Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Re: Gloudina en haar gedigte
Re: Gloudina en haar gedigte [boodskap #93200 is 'n antwoord op boodskap #93199] Ma, 24 Mei 2004 14:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Daar binne, waar jy nie foto's mag neem om te laat sien dat jy daar was
nie...

Ek doen gewoonlik bietjie huiswerk voor ek die plekke besoek. :-)

Max____________________________

"@rogers.com" wrote in message
news:xunsc.19161$qmu1.14186@news04.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>
> "Max" skryf
>
>> Ook nie in die Louvre nie. Was wél in Italië in 'n paar... Sug sug sug...
>> maar David móét mens tog sien as jy in die buurt is. :-)
>
> Die vraag is natuurlik of jy die OORSRONKLIKE Dawid
> binnekant 'n museum gesien het, en of jy maar net die
> imitasie daarvan in die buitelug gesien het en gedink het dis
> die oorspronklike. Jy sal verbaas wees oor hoeveel mense
> dink hulle het die oorspronklike gesien en dan het hulle
> nie.
>
> Gloudina
>
Re: Gloudina en haar gedigte [boodskap #93224 is 'n antwoord op boodskap #93178] Di, 25 Mei 2004 10:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 24 May 2004 13:43:17 +0200, "Max" wrote:

> Plak jy die posters uit die Huisgenoot teen jou muur? Hoekom nie? Het jy ´n
> probleem met posters in die Huisgenoot?
>
> Ek het geen probleem met afbeeldings van skilderye in boeke nie, maar ek
> gaan hulle nie uitknip en teen my muur hang nie!
>
> Van Gogh? Dan liewer 'n vars bos sonneblomme! As ek sy skilderye wil sien,
> die Van Gogh museum is nie so vêr van my af nie! (Eat your heart out!)

My heart eat ek beslis uit hieroors.

> Wat is die punt hiervan?

Die punt is dat as jy afdrukke in boeke OK dan moet jy mos nie beswaar
he teen afdrukke teen mure nie?
Re: Gloudina en haar gedigte [boodskap #93225 is 'n antwoord op boodskap #93191] Di, 25 Mei 2004 10:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 24 May 2004 15:08:55 +0200, "Max" wrote:

> Soos ek gesê het, ek verkies 'n bos vars sonneblomme. As daar 'n Van Gogh in
> my huis hang, sal dit nie wees omdat ek dit mooi vind nie, maar suiwer net
> omdat dit soveel werd is...

Die verskil tussen n sonneblom en n skildery van n sonneblom....

Daar le alles wat ons van dassies op klippe onderskei.
Re: Gloudina en haar gedigte [boodskap #93233 is 'n antwoord op boodskap #93224] Di, 25 Mei 2004 11:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:s966b0llim9a57leh15k200g2bu9fgqk2t@4ax.com...
> On Mon, 24 May 2004 13:43:17 +0200, "Max" wrote:
>
> Het jy 'n
>> probleem met posters in die Huisgenoot?
>>
>> Ek het geen probleem met afbeeldings van skilderye in boeke nie, maar ek
>> gaan hulle nie uitknip en teen my muur hang nie!
>>
>> Van Gogh? Dan liewer 'n vars bos sonneblomme! As ek sy skilderye wil sien,
>> die Van Gogh museum is nie so vér van my af nie! (Eat your heart out!)
>
> My heart eat ek beslis uit hieroors.

Sorry, as ek dit geweet het, sou ek dit nie gesê het nie.

>
>
> Die punt is dat as jy afdrukke in boeke OK dan moet jy mos nie beswaar
> he teen afdrukke teen mure nie?
>
>

Boeke is alleen maar afdrukke. Dis ook meer prakties, want die olieverf sou
opgebogger raak as ons dit in boeke gebruik.

Laat die afdrukke nou maar daar bly! (In boeke)

Max____________________________
Re: Gloudina en haar gedigte [boodskap #93234 is 'n antwoord op boodskap #93225] Di, 25 Mei 2004 11:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:5d66b0dire48uvk53p4hv53pga6d9t7uah@4ax.com...
> On Mon, 24 May 2004 15:08:55 +0200, "Max" wrote:
>
[color=blue]>
Re: Gloudina en haar gedigte [boodskap #93237 is 'n antwoord op boodskap #93234] Di, 25 Mei 2004 12:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 25 May 2004 13:33:30 +0200, "Max" wrote:

>> Die verskil tussen n sonneblom en n skildery van n sonneblom....

>> Daar le alles wat ons van dassies op klippe onderskei.
>
> Ek hoor jou praat, maar ek hoor nie wat jy sê nie...
>
> Max____________________________

JY sien die sonneblom en jy vorm die idee van n sonneblom. Die
sonneblom word dus n abstrakte ding in jou kop. Dit raak dan n simbool
van sonneblomme en blomme en so aan.

En daar het jy abstrakte denke en saam met abstrakte denke kom cat
scanners, atoombomme, vliegtuie. En natuurlik taal, want letters is
simbole vir klanke.

Opperman se nartjieskil met sy geurige sproeireen as jy hom buig en
skielik staan hy weer in die boorde van swartfoloos (verAfrikaansing
van Umfolozi) waar hy jonk was.

Die werklike nartjie-boorde en die idee van nartjieboorde.
Die werklike sonneblom en die skildery van n sonneblom.

Iewers tussen n sonneblom en wiskunde is die skildery van n sonneblom.
Re: Gloudina en haar gedigte [boodskap #93239 is 'n antwoord op boodskap #93237] Di, 25 Mei 2004 12:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:bae6b0pn0t1292fq60uq2vn1515h0gj3jf@4ax.com...
> On Tue, 25 May 2004 13:33:30 +0200, "Max" wrote:
>
>
> Die verskil tussen n sonneblom en n skildery van n sonneblom....
>
>>> Daar le alles wat ons van dassies op klippe onderskei.
>>
>> Ek hoor jou praat, maar ek hoor nie wat jy sê nie...
>>
>> Max____________________________
>
>
> JY sien die sonneblom en jy vorm die idee van n sonneblom. Die
> sonneblom word dus n abstrakte ding in jou kop. Dit raak dan n simbool
> van sonneblomme en blomme en so aan.
>
> En daar het jy abstrakte denke en saam met abstrakte denke kom cat
> scanners, atoombomme, vliegtuie. En natuurlik taal, want letters is
> simbole vir klanke.
>
> Opperman se nartjieskil met sy geurige sproeireen as jy hom buig en
> skielik staan hy weer in die boorde van swartfoloos (verAfrikaansing
> van Umfolozi) waar hy jonk was.
>
> Die werklike nartjie-boorde en die idee van nartjieboorde.
> Die werklike sonneblom en die skildery van n sonneblom.
>
> Iewers tussen n sonneblom en wiskunde is die skildery van n sonneblom.

Ek het te min verstand om met jou te stry... Maar ek wil nou tog weet, as jy
eers die sonneblom, dan die skildery en dan wiskunde het, waar lê die afdruk
van die skildery? As ek jou goed begryp, lê die afdruk na wiskunde. Dit
bring my terug na my afsku van afdrukke. Dit versteur die balans.

Max____________________________
Re: Gloudina en haar gedigte [boodskap #93241 is 'n antwoord op boodskap #93239] Di, 25 Mei 2004 13:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 25 May 2004 14:27:07 +0200, "Max" wrote:

> Ek het te min verstand om met jou te stry... Maar ek wil nou tog weet, as jy
> eers die sonneblom, dan die skildery en dan wiskunde het, waar lê die afdruk
> van die skildery? As ek jou goed begryp, lê die afdruk na wiskunde. Dit
> bring my terug na my afsku van afdrukke. Dit versteur die balans.

Nee. n Afdruk is bloot n afdruk van die skildery.

Wiskunde is waarskynlik die uiterste vorm van abstraksie en
intellektualisering van die fisieke werklikheid.

Dit sal waarskynlik moontlik wees om Van Gogh se sonneblomme in n
wiskundige formule te maak.

Met die blomme het jy die werklikheid waaraan jy kan vat en ruik. Jy
sal dit selfs kan eet.
Die skildery is die idee daarvan en behou die kleure en sigbare
patrone. En kleur op die oog is waarskynlik nader aan sensualiteit as
aan wiskunde.
Die wiskunde behou niks sensueel nie en funksioneer 100% in die
abstraksie. Dit sal vir my fokkol beteken maar ek sal raai dat n
wiskundige groot plesier sal kan kry om die formule van n Van Gogh te
ontleed teenoor die formule vir n Cezanne

El al sulke warra warra.

As ek moet kies sal ek die oorspronklike Cezanne teen my muur wil he,
maar dit is nie moontlik nie. Daarom sal ek settle vir n goeie afdruk.
Re: Gloudina en haar gedigte [boodskap #93242 is 'n antwoord op boodskap #93241] Di, 25 Mei 2004 13:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chris du Preez  is tans af-lyn  Chris du Preez
Boodskappe: 58
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Tue, 25 May 2004 15:29:32 +0200, Ferdi Greyling wrote:

> On Tue, 25 May 2004 14:27:07 +0200, "Max" wrote:
>
>
> weet, as jy
>> eers die sonneblom, dan die skildery en dan wiskunde het, waar lê die afdruk
>> van die skildery? As ek jou goed begryp, lê die afdruk na wiskunde. Dit
>> bring my terug na my afsku van afdrukke. Dit versteur die balans.
>
> Nee. n Afdruk is bloot n afdruk van die skildery.
>
> Wiskunde is waarskynlik die uiterste vorm van abstraksie en
> intellektualisering van die fisieke werklikheid.
>
> Dit sal waarskynlik moontlik wees om Van Gogh se sonneblomme in n
> wiskundige formule te maak.
>
> Met die blomme het jy die werklikheid waaraan jy kan vat en ruik. Jy
> sal dit selfs kan eet.
> Die skildery is die idee daarvan en behou die kleure en sigbare
> patrone. En kleur op die oog is waarskynlik nader aan sensualiteit as
> aan wiskunde.
> Die wiskunde behou niks sensueel nie en funksioneer 100% in die
> abstraksie. Dit sal vir my fokkol beteken maar ek sal raai dat n
> wiskundige groot plesier sal kan kry om die formule van n Van Gogh te
> ontleed teenoor die formule vir n Cezanne
>
> El al sulke warra warra.
>
> As ek moet kies sal ek die oorspronklike Cezanne teen my muur wil he,
> maar dit is nie moontlik nie. Daarom sal ek settle vir n goeie afdruk.

Ferdie kan jy asb. vir my die term abstrak definieer.
Re: Gloudina en haar gedigte [boodskap #93244 is 'n antwoord op boodskap #93241] Di, 25 Mei 2004 13:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
En ek sou weer eerder 'n waterverfprentjie van my sussie se graad 1
dogtertjie teen my muur hang as 'n afdruk van wieookal... So't ons elkeen
maar ons geite!

Hoe herken mens 'n "goeie afdruk"?

Max____________________________

"Ferdi Greyling"
>
> As ek moet kies sal ek die oorspronklike Cezanne teen my muur wil he,
> maar dit is nie moontlik nie. Daarom sal ek settle vir n goeie afdruk.
>
Re: Gloudina en haar gedigte [boodskap #93245 is 'n antwoord op boodskap #93244] Di, 25 Mei 2004 17:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

> Hoe herken mens 'n "goeie afdruk"?

Die ideaal is natuurlik dat jy al die oorspronklike
gesien het en dus kan oordeel of die afdruk goed
is. Gekleurde afdrukke se "goedheid" hang
gewoonlik daarvan af hoeveel stensels gebruik
is in die produksie daarvan. In 1955 het die
William Blake Trust byvoorbeeld 'n poging
aangewend om van Blake se werke so getrou
moontlik te produseer. Hulle het van tot 20
stensels van verskillende kleure gebruik, en
dan is daar nog sommige handinkleuring
gedoen. Dit het beteken dat 'n faksimile
van "Jerusalem" byvoorbeeld 'n duisend
dollars gekos het, en kleinere werke sommer
maklik twee of drie-honderd dollars. Die
faksimiles is natuurlik ook genommer, en dit
behaal vandag baie hoër pryse.
In ons sitkamer het ons klein Blake Trust
faksimile-adrukke uit Blake se "Job," en
die afdruk, tesame met die suurvrye papier
en die taamlik duur rame, het ons nogal
'n hele klompie uit die sak gejaag. So moenie
so gou 'n adruk probeer neerhaal nie.

Gloudinaa
Re: Gloudina en haar gedigte [boodskap #93252 is 'n antwoord op boodskap #93101] Di, 25 Mei 2004 22:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Enigiets om terug te kom na die Vaderland toe

"@rogers.com" wrote in message
news:salrc.86142$Zxc.80571@news04.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Max" skryf
>
>> Ook in SA?
>
> As dit moet, Max, sal ek in SA in die tronk
> gaan sit. Maar ek neem aan die Kanadese
> regering sal reël dat ek my straf hier uitdien.
>
> Tant Hessie van die Algonquins
>
Re: Gloudina en haar gedigte [boodskap #93263 is 'n antwoord op boodskap #93242] Wo, 26 Mei 2004 09:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 25 May 2004 15:42:13 +0200, Chris wrote:

> Ferdie kan jy asb. vir my die term abstrak definieer.

HAT: Abstrak: 1. Nie direk deur die sintuie waarneembaar nie;
afgetrokke, onaantasbaar, idee"el; Teenoor konkreet; Absrakte
teoriee", begrippe.
2. Wat nie verband hou met die sigbare werklikheid nie.
Re: Gloudina en haar gedigte [boodskap #93264 is 'n antwoord op boodskap #93244] Wo, 26 Mei 2004 09:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 25 May 2004 15:50:37 +0200, "Max" wrote:

> En ek sou weer eerder 'n waterverfprentjie van my sussie se graad 1
> dogtertjie teen my muur hang as 'n afdruk van wieookal... So´t ons elkeen
> maar ons geite!
>
> Hoe herken mens 'n "goeie afdruk"

Papier-kwaliteit. Kleurkwaliteit. Helderheid van lyne?

Dis pretty obvious, is dit nie? Veral ss mens die skildery ken, hetsy
deur die oorspronklike te besigtig of om deur talle boeke te blaai. En
n mens sal waarskynlik een koop wat jy ken.

Ek sit eerder n goeie Chagal-afdruk teen my muur as iemand se sussie
se graad 1-tekening.
Skilderye is op die einde - as al die intellektuele warra warra oor is
- estetiese bevrediging. En daarmee was Chagal beter as die meeste
mense se graad 1-sussies.

Hoe voel jy oor foto's? Ek het n mooi foto van Koffiefongtein teen my
muur. Dis deur n goeie fotograaf geneem en is by n uitstalling gekoop,
maar daar is meer as een afdruk daarvan. En elkeen is n afdruk van die
negatief.

Sal jy n houtsnee-werk van Picasso teen jou muur hang?
Re: Gloudina en haar gedigte [boodskap #93265 is 'n antwoord op boodskap #93263] Wo, 26 Mei 2004 09:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chris du Preez  is tans af-lyn  Chris du Preez
Boodskappe: 58
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Wed, 26 May 2004 11:25:53 +0200, Ferdi Greyling wrote:

> On Tue, 25 May 2004 15:42:13 +0200, Chris
> wrote:
>
>
> HAT: Abstrak: 1. Nie direk deur die sintuie waarneembaar nie;
> afgetrokke, onaantasbaar, idee"el; Teenoor konkreet; Absrakte
> teoriee", begrippe.
> 2. Wat nie verband hou met die sigbare werklikheid nie.

Ek kan dit ook in die HAT gaan opsoek het.;-) Met die verduideliking kan
ek nie sien hoe jy kan sê wiskunde is abstrak nie. Mens kan dit sien en
elke dag beleef 'n mens dit. Dit is in alles sigbaar.
Re: Gloudina en haar gedigte [boodskap #93266 is 'n antwoord op boodskap #93265] Wo, 26 Mei 2004 10:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 26 May 2004 11:34:57 +0200, Chris wrote:

> Ek kan dit ook in die HAT gaan opsoek het.;-) Met die verduideliking kan
> ek nie sien hoe jy kan sê wiskunde is abstrak nie. Mens kan dit sien en
> elke dag beleef 'n mens dit. Dit is in alles sigbaar.

Met wiskunde kan jy die trajek van die rukmtetuig om die maan uitwerk
nog voor die vuurpyl gebou is.

Dit is abstrak.
Re: Gloudina en haar gedigte [boodskap #93285 is 'n antwoord op boodskap #93265] Wo, 26 Mei 2004 13:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Chris"

Met die verduideliking kan
> ek nie sien hoe jy kan sê wiskunde is abstrak nie. Mens kan dit sien en
> elke dag beleef 'n mens dit. Dit is in alles sigbaar.

Jy praat deur jou neus. Jy het heelwaarskynlik nog
nooit gesit en luister as wiskundiges van hulle
nuwe werk verduidelik nie. Ek moes nou onlangs
sit en luister na sulke lesings. Dit was juis oor
konsepte wat mens behoort te kan "sien." Maar
die ou het die bestaan van sekere "cubes" beskryf
wat tot dusver nog net teoreties beskryf kan word.
Niemand het hulle nog "gesien" nie.

Gloudina
Re: Gloudina en haar gedigte [boodskap #93293 is 'n antwoord op boodskap #93285] Wo, 26 Mei 2004 14:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Soos dimensies ver verby nommer vier. Is daar nie al wiskundige goed
wat die 12de dimensie betrek nie?

String theory en al sulke totaal onverstaanbare goed.

On Wed, 26 May 2004 13:57:15 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> "Chris"
>
> Met die verduideliking kan
>> ek nie sien hoe jy kan sê wiskunde is abstrak nie. Mens kan dit sien en
>> elke dag beleef 'n mens dit. Dit is in alles sigbaar.
>
> Jy praat deur jou neus. Jy het heelwaarskynlik nog
> nooit gesit en luister as wiskundiges van hulle
> nuwe werk verduidelik nie. Ek moes nou onlangs
> sit en luister na sulke lesings. Dit was juis oor
> konsepte wat mens behoort te kan "sien." Maar
> die ou het die bestaan van sekere "cubes" beskryf
> wat tot dusver nog net teoreties beskryf kan word.
> Niemand het hulle nog "gesien" nie.
>
> Gloudina
>
Re: Gloudina en haar gedigte [boodskap #93313 is 'n antwoord op boodskap #93285] Do, 27 Mei 2004 05:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chris du Preez  is tans af-lyn  Chris du Preez
Boodskappe: 58
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Wed, 26 May 2004 13:57:15 +0000, @rogers.com wrote:

>
> "Chris"
>
> Met die verduideliking kan
>> ek nie sien hoe jy kan sê wiskunde is abstrak nie. Mens kan dit sien en
>> elke dag beleef 'n mens dit. Dit is in alles sigbaar.
>
> Jy praat deur jou neus. Jy het heelwaarskynlik nog
> nooit gesit en luister as wiskundiges van hulle
> nuwe werk verduidelik nie. Ek moes nou onlangs
> sit en luister na sulke lesings. Dit was juis oor
> konsepte wat mens behoort te kan "sien." Maar
> die ou het die bestaan van sekere "cubes" beskryf
> wat tot dusver nog net teoreties beskryf kan word.
> Niemand het hulle nog "gesien" nie.
>
> Gloudina

As 'n mens toerieë beskryf wat nog nie bestaan nie of 'n mens werk in
dimensies verder as die vierde dimensie dan raak dit abstrak, maar dit is
ook net abstrak tot dit bewys word.

Jy weet Glodina ek werk elke dag die heel dag met wiskunde, en nie omdat
alles met wiskunde bekryf kan word nie, maar letterlik met wiskunde.
Re: Gloudina en haar gedigte [boodskap #93320 is 'n antwoord op boodskap #93252] Do, 27 Mei 2004 07:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dink jy 'n SA tronk sal haar wil vat?

"MoerFie" skryf in boodskap news:c90g70$di5$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Enigiets om terug te kom na die Vaderland toe
>
> "@rogers.com" wrote in message
> news:salrc.86142$Zxc.80571@news04.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>>
>> "Max" skryf
>>
>>> Ook in SA?
>>
>> As dit moet, Max, sal ek in SA in die tronk
>> gaan sit. Maar ek neem aan die Kanadese
>> regering sal reël dat ek my straf hier uitdien.
>>
>> Tant Hessie van die Algonquins
>>
>
Re: Gloudina en haar gedigte [boodskap #93332 is 'n antwoord op boodskap #93313] Do, 27 Mei 2004 09:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 27 May 2004 07:08:52 +0200, Chris wrote:

> As 'n mens toerieë beskryf wat nog nie bestaan nie

Dis n kontradiksie.
Re: Gloudina en haar gedigte [boodskap #93336 is 'n antwoord op boodskap #93332] Do, 27 Mei 2004 10:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chris du Preez  is tans af-lyn  Chris du Preez
Boodskappe: 58
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Thu, 27 May 2004 11:55:03 +0200, Ferdi Greyling wrote:

> On Thu, 27 May 2004 07:08:52 +0200, Chris
> wrote:
>
>
> Dis n kontradiksie.

Ek sal beter probeer bekryf

As mens 'n teorie het van iets wat nie bestaan nie.
Re: Gloudina en haar gedigte [boodskap #93350 is 'n antwoord op boodskap #93336] Do, 27 Mei 2004 12:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 27 May 2004 12:11:58 +0200, Chris wrote:

> Ek sal beter probeer bekryf
>
> As mens 'n teorie het van iets wat nie bestaan nie.

As dit nie bestaan nie dan is dit nie "iets" nie. Dan is dit n teorie
van niks.

Die ding van die dimensies is dat ons as mense dit nie kan ervaar nie.
Dit is dus geensins tasbaar vir ons nie. Maar ons wiskunde kan dit
beskryf.
Re: Gloudina en haar gedigte [boodskap #93444 is 'n antwoord op boodskap #93320] So, 30 Mei 2004 12:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frikkie Potgieter  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ja, dws as sy `n betrekking in die parliment wil hê...

On Thu, 27 May 2004 10:45:22 +0300, "Suidwester" wrote:

> Dink jy 'n SA tronk sal haar wil vat?
> "MoerFie" wrote in message
> news:c90g70$di5$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Enigiets om terug te kom na die Vaderland toe

>> "@rogers.com" wrote in message
>> news:salrc.86142$Zxc.80571@news04.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>>>
>>> "Max" skryf
>>>
>>>> Ook in SA?
>>>
>>> As dit moet, Max, sal ek in SA in die tronk
>>> gaan sit. Maar ek neem aan die Kanadese
>>> regering sal reël dat ek my straf hier uitdien.
>>>
>>> Tant Hessie van die Algonquins
>>>
>>>


>
Re: Gloudina en haar gedigte [boodskap #93457 is 'n antwoord op boodskap #93350] Ma, 31 Mei 2004 06:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chris du Preez  is tans af-lyn  Chris du Preez
Boodskappe: 58
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Thu, 27 May 2004 14:35:58 +0200, Ferdi Greyling wrote:

> On Thu, 27 May 2004 12:11:58 +0200, Chris
> wrote:
>
>
> > As mens 'n teorie het van iets wat nie bestaan nie.
>
> As dit nie bestaan nie dan is dit nie "iets" nie. Dan is dit n teorie
> van niks.
>
> Die ding van die dimensies is dat ons as mense dit nie kan ervaar nie.
> Dit is dus geensins tasbaar vir ons nie. Maar ons wiskunde kan dit
> beskryf.

Kom ek gee vir jou 'n beter voorbeeld.

As ek 'n teorie het hoe om gravitasie te oorkom deur nie gebruik te
maak van brute krag nie is dit 'n teorie van iets wat nie bestaan nie.

Ons wiskunde beskryf nie die vierde dimensie nie, die vierde dimensie word
gebruik in buitensteruim tyd teorieë. Daar is teorieë wat tot elf
dimensies gebruik, maar dit beskryf nie die dimensies nie dit word in
wiskundige vergelykings gebruik.
Re: Gloudina en haar gedigte [boodskap #93464 is 'n antwoord op boodskap #93457] Ma, 31 Mei 2004 09:12 Na vorige boodskap
Chris du Preez  is tans af-lyn  Chris du Preez
Boodskappe: 58
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Mon, 31 May 2004 08:55:36 +0200, Chris wrote:

> On Thu, 27 May 2004 14:35:58 +0200, Ferdi Greyling wrote:
>
>> On Thu, 27 May 2004 12:11:58 +0200, Chris
>> wrote:


>>
>>> As mens 'n teorie het van iets wat nie bestaan nie.

>> As dit nie bestaan nie dan is dit nie "iets" nie. Dan is dit n teorie
>> van niks.

>> Die ding van die dimensies is dat ons as mense dit nie kan ervaar nie.
>> Dit is dus geensins tasbaar vir ons nie. Maar ons wiskunde kan dit
>> beskryf.
>
> Kom ek gee vir jou 'n beter voorbeeld.
>
> As ek 'n teorie het hoe om gravitasie te oorkom deur nie gebruik te
> maak van brute krag nie is dit 'n teorie van iets wat nie bestaan nie.
>
> Ons wiskunde beskryf nie die vierde dimensie nie, die vierde dimensie word
> gebruik in buitensteruim tyd teorieë. Daar is teorieë wat tot elf
> dimensies gebruik, maar dit beskryf nie die dimensies nie dit word in
> wiskundige vergelykings gebruik.

Regstelling
Die vierde dimensie is net tyd as dit in ruimtetydteorieë gebruik word.
Vorige onderwerp: " villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik " deur TOM GOUWS
Volgende onderwerp: " Ons klein en silw'rige planeet " deur NP van Wyk LOUW
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 07:42:33 MGT 2024