Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Genealogie & famieliesake » Familie (spotprent)
Familie (spotprent) [boodskap #98585] Di, 21 September 2004 19:06
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Goeie spotprent van Fred Mouton in vandag se Burger oor hierdie
almal-is-mos-familie storie. Dit wys 'n toneel waar vier Boesmans,
drie mans en 'n vrou, na ete om 'n vuurtjie sit terwyl nog 'n vrou so
entjie weg staan met 'n volstruis eier in haar hande. Behalwe vir een
van die mans wat sit en slaap, kyk die ander met groot oë na die
spreker wat met die duim van sy linkerhand na die man oorkant hom en
met sy regter wysvinger na die vrou wat staan wys. Hy sê, "Kyk, sý
oer-oer-oeroupa was ou Groot Louw van Porterville...en jóú
oer-voorsaat was mos nou weer 'n Erasmus dour van Despatch se
wêreld..."
Vorige onderwerp: stamboom
Volgende onderwerp: Julle is almal familie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 19:16:06 MGT 2024