Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Brandende Boek " deur D.J. OPPERMAN
" Brandende Boek " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #94647] Di, 06 Julie 2004 02:01
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Brandende Boek
Uit die Brandaan-siklus

Dis pinksternag en voor die kaggelvuur
terwyl ek verse skryf, weet ek die mooi
geskryf is eintlik boos en hierdie uur
moet ek my bundel in die vlamme gooi
as ek God suiwerder wil dien . Maar blaaie
en die boek se band krul om en slaan
tot vlerke oop dat daar met geel-blou swaaie
'n engel toornig in die klipboog staan:
"Jy het die waarheid in die vuur verbrand,
maar nou gebied die Here God dat jy
ook in die gramadoelas van jou land
Sy wondere sien en koninkryk uitbrei." -
" En tog, hoe moet ek weet dat onvermom
selfs jy van God en nie die Duiwel kom?"
Vorige onderwerp: " Verknoeide Mirakel " deur HENNIE AUCAMP
Volgende onderwerp: " Swart kop" (uit die Brandaan-siklus) deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 21:28:26 MGT 2024