Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Die Brommer " deur CHARL-PIERRE NAUDE
" Die Brommer " deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #93798] Ma, 07 Junie 2004 22:01 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
DIE BROMMER
Charl-Pierre Naude

Op die lip van die spreekwoord, op die trap
van 'n drol staan hy gevleuel, toeareg uit die domme
van stof, aan slegs sy serpe gebind, uit die landskap
van kak kom hy, elektriese prins, die brommer.

Is jou vlerke, afgryslike Heer, se trilling
net my ooglede wat bewe? Geglasuurde
bidkraal, die swerm wat om 'n wond kring
is 'n kosbare bedesnoer. Gesierde

en blink matroosknoop, kleinood in die vrouehand
van somersweet. Elementale vlees en band

met die Skepping se eerste oomblik: skoonheid
wat kompromisloos onthuts word soms afsigtelik
genoem, soos U. Mag Dood, die juwelier, as my huid
wegstort, jou - vleesgeworde tieroog! - in my oogkas skik.
Re: " Die Brommer " deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #93800 is 'n antwoord op boodskap #93798] Di, 08 Junie 2004 08:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina

Hier is nou 'n voorbeeld van iets wat ek nie verstaan nie. Hoekom as
vloekwoorde in 'n gedig voorkom is dit toelaatbaar en selfs aanvaarbaar.

Ek weet 0% van gedigte af, en het geen idee wanneer die een geskryf is nie.
Sou die gedig in die jare 40 en 50's verban geword het ?

Groete

Riaan

> Op die lip van die spreekwoord, op die trap
> van 'n drol staan hy gevleuel, toeareg uit die domme
> van stof, aan slegs sy serpe gebind, uit die landskap
> van kak kom hy, elektriese prins, die brommer.
Re: " Die Brommer " deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #93810 is 'n antwoord op boodskap #93800] Di, 08 Junie 2004 13:03 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf
.
> Gloudina
>
> Hier is nou 'n voorbeeld van iets wat ek nie verstaan nie. Hoekom as
> vloekwoorde in 'n gedig voorkom is dit toelaatbaar en selfs aanvaarbaar.
>
> Ek weet 0% van gedigte af, en het geen idee wanneer die een geskryf is nie.
> Sou die gedig in die jare 40 en 50's verban geword het ?

>> Op die lip van die spreekwoord, op die trap
>> van 'n drol staan hy gevleuel, toeareg uit die domme
>> van stof, aan slegs sy serpe gebind, uit die landskap
>> van kak kom hy, elektriese prins, die brommer.

Dink jy die woorde "drol" en "kak" is vloekwoorde?
Ek dink hulle word "vloekwoorde" gemaak wanneer
hulle gebruik word om mense te vloek.
Hierdie gedig is in die laaste tien jaar of so geskrywe.
Maar in Opperman se werke, waarvan sommige in
die veertiger- en vyftigerjare geskryf is, kom daar
ook sulke woorde voor. In "Jeroen Bosch" praat
hy van swaeltjies wat deur 'n tregter gepoep word.
Kritici was beindruk met die gedig, studente het
dit geanaliseer. ( Vergewe die "pun.")
Hierdie gedig is vir my een van die beste gedigte
wat ek nog ooit in Afrikaans gelees het. Ek dink
beide Opperman en NP sou groen van jaloesie
gewees het.
Probeer om dit in diepte te verstaan. In die
eerste vers sien hy die brommer tegelyk as 'n
toeareg ( 'n Noordafrikaanse nomadiese persoon,
wat gewoonlik in blou gekleed is) en as daardie
Eerste Wêreldoorlogse Duitse "flying ace" wat ek
dink die Red Baron in Engeland genoem was -
Van Richthoven.)
Lees sorgvuldig die res van die sonnet.
Let op hoe hy die trillende vlerke van die brommer
beskryf. Let op hoe hy met die brommer praat.
Let op hoe hy die kleure van die brommer beskryf.
Let op hoe hy uiteindelik die brommer sien as die
simbool van dit wat die dood mooi maak in sy
ontbinding. Hy hoop dat eendag, as hy ontbind,
'n brommer met sy wonderlike kleure in sy
oogkaste sal wees. Stadigaan word die gedig
dus 'n gedig oor meer as net die brommer, bring
dit vir ons by die werklikheid van ontbinding
en dood. En ook 'n soort van 'n opstanding.

Gloudina
Vorige onderwerp: Uit " Die Nomadiese Oomblik" deur CHARL-PIERRE NAUDE
Volgende onderwerp: Lekker Gedig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 23:44:18 MGT 2024