Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Eksamenflaters
Eksamenflaters [boodskap #99628] Di, 19 Oktober 2004 14:30 na volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
(Ek glo nooit dat hierdie goed waar is nie, maar ek kan dink dat mense se
versprekings soms baie snaaks kan wees...)

* Die negentiende eeu was 'n tyd van baie uitvindsels. Mense het
opgehou om met die hand te reproduseer en met masjiene begin
reproduseer. Die uitvinding van die stoomboot het 'n netwerk van
riviere laat ontstaan.

* Johann Bach het baie musiekkomposisies geskryf en ook baie
kinders. Hy is dood sedert 1750 tot vandag toe. Bach was die
beroemdste komponis in die wêreld en Händel was ook. Händel was
half-Duits, half- Italiaans en half-Engels. Hy was 'n baie groot man.

* OU Egipteland was bewoon deur mummies en hulle het almal in
hierdie griewe geskryf. Hulle het in die Sarah-woestyn gewoon. Die
klimaat was só erg dat al die inwoners op ander plekke moes bly.

* Moses het die Hebreeuse slawe na die Rooi See gelei waar hulle
ongesuurde brode gebak het, dit is brood wat sonder enige
bestanddele gemaak is. Moses het die berg Sianied uitgeklim om die
tien gebooie te kry.

* Salomo het driehonderd vroue en sewehonderd byekorwe gehad.

* Die Grieke was 'n hoogs gekulde veervolk en sonder hulle sou ons
nie 'n geskiedenis gehad het nie. Die Grieke het ook mites gehad. 'n
Mite is 'n motwyfie.

* Sokrates was 'n beroemde Griekse wydsheid wat rondgeloop en
mense raad gegee het. Hy is dood aan 'n oordosis willekeur. Ná sy
dood het sy loopbaan dramaties agteruitgegaan.

* In die ou Olimpiese Spele het die Grieke kaal resies gehardloop en
disnis gegooi.

* Julius Caesar het homself op die slagvelde van Gallië onderskryf.
Toe hy doodgaan, het hy gesê: 'En toe, boetie?'

* Johanna van Arkel het van 'n stapel brandwonde gesterf.

* Koning Elizabeth was 'n sukses. Sy het haar volk se probleme
aangetrek en wanneer sy haar so aangetrek het voor haar soldate,
het hulle almal geskree: 'Hoera!'

* Dit was 'n tydperk van groot uitvindsels en ontdekkings. Gutenberg
het die wynpers en die Bybel uitgevind. Nog 'n belangrike uitvindsel
was die bloedsomloop. Peter Stuyvesant is 'n geskiedkundige figuur,
want hy het sigarette uitgevind en begin rook.

* Die grootste skrywer van die Renaissance was William
Shakespeare. Hy is in die jaar 1564 gebore en party mense dink dit
was op sy verjaardag. Hy het nooit geld gemaak nie, en is net
beroemd oor die toneelstukke wat hy geskryf het. Hy het tragedies,
komedies en historektomieë geskryf. Romeo and Juliet is een
voorbeeld.

* Abraham Lincoln het Amerika se grootste presedent geword.
Lincoln se ma is dood toe sy nog 'n babatjie was en hy is gebore in 'n
houthut wat hy met sy eie hande gebou het. Hy is later doodgeskiet
deur John Wilkes Booth, wat hulle sê 'n mal akteur was. Dit het
Booth se loopbaan heeltemal geruïneer.

* Beethoven het musiek geskryf al was hy doof. Hy was só doof dat
hy harde musiek geskryf het. Hy het ver in die woude gaan loop selfs
al het almal na hom geroep. Beethoven het in 1827 opgehou bestaan
en dis hoekom hy later dood is.

* Louis Pasteur het 'n manier uitgevind om dol honde gesond te
maak.

* Charles Darwin was 'n natuurkundige wat die Organ of the Species
geskryf het.
Re: Eksamenflaters [boodskap #99630 is 'n antwoord op boodskap #99628] Di, 19 Oktober 2004 17:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
loes&patrick  is tans af-lyn  loes&patrick
Boodskappe: 239
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Dis tog baie jammer hierdie kaalheid het in onbruik geraak.
Ag as ons dit nou op vandag sou projekteer: - werklik ek se ^ vir
julle ek kyk daagliks, nagtliks - kortom ALTYD!
Patrick (met TV muurprojeksie!)

> * In die ou Olimpiese Spele het die Grieke kaal resies gehardloop en
> disnis gegooi.
Re: Eksamenflaters [boodskap #99635 is 'n antwoord op boodskap #99630] Di, 19 Oktober 2004 21:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 19 Oct 2004 18:18:08 +0100, camerama wrote:

>
> Dis tog baie jammer hierdie kaalheid het in onbruik geraak.
> Ag as ons dit nou op vandag sou projekteer: - werklik ek se ^ vir
> julle ek kyk daagliks, nagtliks - kortom ALTYD!
> Patrick (met TV muurprojeksie!)
>
>> * In die ou Olimpiese Spele het die Grieke kaal resies gehardloop en
>> disnis gegooi.

Dit was die Grieke, daar word niks gesê van
die Griekeresse of Griekerinne nie. So, hoe kon
dit kykbaar wees?

DD

ns.
O ja, ek let nou op jy is cameraMA
Re: Eksamenflaters [boodskap #99636 is 'n antwoord op boodskap #99635] Di, 19 Oktober 2004 21:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Vrouens is nie in die antieke Olimpiades toegelaat nie, net mans het
deelgeneem.

DD wrote:
> On Tue, 19 Oct 2004 18:18:08 +0100, camerama
> wrote:
>
>
>> Dis tog baie jammer hierdie kaalheid het in onbruik geraak.
>> Ag as ons dit nou op vandag sou projekteer: - werklik ek se ^ vir
>> julle ek kyk daagliks, nagtliks - kortom ALTYD!
>> Patrick (met TV muurprojeksie!)


>>> * In die ou Olimpiese Spele het die Grieke kaal resies gehardloop en
>>> disnis gegooi.
>
>
> Dit was die Grieke, daar word niks gesê van
> die Griekeresse of Griekerinne nie. So, hoe kon
> dit kykbaar wees?

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Re: Eksamenflaters [boodskap #99638 is 'n antwoord op boodskap #99636] Di, 19 Oktober 2004 22:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 19 Oct 2004 23:56:10 +0200, knersus wrote:

> Vrouens is nie in die antieke Olimpiades toegelaat nie, net mans het
> deelgeneem.
>

Ek weet. Wat maak dit dan van Patrick
wat vir 'n klomp kaal mans wil sit en kyk?:-(((

>>> Dis tog baie jammer hierdie kaalheid het in onbruik geraak.
>>> Ag as ons dit nou op vandag sou projekteer: - werklik ek se ^ vir
>>> julle ek kyk daagliks, nagtliks - kortom ALTYD!
>>> Patrick (met TV muurprojeksie!)
>
>
>>>> * In die ou Olimpiese Spele het die Grieke kaal resies gehardloop en
>>>> disnis gegooi.


>> Dit was die Grieke, daar word niks gesê van
>> die Griekeresse of Griekerinne nie. So, hoe kon
>> dit kykbaar wees?
Re: Eksamenflaters (OEPS!) [boodskap #99640 is 'n antwoord op boodskap #99636] Di, 19 Oktober 2004 23:22 Na vorige boodskap
loes&patrick  is tans af-lyn  loes&patrick
Boodskappe: 239
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
OEPS! - dit het ek nie geweet nie! - ek kyk maar nie,
my dogter wellig tog.
patrick

> Vrouens is nie in die antieke Olimpiades toegelaat nie, net mans het
> deelgeneem.
Vorige onderwerp: Afrikaanse Humor in Engels
Volgende onderwerp: Grappie - nie vir sensitiewes nie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 00:11:41 MGT 2024