Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Ou Foto" deur FERDI GREYLING ( 'n villanelle)
" Ou Foto" deur FERDI GREYLING ( 'n villanelle) [boodskap #93308] Wo, 26 Mei 2004 21:37 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
OU FOTO
Ferdi Greyling

Dis die bleek maan wat die getye draai ;
die water spoel soos tyd daar oor die strand.
Blou bult die see by Mosselbaai.

Ek en jy speel op die grofgeel sand,
die Outenikwaberg bruin in die agtergrond.
Dis die bleek maan wat die getye draai.

Hierdie was eens die Strandlopers se land.
Hulle lê nou wit in grotte se diep grond.
Blou bult die see by Mosselbaai.

Hulle wat heuning uit die steil kant
van die Outenikwa kon rook en brand.
Dis die bleek maan wat die getye draai.

Ons lag in die branders - hand aan hand
waar die bruin rivier in die see in mond,
blou bult die see by Mosselbaai.

Jy soet soos heuning uit die berg gebrand,
en ek : saam op Kleinbrakrivier se strand.
Dis die bleek maan wat die getye draai
en die see blou bult by Mosselbaai.
Re: " Ou Foto" deur FERDI GREYLING ( 'n villanelle) [boodskap #93485 is 'n antwoord op boodskap #93308] Di, 01 Junie 2004 06:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - jy pleeg nou "reverse psychology" (ek soek 'n mooi Afrikaanse woord
vir "reverse"). Jy weet die ou se resitasies is substandaard - so jy plaas
dit om die indruk te skep dat jy hom ondersteun, maar heimlik weet jy dit
ontbloot die gehalte van sy versies.
(Jy is slimmer wat ek aanvanklik gedink het.)
"@rogers.com" wrote in message
news:468tc.172316$0qd.157749@twister01.bloor.is.net.cable.ro gers.com...
>
> OU FOTO
> Ferdi Greyling
>
> Dis die bleek maan wat die getye draai ;
> die water spoel soos tyd daar oor die strand.
> Blou bult die see by Mosselbaai.
>
> Ek en jy speel op die grofgeel sand,
> die Outenikwaberg bruin in die agtergrond.
> Dis die bleek maan wat die getye draai.
>
> Hierdie was eens die Strandlopers se land.
> Hulle lê nou wit in grotte se diep grond.
> Blou bult die see by Mosselbaai.
>
> Hulle wat heuning uit die steil kant
> van die Outenikwa kon rook en brand.
> Dis die bleek maan wat die getye draai.
>
> Ons lag in die branders - hand aan hand
> waar die bruin rivier in die see in mond,
> blou bult die see by Mosselbaai.
>
> Jy soet soos heuning uit die berg gebrand,
> en ek : saam op Kleinbrakrivier se strand.
> Dis die bleek maan wat die getye draai
> en die see blou bult by Mosselbaai.
>
Re: " Ou Foto" deur FERDI GREYLING ( 'n villanelle) [boodskap #93521 is 'n antwoord op boodskap #93485] Di, 01 Junie 2004 11:22 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf

> Anti - jy pleeg nou "reverse psychology" (ek soek 'n mooi Afrikaanse woord
> vir "reverse"). Jy weet die ou se resitasies is substandaard - so jy plaas
> dit om die indruk te skep dat jy hom ondersteun, maar heimlik weet jy dit
> ontbloot die gehalte van sy versies.
> (Jy is slimmer wat ek aanvanklik gedink het.)

>> OU FOTO
>> Ferdi Greyling
>>
>> Dis die bleek maan wat die getye draai ;
>> die water spoel soos tyd daar oor die strand.
>> Blou bult die see by Mosselbaai.

Nee-wat, ou Jonas. Jy kan praat tot jy blou in die
gesig is, maar hierdie villanelle van Ferdi Greyling
is naas Tom Gouws se villanelle van die oos-
vrystaat, die beste villanelle wat ek nog in Afrikaans
gelees het. Dit voldoen nie net met gemak aan die
vereistes van 'n villanelle nie, maar net soos Gouws
se villanelle werk dit op twee vlakke - die persoonlike
en die geskiedkundige, praat dit nie net van die hiér
en die nóu nie, maar ook van wat was.

Gloudina
Vorige onderwerp: " Ons klein en silw'rige planeet " deur NP van Wyk LOUW
Volgende onderwerp: " Villanelle (vir Paul Verlaine) " deur BREYTEN BREYTENBACH
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 19:47:31 MGT 2024