Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Jy sê vir My : "Ou boetie..." deur C. LOUIS LEIPOLDT
" Jy sê vir My : "Ou boetie..." deur C. LOUIS LEIPOLDT [boodskap #89873] Di, 03 Februarie 2004 02:58 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
C. Louis Leipoldt

Jy sê vir My: "Ou boetie..."

Jy sê vir my: "Ou boetie, wat moveer jou?
Dink jy die mense lees jou versies? Glo
Ons het nog ander goed om oor te babbel
En hou nie van slampampertjies hier bo."

Nou goed, ou boet; ek skrywe nie vir jou nie.
Die windswael sing - nou, waarvoor moet hy sing?
Vir jou en my? Nee, wragtie, vir homselwe -
Net om hy iets moet sê - iets, iets moet bring!

En ek ook, soos 'n windswael, maak my versies
Nie maar vir jou - nee, glad nie; want ek weet
Jy hou mos nie daarvan nie - jy wat trots is
Omdat jy dink jy het die wysheid beet.

Ek sing net vir myself; uit puur verstrooiing
Maak ek slampamperliedjies net soos dié:
'n Mens moet huil of lag, moet loop of stil sit,
En ek moet versies maak of praat met ... wie?
Re: " Jy sê vir My : "Ou boetie..." deur C. LOUIS LEIPOLDT [boodskap #89878 is 'n antwoord op boodskap #89873] Di, 03 Februarie 2004 07:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie een het ek baie geniet...

Max____________________________

"@rogers.com" wrote in message
news:j7ETb.105635$9Ce1.59398@news04.bloor.is.net.cable.roger s.com...
> C. Louis Leipoldt
>
> Jy sê vir My: "Ou boetie..."
>
> Jy sê vir my: "Ou boetie, wat moveer jou?
> Dink jy die mense lees jou versies? Glo
> Ons het nog ander goed om oor te babbel
> En hou nie van slampampertjies hier bo."
>
> Nou goed, ou boet; ek skrywe nie vir jou nie.
> Die windswael sing - nou, waarvoor moet hy sing?
> Vir jou en my? Nee, wragtie, vir homselwe -
> Net om hy iets moet sê - iets, iets moet bring!
>
> En ek ook, soos 'n windswael, maak my versies
> Nie maar vir jou - nee, glad nie; want ek weet
> Jy hou mos nie daarvan nie - jy wat trots is
> Omdat jy dink jy het die wysheid beet.
>
> Ek sing net vir myself; uit puur verstrooiing
> Maak ek slampamperliedjies net soos dié:
> 'n Mens moet huil of lag, moet loop of stil sit,
> En ek moet versies maak of praat met ... wie?
>
Re: " Jy sê vir My : "Ou boetie..." deur C. LOUIS LEIPOLDT [boodskap #89884 is 'n antwoord op boodskap #89878] Di, 03 Februarie 2004 09:00 Na vorige boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ekke ék.

"Max" skryf in boodskap news:401f5470$0$318$e4fe514c@news.xs4all.nl...

> Hierdie een het ek baie geniet...
>
> Max____________________________
>
Vorige onderwerp: " Lied van die lappop " deur INGRID JONKER
Volgende onderwerp: " Bergtonteldoosbos " deur THOMAS DEACON
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 03:47:58 MGT 2024