Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Die oue wilg " deur TOTIUS
" Die oue wilg " deur TOTIUS [boodskap #91967] Vr, 02 April 2004 20:55 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Totius (J.D. du Toit)

Die oue wilg

Die oue wilg
se takke het
al dae, dae lang,
vergeeld, vergaan,
in wind en kou,
armoedig neergehang.

Die flenters lê
by hope langs
die stofpad saamgewaai;
alleen die ra-
fels hang nog om
sy lede rond te swaai.

Sy mantel het
nog kort gelee
tot op die grond genaak;
by windgeroer
het dit geplooi
en sag soos sy gekraak.

Dié stasiekleed
is weg en in
die wind staan hy te kla:
'n monnik net
wat om sy skuld
die boetekleed moet dra.

'n Eikeboom
het takke wat,
soos uitgestrekte arme,
in wintertyd
na bo bly wys,
sterk-smekend om erbarme;

maar hier is net
gelatenheid
bo soveel prag-berowing,
en skraal geblink
van bogies na
die somerglans-verdowing.

o Wilgerboom,
beeld van my skuld!
So naak en uitgetoë
is ook my siel,
verarmoed en
so diep terneergeboë!

Maar tog is jy,
so kaal en in
jou groue bedeldrag,
gelyk'nis van
'n stil geloof
en immer-hopend wag.

Jou rafels is
die harekleed
van Gods profeet, so streng,
wat by berou
beloft'nis van
herlewe weer kom breng.

En as die wind
jou rust'loos roer,
dan hoor ek hierdie spraak:
"Al lyk ek nou
so dubbel dood -
ek sal weer herontwaak!"
Re: " Die oue wilg " deur TOTIUS [boodskap #91974 is 'n antwoord op boodskap #91967] So, 04 April 2004 04:41 Na vorige boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - ek ry eersdaags weer na Potch toe - Totius se dorp.
Vorige onderwerp: Uit " Joernaal van Jorik " deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Waar ou Heidelberg hang aan die Suikerbosrand " deur A.G. VISSER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 06:52:42 MGT 2024