Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " die miskruier " deur BREYTEN BREYTENBACH
" die miskruier " deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #94214] Sa, 19 Junie 2004 18:39 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
die miskruier
Breyten Breytenbach

Het een van u al ooit 'n wit tor gesien?

Ek ook nie

Maar dis 'n verskriklike dier
Soos 'n sendeling in Afrika
Met sonhelm en donkerbril

Wit torre woon in ligte kamers: kamoeflage
En skarrel klonte son teen die muur
Op,
Oppas die wit tor dra sy angel/flessie gif

Hou my dop, kyk ook
Elke aand sorgvuldig onder u bed
Re: " die miskruier " deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #94257 is 'n antwoord op boodskap #94214] Ma, 21 Junie 2004 12:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Daar's baie gedigte soos hierdie.

Dit begin op iets af te stuur,
maar dan raak die digter moeg

en stop.

Max____________________________

"@rogers.com" wrote in message
news:iL%Ac.427$IPa.34@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com.. .
>
> die miskruier
> Breyten Breytenbach
>
> Het een van u al ooit 'n wit tor gesien?
>
> Ek ook nie
>
> Maar dis 'n verskriklike dier
> Soos 'n sendeling in Afrika
> Met sonhelm en donkerbril
>
> Wit torre woon in ligte kamers: kamoeflage
> En skarrel klonte son teen die muur
> Op,
> Oppas die wit tor dra sy angel/flessie gif
>
> Hou my dop, kyk ook
> Elke aand sorgvuldig onder u bed
>
Re: " die miskruier " deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #94261 is 'n antwoord op boodskap #94257] Ma, 21 Junie 2004 13:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf
>
> Dit begin op iets af te stuur,
> maar dan raak die digter moeg
>
> en stop.

Dink jy nie dat die ding wat mens die ernstigste
moet opneem, juis die boodskap is wat hy aan
die einde vir jou gee nie?
Ek stem egter met jou saam. 'n Goeie gedig
boei jou van begin tot end, en vang jou in
die suksesvolle rymskema vas.
Ek dink nie Breytenbach is so 'n gróót
digter as wat hulle soms wil uitmaak nie.
Miskien was sy invloed groter as gevolg
van waaroor hy geskryf het as wat hoe
hy geskryf het.

Gloudina
Re: " die miskruier " deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #94263 is 'n antwoord op boodskap #94261] Ma, 21 Junie 2004 13:12 Na vorige boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
news:z5BBc.107$u1A.92@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com.. .
>
> "Max" skryf
>>
>> Dit begin op iets af te stuur,
>> maar dan raak die digter moeg
>>
>> en stop.
>
> Dink jy nie dat die ding wat mens die ernstigste
> moet opneem, juis die boodskap is wat hy aan
> die einde vir jou gee nie?
> Ek stem egter met jou saam. 'n Goeie gedig
> boei jou van begin tot end, en vang jou in
> die suksesvolle rymskema vas.
> Ek dink nie Breytenbach is so 'n gróót
> digter as wat hulle soms wil uitmaak nie.
> Miskien was sy invloed groter as gevolg
> van waaroor hy geskryf het as wat hoe
> hy geskryf het.
>
> Gloudina
>

Ek was nie lus vir die gedig nie. Ek's baie besig en my kop pyn, maar tog
het die eerste reëltjies my nogal vasgevang. Net toe ek lekker lees, toe
stop hy. En die gedig is nie eers mooi afgesluit nie. (Dis nou mý opinie!)

As ek later bietjie tyd het gaan ek gou kyk in die argiewe of ek meer van BB
se gedigte kan vind, want eintlik hou ek nogal van sy manier van skryf... Ek
hou net nie daarvan as hy mens so in die lug los aan die einde nie.

Max____________________________
Vorige onderwerp: " Die dye trek die dye aan " deur NP van Wyk LOUW
Volgende onderwerp: " 2.4 " deur BREYTEN BREYTENBACH
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 00:54:20 MGT 2024