Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Reis & vakansie » Top 100
Top 100 [boodskap #95096] Sa, 17 Julie 2004 01:40 na volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
In die nuutste Travel + Leisure tydskrif wat nou net uit is, noem hulle die
wêreld se top 100 beste hotelle, en onder die top 100 hotelle in die wêreld
het Suid-Afrika nie minder as 10 nie.

Volgens hulle is die beste hotel in die wêreld die Singita Private
Wildreservaat in Sabi Sands. Nr. 4 is Londolozi in Mpumalanga, nr. 5 is
Bushmans Kloof in Clanwilliam, nr. 7 is Mala Mala, nr. 8 is Phinda Private
Wildreservaat in Kwa Zulu, nr. 13 is Cape Grace in Kaapstad, nr. 46 is Sabi
Sabi, nr. 49 is Table Bay in Kaapstad, nr. 50 is Grande Roche hotel in die
Paarl, nr. 61 ia Grace in Rosebank Johannesburg, en nommer 74 is The
Plettenburg. Niks vermelding van die Mount Nelson nie.

In die wêreld! Dit sluit al die grend hotelle in Hawaii, Amerika, Asië en
Europa in.

Die een wat my verbaas is in Clanwilliam.

Kaapstad is die 5de beste destinasie wereldwyd (Sydney is nr. 1, en Rome is
nr. 2). Kaapstad is die top stad in Afrika en die Midde Ooste.

Ongelukkig het SAA nie die top 10 beste lugrederye gemaak nie, soos
gewoonlik is Singapoer Airlines weer nommer 1, met Cathay Pacific nr. 2.
Re: Top 100 [boodskap #95098 is 'n antwoord op boodskap #95096] Sa, 17 Julie 2004 02:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" skryf

> In die nuutste Travel + Leisure tydskrif wat nou net uit is, noem hulle die
> wêreld se top 100 beste hotelle, en onder die top 100 hotelle in die wêreld
> het Suid-Afrika nie minder as 10 nie.

Skote Petoors!

Het Kanada enige?

Gloudina
Re: Top 100 [boodskap #95104 is 'n antwoord op boodskap #95098] Sa, 17 Julie 2004 13:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" skryf

> In die nuutste Travel + Leisure tydskrif wat nou net uit is, noem hulle die
> wêreld se top 100 beste hotelle, en onder die top 100 hotelle in die wêreld
> het Suid-Afrika nie minder as 10 nie.

Skote Petoors!

Het Kanada enige?

Gloudina

Ja twee, Nommer 48 is die Wickaninnish Inn (dit klink bietjie hekserig :-)
in Vancouver Eiland, en die Wedgewood in Vancouver self. Nommer 27 is n
hotel in rural Tennessee, die Blackberry Farm, het nog nooit daarvan gehoor
nie.
-e-
Re: Top 100 [boodskap #95105 is 'n antwoord op boodskap #95104] Sa, 17 Julie 2004 13:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" skryf:

> Nommer 27 is n
> hotel in rural Tennessee, die Blackberry Farm, het nog nooit daarvan gehoor
> nie.

Dit is baie bekend. Pragtige plek in die Smokies. Nogal duur.
Re: Top 100 [boodskap #95106 is 'n antwoord op boodskap #95104] Sa, 17 Julie 2004 14:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" skryf

> Ja twee, Nommer 48 is die Wickaninnish Inn (dit klink bietjie hekserig :-)
> in Vancouver Eiland, en die Wedgewood in Vancouver self.

Daar gaan die Chateau Laurier in Ottawa
en die Chateau Frontenac in Quebec City.
Het nog nooit van die plekke in Vancouver
gehoor nie. Ek wonder watter maatstawwe
hulle gebruik het om te toets. Nie dat ek nou
eintlik veel van die Chateau Laurier dink nie,
behalwe dat dit in 'n baie ou en indrukwekkende
gebou gehuisves is ( nou net langs die nuwe
Amerikaanse Ambassade, wat lyk soos 'n
fort soos dit beveilig word teen aanvalle.
Hoekom hulle toegelaat is om hulle nuwe
gebou daar op te rig, slaan my dronk. Dis
ook net oor die pad van ons lieflike
Nasionale Kunsmuseum, wat grootliks
'n gebou van glas is. Dis ook naby ons
Houses of Parliament en ons Hoogs-
geregshof.)

Gloudina
Re: Top 100 [boodskap #95107 is 'n antwoord op boodskap #95106] Sa, 17 Julie 2004 14:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
news:cEaKc.1020668$Ar.556107@twister01.bloor.is.net.cable.ro gers.com...

"Ellie" skryf

> Ja twee, Nommer 48 is die Wickaninnish Inn (dit klink bietjie hekserig :-)
> in Vancouver Eiland, en die Wedgewood in Vancouver self.

Daar gaan die Chateau Laurier in Ottawa
en die Chateau Frontenac in Quebec City.
Het nog nooit van die plekke in Vancouver
gehoor nie. Ek wonder watter maatstawwe
hulle gebruik het om te toets. Nie dat ek nou
eintlik veel van die Chateau Laurier dink nie,
behalwe dat dit in 'n baie ou en indrukwekkende
gebou gehuisves is ( nou net langs die nuwe
Amerikaanse Ambassade, wat lyk soos 'n
fort soos dit beveilig word teen aanvalle.
Hoekom hulle toegelaat is om hulle nuwe
gebou daar op te rig, slaan my dronk. Dis
ook net oor die pad van ons lieflike
Nasionale Kunsmuseum, wat grootliks
'n gebou van glas is. Dis ook naby ons
Houses of Parliament en ons Hoogs-
geregshof.)

Gloudina

Ja, ek het gehoor van die Nas. Kunsmuseum wat so mooi is. Gaan kyk hier as
jy die res wil sien:
http://www.travelandleisure.com/
Re: Top 100 [boodskap #95108 is 'n antwoord op boodskap #95105] Sa, 17 Julie 2004 14:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:rnaif0hdsthp2v3dneemd94dd9h7jrpilj@4ax.com...
"Ellie" skryf:

> Nommer 27 is n
> hotel in rural Tennessee, die Blackberry Farm, het nog nooit daarvan gehoor
> nie.

Dit is baie bekend. Pragtige plek in die Smokies. Nogal duur.

Daar is selfs een in Jawja, nr. 31, die Ritz-Carlton Lodge Reynolds
Plantation in Greensboro Georgia. Ek weet van Greensboro in NC, maar het nie
geweet daar is ook een in GA nie. Dit is die tweede hoogste geplaasde
Ritz-Carlton in die wêreld.
Re: Top 100 [boodskap #95109 is 'n antwoord op boodskap #95106] Sa, 17 Julie 2004 14:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf:

> Daar gaan die Chateau Laurier in Ottawa
> en die Chateau Frontenac in Quebec City.
> Het nog nooit van die plekke in Vancouver
> gehoor nie. Ek wonder watter maatstawwe
> hulle gebruik het om te toets.

Ek weet nou nie hoe om dit te stel sonder om dit te laat klink asof ek
naar is met Ellie nie, want ek weet dat die maatskappy wat sy voor
werk versprei die L+T en Food & Wine en ander soortgelyke tydskrifte.
So, niks teen jou persoonlik nie hoor, Ellie. ;-)
Maar ek het geen tyd vir die meeste tydskrifte wat in die American
Express kraal is nie. Elke paar maande moet ek my Amex statement
sorgvuldig nagaan, want lo and behold, daar sal 'n inskrywing voorkom
vir een van hulle tydskrifte wat ek nooit aangevra het nie. Dis erger
as telemarketers wat mens darem kan ignoreer. Hierdie spul hoop seker
maar dat mense nie hulle state sal nagaan nie. Ai!!
Oor die maatstawwe, ek dink die plekke betaal nogal baie om op die lys
te kom. Dus sal jy nie altyd die kleiner en in baie opsigte beter
plekke op die lys sien nie.
Dalk is ek nou net vandag heeltemal te sinies, so laat ek gaan
inkopies doen en stilbly.
;-)
Re: Top 100 [boodskap #95110 is 'n antwoord op boodskap #95108] Sa, 17 Julie 2004 15:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" skryf:

> Daar is selfs een in Jawja, nr. 31, die Ritz-Carlton Lodge Reynolds

;-) En hoeveel in jou staat, Elliebêma? ;-)

> Plantation in Greensboro Georgia. Ek weet van Greensboro in NC, maar het nie
> geweet daar is ook een in GA nie. Dit is die tweede hoogste geplaasde
> Ritz-Carlton in die wêreld.

Interessant! Ek kuier nou nie juis so gereeld by die Ritz-Carlton's
sodat ek kan vergelyk nie. ;-))
Re: Top 100 [boodskap #95111 is 'n antwoord op boodskap #95109] Sa, 17 Julie 2004 15:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" <.

Ek weet nou nie hoe om dit te stel sonder om dit te laat klink asof ek
naar is met Ellie nie, want ek weet dat die maatskappy wat sy voor
werk versprei die L+T en Food & Wine en ander soortgelyke tydskrifte.

So, niks teen jou persoonlik nie hoor, Ellie. ;-)

E: Geen aanstoot geneem nie hoor.

Maar ek het geen tyd vir die meeste tydskrifte wat in die American
Express kraal is nie. Elke paar maande moet ek my Amex statement
sorgvuldig nagaan, want lo and behold, daar sal 'n inskrywing voorkom
vir een van hulle tydskrifte wat ek nooit aangevra het nie.

E: Jy is reg, maar dit gebeur maar met ander mpye ook, ek gaan altyd my
state sorgvuldig na, want daar is altyd een of ander 'diens' wat mens nie
gevra het nie, wat hulle vir jou wil laat betaal. Ek gebruik my Amex kaart
net vir noodgevalle, maar ek doen ook bemarking o.a. en ek moet sę, hoe
annoying dit ook al is, hulle bemarkingsmetodes is baie goed, want baie
mense val daarvoor.

. Hierdie spul hoop seker
maar dat mense nie hulle state sal nagaan nie. Ai!!
Oor die maatstawwe, ek dink die plekke betaal nogal baie om op die lys
te kom. Dus sal jy nie altyd die kleiner en in baie opsigte beter
plekke op die lys sien nie.

E: Ek weet nie of die plekke betaal daarvoor nie, hulle het n ellelange
verklaring oor hoe hulle die plekke keur, en die hotels in Hawaii en die
Ooste het meer geld om te betaal vir so iets as van die ander lande, sou
hulle so iets toelaat. Ek dink T + L is nogal n goeie tydskrif, alhoewel
dit meer vir die super rykes is, ek weet nie van iemand behalwe Donald Trump
wat dit kan bekostig om in een van daardie hotels te bly nie, ek bly maar
by Motel 6, hulle hou altyd die lig aan vir my :-)
Re: Top 100 [boodskap #95112 is 'n antwoord op boodskap #95111] Sa, 17 Julie 2004 17:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" skryf:

> ek bly maar by Motel 6, hulle hou altyd die lig aan vir my :-)

;-))
Re: my eie Top 100 [boodskap #95113 is 'n antwoord op boodskap #95096] Sa, 17 Julie 2004 21:45 Na vorige boodskap
loes&amp;patrick  is tans af-lyn  loes&amp;patrick
Boodskappe: 239
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
My eie TOP 100.

1 My eie huis
2 Die plaas van my neef naby Warden OVS
3 Die huis van my neef in Boksburg
4 Die huis van my niggie in Port Elisabeth
5 Die huis van my neef se niggie in Pinelands Kaapstad
6 Die "Bagatelle" hotel in Stutterheim, die vrou is 'n baie gawe persoon!
ens - so baie familie en aangetroude familie in SA,
ons bly nie graag in onpersoonlike hotels nie, en om oorsee te
reis is vir ons baie duur as afgetree mense weet jy!
Die familie en aangetroudes is baie lief vir ons, oor twee jaar
DV hoop ons opnuut te kuier Suid Afrika toe.
Groete,
Patrick
Vorige onderwerp: Rondloop
Volgende onderwerp: Inspuitings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 20:51:27 MGT 2024