Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Ruil, koop & verkoop » Biltong en Droë Wors
Biltong en Droë Wors [boodskap #9916] Di, 08 Julie 1997 00:00
joh...  is tans af-lyn  joh...
Boodskappe: 25
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Enige ex-Suid-Afrikaners wat belangstel in die verskaffing per pos van
biltong en droë wors aan hulle, laat weet my asseblief per e-pos. Ek
is op die oomblik slegs besig om die moontlikheid daarvan te ondersoek
en het nog nie die wetlike aspekte van die uitvoer van hierdie produkte
per pos ondersoek nie.

Ek stel veral in die volgende inligting belang:

* Hoe gereeld sal u biltong en droë wors van my bestel?

* Hoeveel (kilogram) sal u op 'n slag bestel?

* Watter tipe biltong en droë wors stel u belang in (bees/springbok/
koedoe/wild/ens.)?

* Sal u gekerfde biltong en droë wors verkies of verkies u heel stukke?

* Wat is u bereid om per kilogram te betaal daarvoor (in u eie geldeenheid
of in SA Rand)?

* Sou u verkies om in u eie geldeenheid te betaal of verkies u om
in SA Rand te betaal?

* Hoe sou u verkies om daarvoor te betaal (per tjek aan my
gepos/per kredietkaart/enige ander metode)? Wat sou u reken
is 'n veilige metode van betaling, sodat u (en ek) beskerm is
teen boereverneukery?

* Hoe sou u verkies om u bestellings te plaas (per e-pos/per gewone
pos/enige ander metode)?

* Sal daar enige wetlike probleme in u huidige land van verblyf wees
met die ontvang van hierdie produkte per pos?

* Enige ander inligting wat u reken belangrik is?

Stuur u antwoord joh...@nac.ac.za (verwyder .nospam. uit adres
in opskrif)

Johan Kriel
Vorige onderwerp: AANDAG! - UITVOERE - AANDAG!
Volgende onderwerp: Re: Soek woonstel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 23:04:57 MGT 2024