gehoor nie PJ.... wat is die naam daarvan?
>
> DD
Re: Sonja Heroldt of wat? [boodskap #45933 is 'n antwoord op boodskap #45931] Vr, 06 Julie 2001 22:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 7 Jul 2001 00:42:59 +0200, p...@eskom.co.za wrote:

> Dis die symste 'Ek verlang na jou' maar 'n nuwe "mix"
> pj

Sal graag daarna wi; luister maar ek wonder of ek van die 'nuwe mix'
gaan hou. Ek's ietwat (eintlik heelwat!) konserwatief wat musieksmaak
aanbetref - en ek verstom my aan iemand soos Cliff Richard wat op die
verhoog bly terwyl 'n sanger/es se kalklig jare baie beperk is.
Alhoewel ek dit wat hy doen om populêr te bly verstaan, want hy pas
aan by die veranderende musiekmaak, het ek werklik baie gehou van die
40 Days Cliff Richard maar doen geen moeite om na sy huidige musiek te
luister of aan te skaf nie.

DD
Re: Sonja Heroldt of wat? [boodskap #45934 is 'n antwoord op boodskap #45933] Vr, 06 Julie 2001 22:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 07 Jul 2001 00:53:26 +0200, Davie Davis wrote:

'n Voorbeeld is 'Maritza" op wie se stem ek versot was die tyd toe sy
dié sangeres van hier was, en toe raak sy weg/stil!
Wat sou van haar geword het?

DD
Re: Sonja Heroldt of wat? [boodskap #45940 is 'n antwoord op boodskap #45845] Vr, 06 Julie 2001 23:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alan  is tans af-lyn  Alan
Boodskappe: 7
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
On Sat, 7 Jul 2001 01:20:36 +0200, p...@eskom.co.za wrote:

> Ek weet nie waar jy woon nie DD maar ek hoor die Sonja een gereeld op
> Jakaranda.
> Geen idee wat van Maritza geword het nie.
> pj

Jakaranda is luisterbaar vir my PJ maar die radio is maar (as default)
op Hoëveld ingestel. Ek gaan moeite doen om haar nuuste onder ore te
kry.

DD
Re: Sonja Heroldt of wat? [boodskap #45941 is 'n antwoord op boodskap #45934] Vr, 06 Julie 2001 23:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pieter Immelman  is tans af-lyn  Pieter Immelman
Boodskappe: 114
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek weet nie waar jy woon nie DD maar ek hoor die Sonja een gereeld op
Jakaranda.
Geen idee wat van Maritza geword het nie.
pj

"Davie Davis" skryf in boodskap news:fdgcktclgpiqeo9jpeg7qk4mrovc0eu23r@4ax.com...
> On Sat, 07 Jul 2001 00:53:26 +0200, Davie Davis
> wrote:
>
>
> 'n Voorbeeld is 'Maritza" op wie se stem ek versot was die tyd toe sy
> dié sangeres van hier was, en toe raak sy weg/stil!
> Wat sou van haar geword het?
>
> DD
Re: Sonja Heroldt of wat? [boodskap #45956 is 'n antwoord op boodskap #45933] Sa, 07 Julie 2001 04:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hou jy van Tom Jones se nuwe rigting?
Annette

Davie Davis skryf in boodskap news:o0gckto6o0ut30imar9qgo8esi2o3tofsd@4ax.com...
> On Sat, 7 Jul 2001 00:42:59 +0200, p...@eskom.co.za wrote:
>
>> Dis die symste 'Ek verlang na jou' maar 'n nuwe "mix"
>> pj
>
> Sal graag daarna wi; luister maar ek wonder of ek van die 'nuwe mix'
> gaan hou. Ek's ietwat (eintlik heelwat!) konserwatief wat musieksmaak
> aanbetref - en ek verstom my aan iemand soos Cliff Richard wat op die
> verhoog bly terwyl 'n sanger/es se kalklig jare baie beperk is.
> Alhoewel ek dit wat hy doen om populêr te bly verstaan, want hy pas
> aan by die veranderende musiekmaak, het ek werklik baie gehou van die
> 40 Days Cliff Richard maar doen geen moeite om na sy huidige musiek te
> luister of aan te skaf nie.
>
> DD
Re: Sonja Heroldt of wat? [boodskap #45957 is 'n antwoord op boodskap #45934] Sa, 07 Julie 2001 04:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Seker getroud of iets:))
Annette

Davie Davis skryf in boodskap news:fdgcktclgpiqeo9jpeg7qk4mrovc0eu23r@4ax.com...
> On Sat, 07 Jul 2001 00:53:26 +0200, Davie Davis
> wrote:
>
>
> 'n Voorbeeld is 'Maritza" op wie se stem ek versot was die tyd toe sy
> dié sangeres van hier was, en toe raak sy weg/stil!
> Wat sou van haar geword het?
>
> DD
Re: Sonja Heroldt of wat? [boodskap #45958 is 'n antwoord op boodskap #45845] Sa, 07 Julie 2001 04:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Sing G?:)))
Annette

Jonas skryf in boodskap news:3b468725$0$232@hades.is.co.za...
> DD - smaak verskil - goddank. Tien uit tien dat jy vir 'n kennis/vriendin in
> die bresse tree. Maar, ek hou nie van haar sang nie - die res ken ek nie. Ek
> het 'n "ding" oor stemme wat ietwat geforseerd klink. IN haar geval is daar
> 'n tikkie"ek wil 'n klein dogtertjie wees..." ('n Persoonlike waarneming -
> wat nie noodwendig hier geld nie, is dat onderdrukte persoonlikhede
> gewoonlik ook hul stemtone onderdruk.)
> Wat die ou kanadese fossiel betref - daaroor stem ons saam... nê?
> "Davie Davis" wrote in message
> news:g0bcktsu8repn4h9ubr486kroaac24aqo9@4ax.com...
>> On Fri, 6 Jul 2001 19:12:13 +0200, "Jonas"
>> wrote:
>>
>>> Ek dink ons onderwerpe begin opdroog as Sonja 'n onderwerp geword het -
>>> bepaald nie my idee van pret nie.
>>> "Krokkie"
>>
>
> e
>>> kopnanderpleknamy.krok> wrote in message
>>> news:3b453e17$0$224@hades.is.co.za...
>>>> Ja en daai aand of Dis hoe dit is moes ou Steve net koes vir ou Sonja ,
>>>> duidelik planne vir Steve gehad die aand
>>> Max
>>> As die anner antie ook soos sy klink, pla dit my nie dat ek nog nooit van
>>> haar gehoor het nie...
>>
>> Dit is wat dit so wonderlik maak dat ons almal verskillende smake het.
>> Miskien is Gloudina jou heldin Jonas :-))))))))))))))))))))) (lgmgtf !
>> ék weer, kan vir Sonja sit en luister en haar geniet
>> Ons het kontak gehad buite haar sangwêreld ook
>> en die vroumens is lieflik. Sy het 'n persoonlikheid wat straal van
>> die verhoog af óók. En daar is iets in haar sang wat sê dat sy bedoel
>> wat sy sing.
>>
>> DD
>>
>
Re: Sonja Heroldt of wat? [boodskap #45978 is 'n antwoord op boodskap #45905] Sa, 07 Julie 2001 13:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek het 'n groot verrassing gehad - Sonja het self gereageer. Sy sê sy't geen
idee waar daardie opname vandaan kom nie en vra dat ek vir haar 'n kopie
stuur. Ek het na haar webwerf toe geskryf.

Koot

"Gids" skryf in boodskap news:pyl17.189740$u5.3667720@zwoll1.home.nl...
>
> "Koot Pieterse" wrote in message news:3b445702$0$228@hades.is.co.za...
>> Ek het by die huis 'n ou seven single opgespoor wat toentertyd gemaak is
>> deur Sonja Marks. Dit klink soos 'n baie jong Sonja Heroldt - sy sing selfs
>> "Ek verlang na jou", maar anders as die opnames wat ons ken.
>>
>> Kan iemand meer lig hierop werp?
>>
>> Koot
>>
>
> Heroldt is 'n stage naam. Oor die res van die thread - Sonja is in 97 van FC
> geskei. Hulle het al stres in hul verhouding gehad van die vroeë tagtigs af
> al, maar het bly werk aan hul huwelik. Dit is so 'n bietjie anders as die
> huidige tendens waar as die verliefdheid verby is mense sumier skei. Oor die
> persoonlikheid verhaal - sy het 'n great persoonlikheid, en dit nie net op
> stage of voor gehore nie. FC is terloops ook 'n great persoon - baie "arty"
> ook met alles wat daarmee gepaard gaan. Ek dink nie dat sy 'n probleem sou
> gehad het om as Sonja Hamman te sing nie - so is sy nie - sy het haar
> loopbaan vir baie jare opgeoffer ter wille van haar huwelik.
>
Re: Sonja Heroldt of wat? [boodskap #45981 is 'n antwoord op boodskap #45978] Sa, 07 Julie 2001 13:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dankie Koot. Het sy iets gesê of sy ooit 'n Marks was?
Annette

Koot Pieterse skryf in boodskap news:3b470b2c$0$250@helios.is.co.za...
> Ek het 'n groot verrassing gehad - Sonja het self gereageer. Sy sê sy't geen
> idee waar daardie opname vandaan kom nie en vra dat ek vir haar 'n kopie
> stuur. Ek het na haar webwerf toe geskryf.
>
> Koot
>
> "Gids" wrote in message news:pyl17.189740$u5.3667720@zwoll1.home.nl...
>>
>> "Koot Pieterse" wrote in message news:3b445702$0$228@hades.is.co.za...
>>> Ek het by die huis 'n ou seven single opgespoor wat toentertyd gemaak is
>>> deur Sonja Marks. Dit klink soos 'n baie jong Sonja Heroldt - sy sing selfs
>>> "Ek verlang na jou", maar anders as die opnames wat ons ken.
>>>
>>> Kan iemand meer lig hierop werp?
>>>
>>> Koot
>>>
>>
>> Heroldt is 'n stage naam. Oor die res van die thread - Sonja is in 97 van FC
>> geskei. Hulle het al stres in hul verhouding gehad van die vroeë tagtigs af
>> al, maar het bly werk aan hul huwelik. Dit is so 'n bietjie anders as die
>> huidige tendens waar as die verliefdheid verby is mense sumier skei. Oor die
>> persoonlikheid verhaal - sy het 'n great persoonlikheid, en dit nie net op
>> stage of voor gehore nie. FC is terloops ook 'n great persoon - baie "arty"
>> ook met alles wat daarmee gepaard gaan. Ek dink nie dat sy 'n probleem sou
>> gehad het om as Sonja Hamman te sing nie - so is sy nie - sy het haar
>> loopbaan vir baie jare opgeoffer ter wille van haar huwelik.
>>
>
Re: Sonja Heroldt of wat? [boodskap #45982 is 'n antwoord op boodskap #45981] Sa, 07 Julie 2001 13:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Nee. Ek weet nie of ek moet vra nie.
Koot

"Annette" skryf in boodskap news:9i73un$gftv8$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Dankie Koot. Het sy iets gesê of sy ooit 'n Marks was?
> Annette
>
> Koot Pieterse skryf in boodskap news:3b470b2c$0$250@helios.is.co.za...
>> Ek het 'n groot verrassing gehad - Sonja het self gereageer. Sy sê sy't geen
>> idee waar daardie opname vandaan kom nie en vra dat ek vir haar 'n kopie
>> stuur. Ek het na haar webwerf toe geskryf.
>>
>> Koot
>>
>> "Gids" wrote in message
>> news:pyl17.189740$u5.3667720@zwoll1.home.nl...
>>>
>>> "Koot Pieterse" wrote in message news:3b445702$0$228@hades.is.co.za...
>>>> Ek het by die huis 'n ou seven single opgespoor wat toentertyd gemaak is
>>>> deur Sonja Marks. Dit klink soos 'n baie jong Sonja Heroldt - sy sing selfs
>>>> "Ek verlang na jou", maar anders as die opnames wat ons ken.
>>>>
>>>> Kan iemand meer lig hierop werp?
>>>>
>>>> Koot
>>>>
>>>
>>> Heroldt is 'n stage naam. Oor die res van die thread - Sonja is in 97 van FC
>>> geskei. Hulle het al stres in hul verhouding gehad van die vroeë tagtigs af
>>> al, maar het bly werk aan hul huwelik. Dit is so 'n bietjie anders as die
>>> huidige tendens waar as die verliefdheid verby is mense sumier skei. Oor die
>>> persoonlikheid verhaal - sy het 'n great persoonlikheid, en dit nie net op
>>> stage of voor gehore nie. FC is terloops ook 'n great persoon - baie "arty"
>>> ook met alles wat daarmee gepaard gaan. Ek dink nie dat sy 'n probleem sou
>>> gehad het om as Sonja Hamman te sing nie - so is sy nie - sy het haar
>>> loopbaan vir baie jare opgeoffer ter wille van haar huwelik.
>>>
>>
>
Re: Sonja Heroldt of wat? [boodskap #45984 is 'n antwoord op boodskap #45978] Sa, 07 Julie 2001 15:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gids  is tans af-lyn  Gids
Boodskappe: 140
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Koot Pieterse" skryf in boodskap news:3b470b2c$0$250@helios.is.co.za...
> Ek het 'n groot verrassing gehad - Sonja het self gereageer. Sy sê sy't geen
> idee waar daardie opname vandaan kom nie en vra dat ek vir haar 'n kopie
> stuur. Ek het na haar webwerf toe geskryf.
>

As jy so bietjie iets van har af geweet het, sou dit nie so verrassend wees
nie :)

-Gideon-
Re: Sonja Heroldt of wat? [boodskap #45988 is 'n antwoord op boodskap #45922] Sa, 07 Julie 2001 15:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
DD - smaak verskil - goddank. Tien uit tien dat jy vir 'n kennis/vriendin in
die bresse tree. Maar, ek hou nie van haar sang nie - die res ken ek nie. Ek
het 'n "ding" oor stemme wat ietwat geforseerd klink. IN haar geval is daar
'n tikkie"ek wil 'n klein dogtertjie wees..." ('n Persoonlike waarneming -
wat nie noodwendig hier geld nie, is dat onderdrukte persoonlikhede
gewoonlik ook hul stemtone onderdruk.)
Wat die ou kanadese fossiel betref - daaroor stem ons saam... nê?

"Davie Davis" skryf in boodskap news:g0bcktsu8repn4h9ubr486kroaac24aqo9@4ax.com...
> On Fri, 6 Jul 2001 19:12:13 +0200, "Jonas"
> wrote:
>
>> Ek dink ons onderwerpe begin opdroog as Sonja 'n onderwerp geword het -
>> bepaald nie my idee van pret nie.
>> "Krokkie"
>
> > kopnanderpleknamy.krok> wrote in message
>> news:3b453e17$0$224@hades.is.co.za...
>>> Ja en daai aand of Dis hoe dit is moes ou Steve net koes vir ou Sonja ,
>>> duidelik planne vir Steve gehad die aand
>> Max
>> As die anner antie ook soos sy klink, pla dit my nie dat ek nog nooit van
>> haar gehoor het nie...
>
> Dit is wat dit so wonderlik maak dat ons almal verskillende smake het.
> Miskien is Gloudina jou heldin Jonas :-))))))))))))))))))))) (lgmgtf !
> ék weer, kan vir Sonja sit en luister en haar geniet
> Ons het kontak gehad buite haar sangwêreld ook
> en die vroumens is lieflik. Sy het 'n persoonlikheid wat straal van
> die verhoog af óók. En daar is iets in haar sang wat sê dat sy bedoel
> wat sy sing.
>
> DD
>
Re: Sonja Heroldt of wat? [boodskap #45990 is 'n antwoord op boodskap #45957] Sa, 07 Julie 2001 16:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 7 Jul 2001 06:32:57 +0200, "Annette" wrote:

> Seker getroud of iets:))
> Annette
>

Wie, ek... of Maritza?...-:)))

DD
Re: Sonja Heroldt of wat? [boodskap #45991 is 'n antwoord op boodskap #45957] Sa, 07 Julie 2001 16:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 7 Jul 2001 06:32:57 +0200, "Annette" wrote:

> Seker getroud of iets:))
> Annette
>
>
So jy meen 'Maritza' was haar nooiensnaam? :-)

DD
Re: Sonja Heroldt of wat? [boodskap #45992 is 'n antwoord op boodskap #45990] Sa, 07 Julie 2001 17:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Sug!! Maritza:)))
Annette

Davie Davis skryf in boodskap news:m6fektkce4cqnlc4m8sf5jemonvkr3543r@4ax.com...
> On Sat, 7 Jul 2001 06:32:57 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Seker getroud of iets:))
>> Annette
>>
>
> Wie, ek... of Maritza?...-:)))
>
>
> DD
Re: Sonja Heroldt of wat? [boodskap #45993 is 'n antwoord op boodskap #45991] Sa, 07 Julie 2001 17:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Geen mans sal so 'n naam sommer net kies nie - mens moet so gedoop wees.
Daisy.:))))

Davie Davis skryf in boodskap news:8bfektkn6clm4rd4vjuojhkthk086ujcn9@4ax.com...
> On Sat, 7 Jul 2001 06:32:57 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Seker getroud of iets:))
>> Annette
>>
>>
> So jy meen 'Maritza' was haar nooiensnaam? :-)
>
> DD
Re: Sonja Heroldt of wat? [boodskap #46042 is 'n antwoord op boodskap #45940] So, 08 Julie 2001 11:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Iemand met goeie smaak. Wakkeranda sucks, Droëveld bo!!!
_________________________________________________

"Alan" skryf in boodskap news:jnhckts61ooea332m2csicesupf71qgfu2@4ax.com...
> On Sat, 7 Jul 2001 01:20:36 +0200, p...@eskom.co.za wrote:
>
>> Ek weet nie waar jy woon nie DD maar ek hoor die Sonja een gereeld op
>> Jakaranda.
>> Geen idee wat van Maritza geword het nie.
>> pj
>
>
> Jakaranda is luisterbaar vir my PJ maar die radio is maar (as default)
> op Hoëveld ingestel. Ek gaan moeite doen om haar nuuste onder ore te
> kry.
>
> DD
Re: Sonja Heroldt of wat? [boodskap #46043 is 'n antwoord op boodskap #45940] So, 08 Julie 2001 11:04 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Het julle dit nie oor "Reconstructing Alice" nie?
___________________________________________________

"Alan" skryf in boodskap news:jnhckts61ooea332m2csicesupf71qgfu2@4ax.com...
> On Sat, 7 Jul 2001 01:20:36 +0200, p...@eskom.co.za wrote:
>
>> Ek weet nie waar jy woon nie DD maar ek hoor die Sonja een gereeld op
>> Jakaranda.
>> Geen idee wat van Maritza geword het nie.
>> pj
>
>
> Jakaranda is luisterbaar vir my PJ maar die radio is maar (as default)
> op Hoëveld ingestel. Ek gaan moeite doen om haar nuuste onder ore te
> kry.
>
> DD
Vorige onderwerp: Ou "army" terme/sêgoed
Volgende onderwerp: Oom Hans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 10:24:17 MGT 2024