Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Musiek en geweld
Re: Musiek en geweld [boodskap #96010 is 'n antwoord op boodskap #96002] Di, 03 Augustus 2004 15:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die ouens wat 'n werklike verskil gemaak het in die bosoorlog......nie
jamstelers wat storietjies vertel van die kontakte wat hulle gehad het nie.

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:4kavg0lq8ele452hcv0br39u54t7qp8sdh@4ax.com...
> On Mon, 2 Aug 2004 14:05:05 +0100, "Suidwester"
> wrote:
>
> manne motiveringslesings gegee en hulle warm gemaak met marsmusiek.
>
> Waffer "ons" was dit?
>
Re: Musiek en geweld [boodskap #96014 is 'n antwoord op boodskap #95967] Di, 03 Augustus 2004 20:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DeeDee  is tans af-lyn  DeeDee
Boodskappe: 50
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Volle Lid
On Tue, 3 Aug 2004 10:46:19 +0200, "Elaine" wrote:

> Okay, miskien het ek die verkeerde voorbeeld gebruik, maar kom ons hou
> hierby.

>
> Ek sien dieselfde tipe van ding by "crusades" waar die mense floutes en
> horries kry en ek weet nie wat alles nie, maar wanneer hulle op daai
> emosionele hoogtepunt kom, dan word die KFC barrels en kredietkaart masjiene
> omgestuur vir daai mense se geld - dis nou om die "predikant" wat in 'n 10
> slaapkamer huis en wat met 'n Merc rondry te help om die Woord te
> "versprei". Al wat hy soek is nog geld, want sy vrou soek 'n BMW, en al hoe
> hy dit gaan kry is deur daai mense op 'n punt te kry waar hulle nie meer
> reguit kan dink nie. Ek het al gesien dat sommiges van hulle presies sê wat
> is die minimum hoeveelheid wat hulle in die bakke moet gooi. En die mense
> gee en gee, selfs al beteken dit hulle sal more nie kos hê om te eet nie. Ek
> dink dat daai mense amper letterlik gebreinspoel word, dmv massa-histerie en
> opsweping om hulle so ver te kry om hulle geld te oorhandig. 'n Hele paar
> van hierdie sogenaamde "missionaries" en crusades is al oopgevlek as 'n
> bedrogspul.
>
> Ek noem aspris nie 'n kerk nie, want daar is "happy clappy" kerke waarmee
> daar niks fout is nie, ek noem hulle ook nie happy clappies nie, want ek hou
> nie van die woord nie.
>
> E
>

Wat jy hier vertel van geldgierigheid is ongelukkig die waarheid,
Elaine. Maar waarom sonder jy die kerke anders as die groot kerke uit?
En vergeet van kolosale geboue waarin kerk gehou word? Waar die fondse
vandaan kom, weet ek nie, maar weet jy dat die Charismatiese gemeentes
dikwels self hul kerke bou?
Waarom noem
jy nie ook die feit dat die predikante gewoonlik Duitse voertuie ry
nie. En dat die diaken net gesien word wanneer hy kollekteer nie?
Waarom het jy nie op een enkele van my stellings gereageer nie?
Ek het dan in die sogenaamde groot kerke gesien dat mans opstaan
wanneer gebid word, en vrouens bly sit. Hoef 'n vrou dan nie in die
teenwoordigheid van die Koning op te staan nie?
Toegegee, wat jy sê van geldinsameling is somtyds die waarheid. Maar
wanneer 'n predikant sy vrou verneuk, sê ons nie dat sy hele kerk
hulle vrouens verneuk nie. Die predikant wat 'n paar maande gelede
betrap is omdat hy voorgegee het dat sy motor gesteel is, en wou eis
daarvoor, is 'n persoonlike kennis. Hy was lid van 'n jeuggroep wat
ook deur my ondersteun was. Ek het nie gesê, na hy nou geskors is, dat
sy hele kerk bedrieërs is nie. Ek sê nie dat almal in Kanada simpel is
nie. So, waarom veralgemeen? Jy het nie één van die feite deur my
genoem bespreek nie. Jy hoef ook nie, want jy het self gesê dat jy
miskien verkeerde voorbeeld gebruik het. Ek dink steeds jy's oulik,
en soek gewoonlik na jou pos. Steeds:-)))

DD

ns.
Drie ure gelede was ek in 'n vergadering waar ons met die
hoofde van die sekuriteitsmense wat ons gebou oppas,
gesels het.
Die man aan die hoof was baie kalm en baie hoflik terwyl
hy uitgetrap is oor diens van die wagte waarmee ons nie
tevrede is nie. Na die vergadering (en nuwe job desriptions)
het hy so terloops aan my vertel dat hy 'n pastoor is.
Denominasie? AGS. Die AGS is tog 'n gevestigde
kerk met 'n mooi reputasie. En die leraar is nie te hoogmoedig
om ander werk ook te doen, wanneer dit nodig is nie.

> "DeeDee" wrote:
>
>> Klink (vir my, let wel) lekker stupid wat jy hier sê, Elaine.
>> Die opsweping storie van jou, is nie eens oorspronklik nie.

>> As dit opsweping is, en daardie mense kan opgesweep bly,
>> hoe wonderlik. Liewer daardie kerk met die lekker heppie,
>> feelgood musiek, as daardie groep wat so trêêêkkerig sing
>> oor hoe bly hulle is en hoe wonderlik die lewe is. Daardie
>> groep wat met slegs 'n orrel as begeleiding sing en dan
>> uit dieselfde Bybel lees waarin Dawid se Psalms vertel dat jy
>> Hom met àlles wat musiek kan maak moet loof. Dieselfde
>> mense wat sing, "hef op julle hande..." met hande wat
>> stokstyf langs die sye hang. Dieselfde mense wat in
>> 'n vergadering opstaan as die burgemeester instap, en
>> sit as hulle bid.

>> As dit jou gaan laat stuipe kry, om bly te wees, te juig en jou
>> hande op te hef terwyl jy sing, moet jy liewer daardie trekkerige
>> liede gaan sing, en op byna dieselfde noot, terwyl jy stokstyf
>> staan, jou blydskap verkondig; òf, heelwaarskynlik nie
>> eens opstaan wanneer jy dit sing nie.

>> Iemand het eendag gevra waarom die wêreld die vrolike
>> vinnige musiek tot hul beskikking moet hê, en die lofsangers
>> die trae, stadige musiek moet gebruik om hul blydskap
>> te wys.


>> Alles in die lewe is opsweping. Van die verkoopsman wat
>> jou met 'n toetsrit en mooi stories opsweep om die kar te koop,
>> tot jou man wat jou opgesweep het om met hom te trou.

>> DD

>> ns.
>> Indien jy hierop wil reageer, moet jy twee dinge doen.
>> Lees eers weer wat ek geskryf het, sodat dit kan insink,
>> en terwyl jy dit doen, sien dit raak dat ek in die eerste sin
>> bevestig dat dit slegs my eie mening is, en ek dalk nie
>> so slim is as wat ek probeer klink nie.


>
Re: Musiek en geweld [boodskap #96019 is 'n antwoord op boodskap #96000] Wo, 04 Augustus 2004 01:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nee jy's seker reg. Die vraag was nie of musiek iemand kan geweldadig maak
nie, maar na watse musiek geweldenaars luister. Deesdae reken ek, aangesien
hulle nou so wye keuse het, hulle maar metal verkies :)

E

"Ferdi Greyling" wrote:

> Wat het hulle geluister voor rock?
> Of was daar toe nie geweldenaars nie? Daar was sekerlik.
> Waarna het Nero geluister?
> Atilla?
> Hitler - waarskynlik Wagner.
>
Re: Musiek en geweld [boodskap #96020 is 'n antwoord op boodskap #96001] Wo, 04 Augustus 2004 02:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nog 'n Rammstein fan - ons is maar dun gesaai in hierdie deel van die
wêreld.

Daar is baie musiek wat my moord sal dryf - ek weet net nie of ek die CD sal
vermoor of myself nie :)

E

"Ferdi Greyling" wrote:

> Rammstein is koel. As jy my te veel Bles Bridges speel sal ek heel
> moontlik begin bakle.
Re: Musiek en geweld [boodskap #96021 is 'n antwoord op boodskap #96014] Wo, 04 Augustus 2004 02:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DeeDee" wrote:

> Wat jy hier vertel van geldgierigheid is ongelukkig die waarheid,
> Elaine. Maar waarom sonder jy die kerke anders as die groot kerke uit?
> En vergeet van kolosale geboue waarin kerk gehou word? Waar die fondse
> vandaan kom, weet ek nie, maar weet jy dat die Charismatiese gemeentes
> dikwels self hul kerke bou?

Ek het eindelik nie bedoel om een kerk uit te sonder nie - ek het sommer so
in my agterkop die laaste crusade wat ek gesien het gehou (en die goed is
groot), en dit gebruik :) Ek het niks teen hulle nie, en ook niks teen 'n
baksteen kerkgebou nie (charismasties of otherwise). Ons dwaal van die
onderwerp af, maar okay. Die grootste probleem met die crusaders is dat
daar niemand is waarheen jy kan gaan as jy hulp nodig het nie. Die ouens is
daar vir 'n week en beweeg dan weer aan. Nou wat nou? Wie help jou verder
op die moeilike pad?

> Waarom noem
> jy nie ook die feit dat die predikante gewoonlik Duitse voertuie ry
> nie. En dat die diaken net gesien word wanneer hy kollekteer nie?
> Waarom het jy nie op een enkele van my stellings gereageer nie?

Ek het op van jou goed gereageer. Die ding is, ons het meestal oor opsweping
gesels, en hoe die mense van die crusades opsweping gebruik om ander so ver
te kry om hulle geld oor te handig. Daar is nie opsweping in my kerk nie,
so ek gee gewilliglik en sonder enige breinspoeling my gele.

> Ek het dan in die sogenaamde groot kerke gesien dat mans opstaan
> wanneer gebid word, en vrouens bly sit. Hoef 'n vrou dan nie in die
> teenwoordigheid van die Koning op te staan nie?

Wanneer laas was jy in die kerk gewees? Vrouens en mans staan en sit nou
saam :)

> Toegegee, wat jy sê van geldinsameling is somtyds die waarheid. Maar
> wanneer 'n predikant sy vrou verneuk, sê ons nie dat sy hele kerk
> hulle vrouens verneuk nie. Die predikant wat 'n paar maande gelede
> betrap is omdat hy voorgegee het dat sy motor gesteel is, en wou eis
> daarvoor, is 'n persoonlike kennis. Hy was lid van 'n jeuggroep wat
> ook deur my ondersteun was. Ek het nie gesê, na hy nou geskors is, dat
> sy hele kerk bedrieërs is nie. Ek sê nie dat almal in Kanada simpel is
> nie. So, waarom veralgemeen?

Ek het nie veralgemeen nie - ek het een voorbeeld uit duisende gebruik.

Jy het nie één van die feite deur my
> genoem bespreek nie. Jy hoef ook nie, want jy het self gesê dat jy
> miskien verkeerde voorbeeld gebruik het. Ek dink steeds jy's oulik,
> en soek gewoonlik na jou pos. Steeds:-)))

Ek het maar by die onderwerp van opsweping probeer bly. Daaroor het ek wel
gereageer en ook oor die gevoel wat bly of gaan, ek het nie gedink dis nodig
om op alles te reageer nie. Sorry, sal volgende keer 'n beter joppie van
die saak maak :o)))

> DD
>
> ns.
> Drie ure gelede was ek in 'n vergadering waar ons met die
> hoofde van die sekuriteitsmense wat ons gebou oppas,
> gesels het.
> Die man aan die hoof was baie kalm en baie hoflik terwyl
> hy uitgetrap is oor diens van die wagte waarmee ons nie
> tevrede is nie. Na die vergadering (en nuwe job desriptions)
> het hy so terloops aan my vertel dat hy 'n pastoor is.
> Denominasie? AGS. Die AGS is tog 'n gevestigde
> kerk met 'n mooi reputasie. En die leraar is nie te hoogmoedig
> om ander werk ook te doen, wanneer dit nodig is nie.

Ek het niks teen 'n AGS pastoor nie, ook nie iets teen enige ander sekte,
charismaties, pinkster of konserwatiewe pastoor/predikant nie :) Ek ken een
wonderlike Gereformeerde predikant wat met sy eie twee hande gehelp het om
ons kerk (wat maar arm is) te help opknap. Om die waarheid te sê dink ek hy
het meer as ander gedoen. Hy was ook altyd reg as daar getrek of gevoer of
reggemaak moet word.
Re: Musiek en geweld [boodskap #96026 is 'n antwoord op boodskap #95968] Wo, 04 Augustus 2004 04:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Hi

Ek wil net nie aan die slaap wees in daardie sekonde nie...

Cheers
Plato

Max wrote:
> "Suidwester"
>
>> Die groot vraag is net: Het die mense rede tot hierdie histerie?
>
>
> Verskoon, maar ek gaan jou vraag met 'n teëvraag beantwoord.
>
> Help hierdie histerie?
>
> (Lees weer die storie oor die plaasmoord, van gister) Jy moet tog agter jou
> diefwering uitkom om winkel toe te gaan om melk te koop. Jy oorhandig tog
> die sleutel van jou dure BMW dat die joggie kan petrol gooi. As jy vir een
> sekond "vulnerable" is, kan jy net sowel die hele dag wees. As hulle jou wil
> hê, gaan hulle jou in daai sekond vat.
>
> Max______________________________________
>
Re: Musiek en geweld [boodskap #96031 is 'n antwoord op boodskap #95992] Wo, 04 Augustus 2004 05:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek weier ook om 'n pistool of rollie van enige aard aan my te dra omdat
ek glo dit plaas my konstant in 'n situasie of sigologiese posisie waar
ek daaraan dink om hom te gebruik as ek bedreig voel, maak nie saak hoe
erg die graad van vrees mag wees nie.

Ek besit dus nie so iets nie maar ek wil nie mense die keuse verbied nie.

Ek is egter mal oor skiet by 'n skietbaan... Ek hou weer niks daarvan om
diere te skiet nie. Doen dit ook nie.

Groete
Plato

Max wrote:

> Wat jy sê maak sin. Ongelukkig dink die SA mense ook alles is goed as jy ´n
> gun besit. Hulle dink nie dat daar soveel mense doodgeskiet word, agv die
> feit dat hulle met 'n geweer loop nie - om die mense wat met hulle eie
> gewere geskiet word, nie eers te noem nie.
>
> Hoe kan jy my passief noem, ek het die helfte van die aardbol omgetrek om
> weg te kom van die kak, want ek is nie bereid om met 'n geweer in my sak te
> gaan groceries koop nie...
>
> Hoe kan jy sê ek ploeter by die werk, dit terwyl ek die main maccie is van
> die company waarvoor ek werk se rekenaarstelsel... (in Europa nogals!)
>
> Moenie jou eie gevolgtrekkings maak nie.
>
> Max______________________________________
>
> "Suidwester"
>
>> So wat jy voorstel is om maar die ding te vat soos hy kom? As 'n man jou
>> gaan aanval, laat hom dit maar doen want dis tog wat gaan gebeur en wat help
>> dit om jouself daaroor te stres? Neewat vriend, ek en jy is uit
>> verskillende tipes hout gesny. Ek glo elke ou maak sy eie geluk in 'n
>> groot mate. Die diefwering voor die vensters is juis daar om die dief nie
>> te keer nie [want deurkom gaan hy deurkom as hy regtig wil] maar om vir my
>> 'n lank genoeg tyd te gee om die 357 Magnum oor te haal. Ek het in al my
>> voertuie 'n spaar sleutel vir petrol en gee nooit die kar se sleutel vir die
>> joggie nie. Dit los wel 'n kans, as jy oplettend is.
>> Ek kan nie glo dat jy so passief bereid is om te wag vir die lewe om oor
>> jou te loop nie! Is jy by die werk ook so? Is jou baas tevrede dat jy
>> net daar plonk en net doen wat genoeg is om die dag om te kry? Moet so
>> wees want hoekom sal jy harder werk? Die lewe reël mos vir jou en nie jy
>> die lewe nie? Verskoon my en in alle respek gesê ek dink dis twak.
>> "Max" wrote in message
>> news:410f5aa2$0$6968$e4fe514c@news.xs4all.nl...

>>> "Suidwester"
>
>>>> Die groot vraag is net: Het die mense rede tot hierdie histerie?
>
>>> Verskoon, maar ek gaan jou vraag met 'n teëvraag beantwoord.
>
>>> Help hierdie histerie?
>
>>> (Lees weer die storie oor die plaasmoord, van gister) Jy moet tog agter jou

>>> diefwering uitkom om winkel toe te gaan om melk te koop. Jy oorhandig tog
>
>>> die sleutel van jou dure BMW dat die joggie kan petrol gooi. As jy vir een
>
>>> sekond "vulnerable" is, kan jy net sowel die hele dag wees. As hulle jou wil

>>> hê, gaan hulle jou in daai sekond vat.
>
>>> Max______________________________________
>
Re: Musiek en geweld [boodskap #96033 is 'n antwoord op boodskap #96000] Wo, 04 Augustus 2004 05:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Jou beste argument sovêr Ferdi!

Ek stem hier saam met die sentiment.

Ferdi Greyling wrote:

> On Mon, 2 Aug 2004 12:56:19 +0200, "Elaine"
> wrote:
>
>
> Wat het hulle geluister voor rock?
> Of was daar toe nie geweldenaars nie? Daar was sekerlik.
> Waarna het Nero geluister?
> Atilla?
> Hitler - waarskynlik Wagner.
>
Re: Musiek en geweld [boodskap #96034 is 'n antwoord op boodskap #96001] Wo, 04 Augustus 2004 05:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Stem saam...

Ferdi Greyling wrote:

> On Mon, 2 Aug 2004 14:58:38 +0200, "Elaine"
> wrote:
>
[color=blue]>
Re: Musiek en geweld [boodskap #96042 is 'n antwoord op boodskap #96031] Wo, 04 Augustus 2004 07:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf in boodskap news:WJmdnTNUttH-843cRVn-uA@is.co.za...
> Ek weier ook om 'n pistool of rollie van enige aard aan my te dra omdat
> ek glo dit plaas my konstant in 'n situasie of sigologiese posisie waar
> ek daaraan dink om hom te gebruik as ek bedreig voel, maak nie saak hoe
> erg die graad van vrees mag wees nie.
> Ek besit dus nie so iets nie maar ek wil nie mense die keuse verbied nie.
-----Jy's reg, dis elke mens se eie keuse.

> Ek is egter mal oor skiet by 'n skietbaan...
-----Dit alleen behoort jou te oortuig dat 'n vuurwapen net kan doen wat JY
vir hom sê om te doen. Vuurwapens skiet nie mense nie....die mens moet die
sneller trek.

Ek hou weer niks daarvan om diere te skiet nie. Doen dit ook nie.
-----Hou ook nie van jag nie, ek skiet eerder met die kamera. Maar
afhangende van omstandighede kom daar tye wat daar móét gejag word op wilde
diere en dan moet jy dit so goed moontlik doen om die lyding van die dier te
beperk tot die minimum. Eet jy vleis? Doodmaak in slagpales van
hoenders, varke, beeste is veel meer wreed as 'n jagkoeël in die jagveld!
Re: Musiek en geweld [boodskap #96045 is 'n antwoord op boodskap #95997] Wo, 04 Augustus 2004 12:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Soos wat jy tereg in jou eerste sin sê: jy kan maar net gevolgtrekkings
maak...

Max_________________________________

"Suidwester" skryf in boodskap news:410fa84b.0@news1.mweb.co.za...
> Ek kan net gevolgtrekkings maak op dit wat jy sê. 'n Wapen kan nie mense
> op sy eie doodskiet nie, daarvoor het hy 'n mens se hand nodig. As 'n mens
> 'n ander wil vermoor, sal die gebrek aan 'n vuurwapen hom nie stop nie.
> Daar is ook messe, klippe, knopkieries, ens. Die punt is net, hoekom wil
> jy 'n krimineel toelaat om met 'n wapen rond te loop en ek as 'n vreedsame
> persoon mag dit nie doen nie? Ek neem aan jy wil die mag om te keer in die
> hande van die polisie laat, maar hoeveel sekondes is 'n polisieman weg van
> jou af? Wat ek teen jou storie het, is dat jy net wil staan en kyk hoe
> skiet 'n ou jou dood want as jy jou gaan teesit, dan gaan hy jou net
> lekkerder doodskiet?
> Passief bedoel ek by dat jy net bystaan en net jou lot aanvaar. Die
> feit dat jy weggetrek het van geweld af, sê presies jy's 'n passifis. Kom
> ek waarborg jou, enige mens wat 'n vuurwapen vir selfverdediging dra, is
> veel meer bewus van sy omgewing en van wat rondom om hom aangaan. Die rede
> is eenvoudig. Hy dra 'n wapen omdat hy bedreigd voel en daarom is hy meer
> paraat op sy omgewing. Die kanse dat 'n wapendraer aangeval sal word, is
> veel kleiner as die ou wat net drentel en asem haal.
> Wat jou werk aanbetref, lees ek ook maar net uit jou houding. Mens
> verander nie van basiese beginsels tussen werk en huis nie. As jy
> vreedsaam op straat loop, mag jy dalk die groot slimme wees by jou rekenaar,
> maar jy sal nie maklik die baas word van 'n groot, suksesvolle maatskappy
> nie.....nie as jy die lewe so in die verbygaan aanskou en wag dat dinge net
> gebeur nie. Besigheid beteken om die toekoms te kan lees en geleenthede
> raak te sien en dan planne te maak om daaruit jouself te bevoordeel.
> Dieselfde vir selfverdediging. Jy let op en sien die situasie en as daai
> donner sy hand op sy wapen is, dan rev jy hom met beter as wat hy het. As
> hy wil baklei, ek is reg vir hom. LW, ek soek nie die baklei nie!
> "Max" wrote in message
> news:410f9816$0$559$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>> Wat jy sê maak sin. Ongelukkig dink die SA mense ook alles is goed as jy 'n
>> gun besit. Hulle dink nie dat daar soveel mense doodgeskiet word, agv die
>> feit dat hulle met 'n geweer loop nie - om die mense wat met hulle eie
>> gewere geskiet word, nie eers te noem nie.
>>
>> Hoe kan jy my passief noem, ek het die helfte van die aardbol omgetrek om
>> weg te kom van die kak, want ek is nie bereid om met 'n geweer in my sak te
>> gaan groceries koop nie...
>>
>> Hoe kan jy sê ek ploeter by die werk, dit terwyl ek die main maccie is van
>> die company waarvoor ek werk se rekenaarstelsel... (in Europa nogals!)
>>
>> Moenie jou eie gevolgtrekkings maak nie.
>>
>> Max______________________________________
>>
>> "Suidwester"
>>> So wat jy voorstel is om maar die ding te vat soos hy kom? As 'n man jou
>>> gaan aanval, laat hom dit maar doen want dis tog wat gaan gebeur en wat help
>>> dit om jouself daaroor te stres? Neewat vriend, ek en jy is uit
>>> verskillende tipes hout gesny. Ek glo elke ou maak sy eie geluk in 'n
>>> groot mate. Die diefwering voor die vensters is juis daar om die dief nie
>>> te keer nie [want deurkom gaan hy deurkom as hy regtig wil] maar om vir my
>>> 'n lank genoeg tyd te gee om die 357 Magnum oor te haal. Ek het in al my
>>> voertuie 'n spaar sleutel vir petrol en gee nooit die kar se sleutel vir die
>>> joggie nie. Dit los wel 'n kans, as jy oplettend is.
>>> Ek kan nie glo dat jy so passief bereid is om te wag vir die lewe om oor
>>> jou te loop nie! Is jy by die werk ook so? Is jou baas tevrede dat jy
>>> net daar plonk en net doen wat genoeg is om die dag om te kry? Moet so
>>> wees want hoekom sal jy harder werk? Die lewe reël mos vir jou en nie jy
>>> die lewe nie? Verskoon my en in alle respek gesê ek dink dis twak.
>>> "Max" wrote in message
>>> news:410f5aa2$0$6968$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>>>>
>>>> "Suidwester"
>>>> > Die groot vraag is net: Het die mense rede tot hierdie histerie?
>>>>
>>>> Verskoon, maar ek gaan jou vraag met 'n te�vraag beantwoord.
>>>>
>>>> Help hierdie histerie?
>>>>
>>>> (Lees weer die storie oor die plaasmoord, van gister) Jy moet tog agter jou
>>>> diefwering uitkom om winkel toe te gaan om melk te koop. Jy oorhandig tog
>>>> die sleutel van jou dure BMW dat die joggie kan petrol gooi. As jy vir een
>>>> sekond "vulnerable" is, kan jy net sowel die hele dag wees. As hulle jou wil
>>>> hê, gaan hulle jou in daai sekond vat.
>>>>
>>>> Max______________________________________
>>>>
>>>
>>
>
Re: Musiek en geweld [boodskap #96077 is 'n antwoord op boodskap #96042] Wo, 04 Augustus 2004 15:03 Na vorige boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester wrote:

> -----Hou ook nie van jag nie, ek skiet eerder met die kamera. Maar
> afhangende van omstandighede kom daar tye wat daar móét gejag word op wilde
> diere en dan moet jy dit so goed moontlik doen om die lyding van die dier te
> beperk tot die minimum. Eet jy vleis? Doodmaak in slagpales van
> hoenders, varke, beeste is veel meer wreed as 'n jagkoeël in die jagveld!

Ek is mal oor vleis. Ek is 'n karnivoor en het al diere doodgemaak en
geeet, maar ek hou nie daarvan om dit te doen nie. Glo my, ek is goed
daarmee as ek moet. Ek is snaaks as dit kom by die natuur. Ek
byvoorbeeld dink weer 'n blom in die veld is mooier as 'n blom in 'n
pot. Ek haat geplukte blomme. Dis futiel in my opinie.

Groete
Plato
Vorige onderwerp: Virrie Kaapses
Volgende onderwerp: Radio Stasies oppie Net
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 01:42:09 MGT 2024