Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Oud-digter " deur D.J. OPPERMAN
" Oud-digter " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #96112] Do, 05 Augustus 2004 00:43 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Oud-digter
D.J. Opperman

Die panne is nie opgedroog. Die spoor
van die grootwild het ek 'n rukkie net verloor
en leef intussen van die enkel reël
wat springend ritsel om die oog en oor.

Daar bly die bose vuurtjie wat ek mos kan stook
en vlae reën lok as die gifpot kook.
Maar uit die pot spring net 'n dwarrelwind
en daagliks word ek doller van wildedagga rook.

Doller .. dan sterker as die jongeres gespier,
sien ek wat hulle nie kan sien : die koel rivier,
die gemsbok en reënvoël .. opgeefselend
oor my Kalahari's wit papier.
Re: " Oud-digter " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #96195 is 'n antwoord op boodskap #96112] Do, 05 Augustus 2004 22:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pieter Claassen  is tans af-lyn  Pieter Claassen
Boodskappe: 1
Geregistreer: Augustus 2004
Karma: 0
Junior Lid
On Thu, 05 Aug 2004 00:43:31 +0000, @rogers.com wrote:

> Oud-digter
> D.J. Opperman
>
> Die panne is nie opgedroog. Die spoor
> van die grootwild het ek 'n rukkie net verloor
> en leef intussen van die enkel reël
> wat springend ritsel om die oog en oor.
>
> Daar bly die bose vuurtjie wat ek mos kan stook
> en vlae reën lok as die gifpot kook.
> Maar uit die pot spring net 'n dwarrelwind
> en daagliks word ek doller van wildedagga rook.
>
> Doller .. dan sterker as die jongeres gespier,
> sien ek wat hulle nie kan sien : die koel rivier,
> die gemsbok en reënvoël .. opgeefselend
> oor my Kalahari's wit papier.

Lets respond in our own poem
even though it is ingels but
that is all we can associate with.- kontex 0

{Die groot toon gril
Die gril van die groet toon
Moet NIE suig!!!!} kontex 1

false: Die skrywer rook dagga.

wat jy hoor en wat jy sien
wat ritsel in jou oor en jou oog
Is nie die enkele waarheid van realiteit, want is die pan regtig droog en
net omdat ek dit verloor betekin nie dit het verdwyn.

Die skalkende gedagtes wat ek kan voer
is niks meer as a dwelm waas nie.

Die sterkte kom van die malheid
Malheid gee visie
Die visie van a sirkel
van a gedig geskryf deur die hand van god
op die klip van die woestyn.

Kontex 3
This poem itself
is the cause of itself
and without this poem
the kalahari would have continued

Kontex 4
{{ ek en 3d genius.com
het vanaand na die donderstorm
in my flat tappas en bier geeet en gedrink
en nadat ons klaar gekonspireer het oor
hire en fire and Marks en Sparks
en ongeskikte mense
en rasiste wat eintlik ok is
maar eintlik nie
en ons nostalgies na B52's geluister het,
ek 10 jaar na haar en sy in 1978in 1886 in Lang Straat
het ek besluit om haar te vertel van @rogers
en soc.culture.south-africa.afrikaans
en D.J. Opperman se gedigte wat so weird is
en uit die blou van onse hemel
en dat daar miskien mense is wat die gedig nie verstaan nie.}}

Penkop B en "Nothing I'm not here"
Re: " Oud-digter " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #96196 is 'n antwoord op boodskap #96195] Do, 05 Augustus 2004 22:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Pieter Claassen" skryf

> wat jy hoor en wat jy sien
> wat ritsel in jou oor en jou oog
> Is nie die enkele waarheid van realiteit,

> Die skalkende gedagtes wat ek kan voer
> is niks meer as a dwelm waas nie.
>
> Die sterkte kom van die malheid

Jy klink soos 'n Boeddhis.

Penkop van die Suiwer Land
Re: " Oud-digter " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #96198 is 'n antwoord op boodskap #96195] Do, 05 Augustus 2004 23:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DeeDee  is tans af-lyn  DeeDee
Boodskappe: 50
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Volle Lid
On Thu, 05 Aug 2004 23:20:59 +0100, Pieter Claassen
wrote:

>
> false: Die skrywer rook dagga.
>

> net omdat ek dit verloor betekin nie dit het verdwyn.
>

met sulke spelling is dit dalk nie false nie.

DD
Re: " Oud-digter " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #96200 is 'n antwoord op boodskap #96198] Do, 05 Augustus 2004 23:24 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DeeDee"

> met sulke spelling is dit dalk nie false nie.

Hy het dit maar net aan Edna Buchanan se knie
geleer.

Tant Hessie van Amanzimtoti
Vorige onderwerp: " Jeroen Bosch " deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: Uit " Blom van die Baaierd " deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 21:31:00 MGT 2024