Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Stad in die mis " deur D. J. OPPERMAN
" Stad in die mis " deur D. J. OPPERMAN [boodskap #89720] Do, 29 Januarie 2004 19:58
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
D.J. Opperman

Stad in die mis

Met gespanne spier
loop ek deur die mis
want om my sluip 'n dier
onder wit duisternis;
ek hoor hom knor en in oop mote
waggel sy pilare-pote
en sy kantelende rug metaal;
op hoeke van die strate blink
sy oë bloedbelope,
en met sy hap sluit staal op staal.
Vorige onderwerp: " Reën in die Bosveld " deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: Die Blomme - deur K in die Broek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 04:54:23 MGT 2024