Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Die dye trek die dye aan " deur NP van Wyk LOUW
" Die dye trek die dye aan " deur NP van Wyk LOUW [boodskap #94169] Do, 17 Junie 2004 17:07 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die dye trek die dye aan
N.P. van Wyk Louw

Die dye trek die dye aan
die see leun teen sy strande aan

die eensaam saad die soek sy voor
die lig wil in die netvlies boor

en als is enkeld, als verlang
na heelal en na samehang

en heel die driftige verband
laat stort U oor U glas se rand
Re: " Die dye trek die dye aan " deur NP van Wyk LOUW [boodskap #94179 is 'n antwoord op boodskap #94169] Vr, 18 Junie 2004 11:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Was dit nie vir die hoofletter U nie, het ek gedink die gedig is een vurige
potjie seks!

Wat is dit?

Max____________________________

"@rogers.com" wrote in message
news:wdkAc.305791$Ar.229956@twister01.bloor.is.net.cable.rog ers.com...
> Die dye trek die dye aan
> N.P. van Wyk Louw
>
>
> Die dye trek die dye aan
> die see leun teen sy strande aan
>
> die eensaam saad die soek sy voor
> die lig wil in die netvlies boor
>
> en als is enkeld, als verlang
> na heelal en na samehang
>
> en heel die driftige verband
> laat stort U oor U glas se rand
>
Re: " Die dye trek die dye aan " deur NP van Wyk LOUW [boodskap #94185 is 'n antwoord op boodskap #94179] Vr, 18 Junie 2004 11:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

> Was dit nie vir die hoofletter U nie, het ek gedink die gedig is een vurige
> potjie seks!
>
> Wat is dit?
>> N.P. van Wyk Louw
>>
>>
>> Die dye trek die dye aan
>> die see leun teen sy strande aan
>>
>> die eensaam saad die soek sy voor
>> die lig wil in die netvlies boor
>>
>> en als is enkeld, als verlang
>> na heelal en na samehang
>>
>> en heel die driftige verband
>> laat stort U oor U glas se rand

Mens moet tot die gevolgtrekking kom dat hy in die laaste
analise "godsdienstig" dink. Hy verwys na die wêreld van
teenoorgesteldes wat aangetrek word na mekaar. Let op dat
hy nie net praat van die dye wat die dye aantrek nie, maar
ook van die lig wat in die netvlies boor. Die hele heelal is dus
vir hom 'n sug van die enkelheid na samehang, na een-wees
met die teenoorgestelde. En dan, in die laaste strofe, beskuldig
hy amper vir God dat dit sy doel was om hierdie "driftige" toestand
te geskep het en dit te laat "stort" oor "U glas se rand" - bedoel
hy dat God so bietjie beskonke was in die proses?
Hierdie gedig van NP het natuurlik die frase bevat wat
Antjie Krog en nog iemand gebruik het vir 'n bundel erotiese
verse "Die dye trek die dye aan." As jy wil, kan ek weer sommige
van dié erotiese verse hier plaas. Ek is net bang sommige mense
val dan weer flou neer van die ellende.

Gloudina
Re: " Die dye trek die dye aan " deur NP van Wyk LOUW [boodskap #94188 is 'n antwoord op boodskap #94185] Vr, 18 Junie 2004 12:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wie sal flou neerslaan? So ver ek kan onthou is jy die enigste een wat ooit
moan oor "pornografie". Ek het nog altyd gewonder, wats die verskil tussen
eroties en pornografies? My man sê altyd "die tydskrif waarin dit verskyn."
Miskien is hy reg :)

E

"@rogers.com" wrote:

Hierdie gedig van NP het natuurlik die frase bevat wat
> Antjie Krog en nog iemand gebruik het vir 'n bundel erotiese
> verse "Die dye trek die dye aan." As jy wil, kan ek weer sommige
> van dié erotiese verse hier plaas. Ek is net bang sommige mense
> val dan weer flou neer van die ellende.
>
> Gloudina
>
Re: " Die dye trek die dye aan " deur NP van Wyk LOUW [boodskap #94196 is 'n antwoord op boodskap #94188] Vr, 18 Junie 2004 13:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" skryf

> Wie sal flou neerslaan? So ver ek kan onthou is jy die enigste een wat ooit
> moan oor "pornografie".

Dis jy wat die woord "pornografie" in die gesprek
inbring. Ons het van erotika gepraat.
Ek beskuldig periodiek sommige van hierdie joggies
wat so op die nuusgroep sit en praat oor gays
byvoorbeeld, dat hulle pornografie bedryf. In die
proses van homoseksualiteit veroordeel, sit en
vryf hulle vir hulself warm op die internet. Ek
praat nou van daardie joggies wat so knaend
oor kringspiere en dies meer praat. Mens kry
altyd die gevoel dat hulle 'n onderliggende
inklinasie vertoon om oor dié dinge te dink en
te praat. Miskien kan ons ons praktiserende
sielkundige se opinies hieroor aanvra.

Tant Hessie van die Spergebied
Re: " Die dye trek die dye aan " deur NP van Wyk LOUW [boodskap #94203 is 'n antwoord op boodskap #94196] Vr, 18 Junie 2004 21:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek wonder nog steeds, wat's die verskil tussen erotika en pornografie, albei
het dieselfde "doel" voor oë. Met "woorde" is dit dalk makliker om die
onderskeid te tref, maar met prentjies weet ek nou nie so mooi nie.

E

"@rogers.com" wrote:

> Dis jy wat die woord "pornografie" in die gesprek
> inbring. Ons het van erotika gepraat.
>
> Tant Hessie van die Spergebied
>
Re: " Die dye trek die dye aan " deur NP van Wyk LOUW [boodskap #94204 is 'n antwoord op boodskap #94203] Vr, 18 Junie 2004 21:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" skryf

> Ek wonder nog steeds, wat's die verskil tussen erotika en pornografie, albei
> het dieselfde "doel" voor oë. Met "woorde" is dit dalk makliker om die
> onderskeid te tref, maar met prentjies weet ek nou nie so mooi nie.

Ja-nee, dit is nie maklik om hierdie onderskeid te
tref nie, veral omdat mense verskillende betekenisse
aan dié twee konsepte gee. Ek weet alleen dat ek
iets as erotika sou wou sien as dit iets is wat sensueel
vir my stimuleer. Pornografie is gewoonlik waar iets
aan my verkoop word as byvoorbeeld seksueel
stimulerend, maar dit is nou net plein boring. En
ek vind dit ook pornografies as iemand seksuele
verwysinge gebruik om te probeer indruk maak.
Soos ou ooms wat gedurig oor seks sit en praat
asof hulle nou hierdie groot macho studs is. Of
mans wat gedurig amper liefderik oor die praktyke
van homoseksualiteit praat terwyl hulle voorgee
om dit te veroordeel.

Gloudina
Re: " Die dye trek die dye aan " deur NP van Wyk LOUW [boodskap #94206 is 'n antwoord op boodskap #94204] Sa, 19 Junie 2004 00:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dit hang seker maar af van jou opbrengs en uitkyk in die lewe - miskien ook
jou morele waardes. Plein pornografie is vir my ook maar 'n vervelige ou
storie. Ek kan egter nou verstaan hoe 'n 16-jarige seun, wat nog nooit in
sy lewe 'n meisiekind in lewende lywe kaal gesien het nie, so iets geweldig
interessant kan vind. Ek kan selfs 'n eensame man (of vrou) verskoon.

Wat my dwars in die krop steek is 'n 70-jarige omie, wat getroud is vandat
hy 20 is, wat dink hy kan seks nou in diepte met my bespreek omdat ek ouer
as 21 is, en getroud is. Ek vind dit ongelooflik afstootlik en grillerig -
veral as dit van 'n familie-lid af kom. En ek het ongelukkig een of twee
sulke siek familielede.

E

"@rogers.com" wrote:

> Ja-nee, dit is nie maklik om hierdie onderskeid te
> tref nie, veral omdat mense verskillende betekenisse
> aan dié twee konsepte gee. Ek weet alleen dat ek
> iets as erotika sou wou sien as dit iets is wat sensueel
> vir my stimuleer. Pornografie is gewoonlik waar iets
> aan my verkoop word as byvoorbeeld seksueel
> stimulerend, maar dit is nou net plein boring. En
> ek vind dit ook pornografies as iemand seksuele
> verwysinge gebruik om te probeer indruk maak.
> Soos ou ooms wat gedurig oor seks sit en praat
> asof hulle nou hierdie groot macho studs is. Of
> mans wat gedurig amper liefderik oor die praktyke
> van homoseksualiteit praat terwyl hulle voorgee
> om dit te veroordeel.
>
> Gloudina
>
Re: " Die dye trek die dye aan " deur NP van Wyk LOUW [boodskap #94219 is 'n antwoord op boodskap #94196] So, 20 Junie 2004 09:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DanielJan  is tans af-lyn  DanielJan
Boodskappe: 84
Geregistreer: April 2004
Karma: 0
Volle Lid
anti, vra vir jou vriend, die duimsuiger! Dit blyk asof hy als weet.

Danieljan.

"@rogers.com" wrote in message
news:QWBAc.324446$Ar.84728@twister01.bloor.is.net.cable.roge rs.com...
> Mens kry
> altyd die gevoel dat hulle 'n onderliggende
> inklinasie vertoon om oor dié dinge te dink en
> te praat. Miskien kan ons ons praktiserende
> sielkundige se opinies hieroor aanvra.
>
> Tant Hessie van die Spergebied
>
Re: " Die dye trek die dye aan " deur NP van Wyk LOUW [boodskap #94221 is 'n antwoord op boodskap #94219] So, 20 Junie 2004 12:02 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DanielJan" skryf

> anti, vra vir jou vriend, die duimsuiger! Dit blyk asof hy als weet.

Ek is nogal bekommerd oor jou aanname dat duimsuiery
iets te doen het met seks. Ek dink nie Freud het ooit hierdie
opinie gelug nie. ( Tensy jy my dit vers en kapittel kan
bewys.) Ek dink ook nie hedendaagse sielkundiges het
hierdie opinie nie. Ek dink sofa-sielkundiges wat pornografies
dink, gebruik graag hierdie skema om pornografie in die
mengsel in te bring onder dekmantel van 'n oëskynlike
onskuldige onderwerp.
Duimsuig lyk vir my neem nou drasties af. Ek persoonlik
dink dis omdat kinders langer "op die bottel" bly as in
die regte ou dae, toe mense nie bottels gebruik het nie,
maar op nege maande die kind direk van die bors na
die beker gespeen het. ( Dis wat my ma my altyd
vertel het.) In dié geval het party kinders nie genoeg
"suigtyd" gekry nie, en het hulle knaend duime gesuig.

Tant Hessie van Melkbosstrand
Vorige onderwerp: " Misère " deur A.G. VISSER
Volgende onderwerp: " die miskruier " deur BREYTEN BREYTENBACH
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 11:05:01 MGT 2024