Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » blou mannetjie
blou mannetjie [boodskap #96926] Do, 19 Augustus 2004 11:45
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
`n Trokdrywer is op die N1 toe hy skielik `n klein geel mannetjie in die
middel van die pad sien. Die mannetjie huil hartverskeurend. Die drywer
stop en vra wat fout is.

`Ek is geel, kom van Venus af, is gay en baie honger.`

`Wel`, se die drywer,` ek kan vir jou`n toebroodjie aanbied, maar dit is
al wat ek kan doen.` Hy gee die toebroodjie aan die geel mannetjie en ry
aan.

`n Klein entjie verder, sien hy `n huilende rooi mannetjie in die middel
van die pad. Ietwat gefrustreerd, stop hy en vra wat fout is.

`Ek is rooi, kom van Mars af, is gay en baie dors.`

Die drywer sug en se: `Al wat ek vir jou het, is `n blikkie Coke.` en hy
gee dit vir die rooi mannetjie.

Nog `n ent verder, is daar `n klein blou mannetjie in die middel van die
pad. Erg geirriteerd, stop hy, draai sy venster af en vra hoogs
ongeskik: `Ja, jou simpel klein blou moffie, van watse f*kken planeet is
jy en wat wil jy he?`

Die klein mannetjie antwoord: `Jou bestuurslisensie asseblief, Meneer.'
Vorige onderwerp: Grapie
Volgende onderwerp: Goed, erg, erger
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 08:36:35 MGT 2024