Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Blou Bul Song
Blou Bul Song [boodskap #99707] Vr, 22 Oktober 2004 07:05 na volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek weet dit is verkeerd, maar ek wil regtig nie 'n hele CD van Steve gaan
koop net vir een song nie, so indien enige persoon hier dalk die Blou Bul
Song het in mp3/wma formaat en bereid is om dit vir my te stuur, of te laat
weet waar ek dit kan gaan aflaai sal ek dit baie waardeer.

Groete
Riaan
Re: Blou Bul Song [boodskap #99709 is 'n antwoord op boodskap #99707] Vr, 22 Oktober 2004 07:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dingus  is tans af-lyn  Dingus
Boodskappe: 187
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Senior Lid
BLOU BUL SONG

Die Blou Bul - eet'ie van die vloer af nie.
Die Blou Bul - weet'ie van verloor af nie.
Die Blou Bul - sukkel'ie sy roer af nie.
Nou vra jy my vir wie ek skree?
Choir
Ek skree nie WP nie, ek bly 'n Bul!
Ek skree nie OP nie, ek bly 'n Bul!
Ek skree nie Vrystaat nie, ek bly 'n Bul!
Laat staan die Sharks en die Leeus en die hele blerrie spul...
Die Blou Bul - Tjank'ie by sy pa'ulle nie.
Die Blou Bul - Tjank'ie by sy ma'ulle nie.
Die Blou Bul - Tjank'ie by die pale nie.
Nou vra jy my vir wie ek skree?
(Koor)
Die Blou Bul - rol hom nie 'n mielie nie.
Die Blou Bul - kan hom ok'ie kielie nie.
Die Blou Bul - is hy nie 'n bielie nie.
Nou vra jy my vir wie ek skree?
(Koor)
Ek roep ou Frik du Preez hy sal my hoor.
Hy vra vir Thys Lourens bly op my spoor.
En gee vir Naas Botha hy skop hom oor.
Nou vra jy my vir wie ek skree?
Ek sit vir Fonie voor kan jy hom vang?
Ek het vir Ruben oor maak hy jou bang?
Van Louis Schmidt jou vas los hy jou mank.
Nou vra jy my vir wie ek skree?
Ek pass vir Moaner uit kan jy hom vat?
Na Hansie Brewis toe, hy's gans te glad.
Ek pass na Josie uit jy maak jou nat.
Nou vra jy my vir wie ek skree?

"Riaan" skryf in boodskap news:1098428628.13247@proxy.jhb.stormnet.co.za...
> Ek weet dit is verkeerd, maar ek wil regtig nie 'n hele CD van Steve gaan
> koop net vir een song nie, so indien enige persoon hier dalk die Blou Bul
> Song het in mp3/wma formaat en bereid is om dit vir my te stuur, of te laat
> weet waar ek dit kan gaan aflaai sal ek dit baie waardeer.
>
> Groete
> Riaan
Re: Blou Bul Song [boodskap #99766 is 'n antwoord op boodskap #99707] Ma, 25 Oktober 2004 12:05 Na vorige boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Toeka2 is maar 'n swak cd'tjie (sies Steve!), maar daarop staan "Maak die
bulle almal bokke". Dis 'n super lekker nommertjie!!!

"Riaan" skryf in boodskap news:1098428628.13247@proxy.jhb.stormnet.co.za...
> Ek weet dit is verkeerd, maar ek wil regtig nie 'n hele CD van Steve gaan
> koop net vir een song nie, so indien enige persoon hier dalk die Blou Bul
> Song het in mp3/wma formaat en bereid is om dit vir my te stuur, of te laat
> weet waar ek dit kan gaan aflaai sal ek dit baie waardeer.
>
> Groete
> Riaan
Vorige onderwerp: Afrikaanse musiek
Volgende onderwerp: Vlaamse zangers naar Zuid-Africa
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 14:28:58 MGT 2024