Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Ballade van die wêreld se beloop " deur W.E.G. LOUW
" Ballade van die wêreld se beloop " deur W.E.G. LOUW [boodskap #91784] Ma, 29 Maart 2004 22:40
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
W.E.G. Louw

Ballade van die wêreld se beloop

In die bont bestel, die sot beloop van aardse dinge,
die vry, die vra, verloof raak, trou en kinders kry -
slegs klippies in die kuil en ronde waterkringe
oor die wit vlak van die ewigheid - kan ons lag of ly,
maar ons almal soek en vra aldeur teen wil en dank
' n sekerheid: 'n huis, paleis, pondok of varkhok;
in die ja-woord en die roggel klink tegelyk die klank
van pitte in die beurs of broek se sak. Ja, wát die klok
ook slaan, dis gasies, fooie, salarisse, belonings.
Ons hoop maar sê: "Die huis van ons Vader het baie wonings."

Om daardie sekerheid moet almal konkel, knoei,
mekaar vertrap en uitoorlê of kruiwa-stoot.
Dis baantjies vir boeties dat ons almal "saam kan groei".
Wie buite staan en lag, dié kry ons onder skoot
van alle kante tegelyk, totdat hy saam wil speel
en hom nie meer deur deug van ons kan onderskei.
Ons vra verbaas: "Wat sou dié man hom tog verbeel?",
en sug oor tee, tamatiesap of pils, net wat ons kry
op partytjies, bidure, koukusse, bekronings:
"Goddank, die huis van ons Vader het baie wonings!"

Maar eendag kom die rooi dag op die almanak,
wanneer die hoofbestuurder met die pen -
wat die terme, klousules en bepalings van ons klein kontrak
vanweë die besonder aard van sy amp van buite ken -
netjies die syfers tel, die kolomme balanseer
en die groot tekort ontdek . Hoe verbaas is ons nie dán!
Hoe goël ons met die syfertjies en hardloop heen en weer
en pleit by broer of buurman om te red wat ons nog kan.
Maar ons weet dis net uitvluggies, vernuftige verskonings,
en bid: "Die huis van ons Vader het mos baie wonings?"

Prins
Heer Jesus, Prins, U kyk al dié gedoentes aan,
die deurmekaar gedraf van al die vreemde mense;
U sien ons vrese, foute, ideale, waan;
U sien dwarsdeur die hart se mees verborge wense;
U sien vanuit u helder hemel op dié dwase,
maar nooit hoër as die balke van u kruis op Golgota:
blikore, kakies, swartes, rooinekke, koelies en kase
onder van die Kaap af pad langs tot in Pretoria -
dié winkeliers, politici, bywoners en wolkonings,
en sug: "Die Huis van my Vader het baie wonings."
Vorige onderwerp: " Kain " deur W.E.G. LOUW
Volgende onderwerp: Uit " Joernaal van Jorik " deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 14:30:12 MGT 2024