Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Die mot en die kers" deur C.J. LANGENHOVEN
" Die mot en die kers" deur C.J. LANGENHOVEN [boodskap #91684] Vr, 26 Maart 2004 20:35
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
C.J. Langenhoven
Die mot en die kers

Die ander motte was dom en dwaas,
Maar ék sal vér van die kers af bly;
Hier vér uit die skemerte sal ek kyk,
Hier vér is dit veilig en kyk is vry.

Maar ek hoef nie van éenkant net te kyk -
Ek vlieg op dieselfde afstand om,
Dan weet ek van álkant hoe hy lyk
Om beter te sorg om nie nader te kom.

My sirkel is skeef en ingebuig,
Maar dáar ook nog, waar ek naaste was,
Het daar niks gebeur - ek maak verniet
My velling so groot en so vér van die as.

Die wieletjie draai ál vinniger om,
En die lig en die gloed word ál groter genot:
En die vellings word nouer ál rondom die as -
En die end van die wiel is die as van die mot.
Vorige onderwerp: " Vooruitgang " deur C.P. HOOGENHOUT
Volgende onderwerp: " Kain " deur W.E.G. LOUW
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 19:14:02 MGT 2024