Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Die verhaal van die 3 bere.....
Die verhaal van die 3 bere..... [boodskap #96111] Do, 05 Augustus 2004 00:17 na volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Iemand daar uit Windhoek stuur die storie - en in my eenvoud hoop ek kan dit
dien as ligte afleiding...

**************************************
MODERNE WEERGAWE VAN DIE DRIE BERE.

Bababeer gaan by die trappe af en sit in sy klein stoeltjie by die
tafel,en hy kyk na sy klein papbordjie..
"Wie't my pappies geëet?, vra hy in 'n huilerige stemmetjie".

Pappabeer kom by die tafel aan en sit in sy groot stoel. Hy kyk na sy groot
papbord, en ook die is leeg.
"Wie de duiwel het my pap geëet vra hy in 'n bulderende stem.

Mammabeer se kop verskyn in die luik tussen die kombuis en die eetkamer.
Haar gesig lyk soos 'n Hoëveldse donderstorm.
"Genugtig, hoeveel keer moet ons met julle idiote deur hierdie proses
gaan?"

"Dit was Mammabeer wat eerste opgestaan het.
Dit was Mammabeer wat almal in die huis wakker gemaak het.
Dit was Mammabeer wat die koffie gemaak het.
Dit was Mammabeer wat die skottelgoedwasser na gisteraand skoongemaak en
alles weggepak het.
Dit was Mammabeer wat in die koue uitgegaan het om die koerant te gaan
haal.
Dit was Mammabeer wat die tafel gedek het.
Dit was Mammabeer wat die blerrie kat laat uitgaan en sy sandboks
skoongemaak het.
Dit was Mammabeer wat die kat en die papegaai kos gegee en versorg het.
En dit was Mammabeer wat die sitkamer aan die kant moes maak na julle
TV-kykery gisteraand."
"En nou dat julle uiteindelik besluit het om julle flenter-beergatte
ondertoe te sleep en
Mammabeer se kombuis met julle befoeterde teenwoordigheid te kom vereer,
moet julle nou mooi luister, en goed luister, want ek gaan dit nie weer sê
nie:

"EK HET NOG NIE DIE F#KKEN PAP GEMAAK NIE!!!"
Re: Die verhaal van die 3 bere..... [boodskap #96117 is 'n antwoord op boodskap #96111] Do, 05 Augustus 2004 01:35 Na vorige boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sweet Jonas!! :-))
(Sweet in die Engelse term, nie soet nie )

"Jonas" skryf in boodskap news:cequmn$7oq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Iemand daar uit Windhoek stuur die storie - en in my eenvoud hoop ek kan dit
> dien as ligte afleiding...

**************************************
MODERNE WEERGAWE VAN DIE DRIE BERE.

Bababeer gaan by die trappe af en sit in sy klein stoeltjie by die tafel,en hy kyk na sy klein papbordjie..
"Wie't my pappies geëet?, vra hy in 'n huilerige stemmetjie".

Pappabeer kom by die tafel aan en sit in sy groot stoel. Hy kyk na sy groot papbord, en ook die is leeg.
"Wie de duiwel het my pap geëet vra hy in 'n bulderende stem.

Mammabeer se kop verskyn in die luik tussen die kombuis en die eetkamer.
Haar gesig lyk soos 'n Hoëveldse donderstorm.
"Genugtig, hoeveel keer moet ons met julle idiote deur hierdie proses gaan?"

"Dit was Mammabeer wat eerste opgestaan het.
Dit was Mammabeer wat almal in die huis wakker gemaak het.
Dit was Mammabeer wat die koffie gemaak het.
Dit was Mammabeer wat die skottelgoedwasser na gisteraand skoongemaak en alles weggepak het.
Dit was Mammabeer wat in die koue uitgegaan het om die koerant te gaan haal.
Dit was Mammabeer wat die tafel gedek het.
Dit was Mammabeer wat die blerrie kat laat uitgaan en sy sandboks skoongemaak het.
Dit was Mammabeer wat die kat en die papegaai kos gegee en versorg het.
En dit was Mammabeer wat die sitkamer aan die kant moes maak na julle TV-kykery gisteraand."
"En nou dat julle uiteindelik besluit het om julle flenter-beergatte ondertoe te sleep en
Mammabeer se kombuis met julle befoeterde teenwoordigheid te kom vereer,
moet julle nou mooi luister, en goed luister, want ek gaan dit nie weer sê nie:

"EK HET NOG NIE DIE F#KKEN PAP GEMAAK NIE!!!"
Vorige onderwerp: Bloed skenk
Volgende onderwerp: Wenk van die week
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 04:59:08 MGT 2024