Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Virrie Kaapses
Virrie Kaapses [boodskap #95004] Do, 15 Julie 2004 17:25 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Maak 'n knoop in jou derm vir onthou. Die Kaapse Simfoniekoor tree op 24
Julie 2004 om 8nm op in die stadsaal. Die Brahms Requiem word uitgevoer.
--
Groetnis
Annette
Re: Virrie Kaapses [boodskap #95009 is 'n antwoord op boodskap #95004] Vr, 16 Julie 2004 00:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf
> Die Kaapse Simfoniekoor tree op 24
> Julie 2004 om 8nm op in die stadsaal. Die Brahms Requiem word uitgevoer.

Sing jy daarin? Lánk gelede het ek ook dié Requiem saam
met die Kaapse simfonie-orkes gesing as deel van die Matie-
koor wat daarin gesing het. Ons was so verbaas dat ons net
twee keer met die simfonie-orkes saamgesing het voordat
ons moes optree. Tog het ons gloeiende opskrifte gekry,
terwyl die musiek-kritici die orkes veroordeel het omdat
hulle te hard gespeel het. ( Ek dink daar was 'n vete tussen
hulle en die dirigent, Henrique Jorda.)
Ek kan, om my lewe te red, nie sing nie. Maar dit het
niks saakgemaak nie. Solank ek net die woorde geken
het, kon niemand my stem uitmaak in die massa-koor nie.
Ek het sopraan gesing, en ek dink nie ek is 'n sopraan nie.
Maar nou ken ek die woorde in die simfonie, en dis iets
wat my lewe vir altyd kosbaarder gemaak het.

Gloudina
Re: Virrie Kaapses [boodskap #95016 is 'n antwoord op boodskap #95009] Vr, 16 Julie 2004 05:09 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ja Gloudina, ek sing in die koor. Ek het spesiaal by die koor hierdie jaar
aangesluit om die Brahms te kon sing. Vir my is dit, naas die Mahler, die
moeilikste stuk wat ek nog aangepak het om te sing.
Ons is bevoorreg om Sanet Allen as een van die soliste te hê.
--
Groetnis
Annette
>
> "Annette" skryf
>
>> Die Kaapse Simfoniekoor tree op 24
>> Julie 2004 om 8nm op in die stadsaal. Die Brahms Requiem word uitgevoer.
>
> Sing jy daarin? Lánk gelede het ek ook dié Requiem saam
> met die Kaapse simfonie-orkes gesing as deel van die Matie-
> koor wat daarin gesing het. Ons was so verbaas dat ons net
> twee keer met die simfonie-orkes saamgesing het voordat
> ons moes optree. Tog het ons gloeiende opskrifte gekry,
> terwyl die musiek-kritici die orkes veroordeel het omdat
> hulle te hard gespeel het. ( Ek dink daar was 'n vete tussen
> hulle en die dirigent, Henrique Jorda.)
> Ek kan, om my lewe te red, nie sing nie. Maar dit het
> niks saakgemaak nie. Solank ek net die woorde geken
> het, kon niemand my stem uitmaak in die massa-koor nie.
> Ek het sopraan gesing, en ek dink nie ek is 'n sopraan nie.
> Maar nou ken ek die woorde in die simfonie, en dis iets
> wat my lewe vir altyd kosbaarder gemaak het.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Woorde van die Spookmeisie van Uniondale ?
Volgende onderwerp: Musiek en geweld
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 18:11:21 MGT 2024