Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Die Kalksteengroef " deur CHARL-PIERRE NAUDE
" Die Kalksteengroef " deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #93711] Vr, 04 Junie 2004 22:53
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
DIE KALKSTEENGROEF
Charl-Pierre Naude

"Wat sal ons verlos van 'n terugkeer na die steenbed?
'n Droom, selfs 'n hersenskim, sal die mensdom red.

Op die duur. Maar môre weer, kap ek aan die wit
van 'n klipharde volkshart; my oë swem verward
daaroor; al's mes-skerp, dan satynsag, altyd hard.
'n lyn wasgoed wat wit-fossiel in die klip vassit
spring onder my pik los. In die geheue se agterplaas.
Vandag verlang ek na haar, soos die eerste mens...
'n Vreemde deernis laat die skerp eilandklip soggens
en saans fletser skyn in die dynserige waas"

Wagte roteer op die knap omtrek soos diakens
op hul skyfie skrik. In die middel, die Prisonier.
Die aarde word sag in sy oë wat tuur:
daardie klip, daardie klip, toegedraai in lakens.
Vorige onderwerp: " Die grond van die voorvaders " deur CHARL-PIERRE NAUDÉ
Volgende onderwerp: " Die onophoudelike weerligstraal " deur CHARL-PIERRE NAUDÉ
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 05:54:32 MGT 2024